Dié van julle wat vandag leave igesit eht was fokken slim gewees. Ek hoop jy is besig om ‘n befokte super langnaweek te geniet. Sommige van ons freelance fokkers moet meeste van die tyd publieke vakansiedae prysgee omdat ons base konte is. Die upside is dat ons ook darem op random tye kan besluit om af te vat en op ‘n Maandag sommer te braai en gekettie te raak, maar daai gebeur ook maar hopeloos te min. As jy in Snor City woon, gaan jou naweek volspoed slat wanneer jy more na Capital Craft se bierfees toe gaan, so ek het dit goed gedink om vir jou so paar doccies op te line vir wanneer jy Sondag op die couch lê en kreun met jou babbie. Of dalk vandag omdat jy gisteraand gesuip het asof dit Vrydag is. Ek rangskik hulle sommer ook van my eie perceived minsteling na gunsteling, aangesien ek dit self nog nie gekyk het nie. Dit gaan my Sondag vibe wees, want ek sien die Kanadese Grand Prix skop eers 20:00 af.
Girl Powered: The Spice Girls
Ons skop sommer af met die Red Bull baas van Fomula 1 se goose en haar bende van die super popular all girl pop group van die 90s, The Spice Girls. Kan jy nog almal onthou? Mel B (Scary Spice), Melanie C (Sporty Spice), Emma Bunton (Baby Spice), Geri Halliwell (Ginger Spice) en Victoria Beckham (Posh Spice). Jirre hulle was huge gewees. Hierdie doccive van 3 episodes sorge vir net onder die twee-en-‘n-half ure se easy kykgenot. Die reeks vertel die volledige verhaal van die best selling girl band van alle tye. Hulle is basically die Beatles met tiete. Daar is honderde ure se arhive footage en interviews.
Inside the Mind
Die bekende psigiater, Dr Bob Johnson, kyk in hierdie twee-episode reeks na die moerse komplekse en complicated lewens van twee van die grootste oorle popsterre in musiekgeskiedenis – diés van Michael Jackson en Freddie Mercury. Hy kyk byvoorbeeld na wat dit was wat hulle unieke persoonlikhede help vorm het en dit sluit in: trauma uit hulle kinderjare, familielewens, liefdeslewens en hulle musikale loopbane. Basically ‘n kykie na die private mense agter die publieke maskers. Die twee episodes sal jou vir 2-en-‘n-kwart uur lank vermaak, maar ek sien dit eerder as twee apparte doccies.
Freddie was byvoorbeeld moese theatrical maar ook terselfde tyd baie skaam en nederig. Sy hedonistiese leefstyl was die media se kos gewees. Tesame met mense wat na aan hom was, uncover Doc Bob bietjie so paar dinge en poog om ons plebs insig te gee oor wie Freddie werklik was, versus wat ons gedink het ons oor die man geweet het. Dis die storie van die man wat sy lewe as Farrokh Bulsara begin het, en geëidig het as Freddie Mercury…
Met Michael Jackson is die water meer troebel en daar is baie meer vrae: Introvert? Extrovert? Swart? Wit? Gay? Straight? Man of kind? Die bra het fokken weird besluite deur sy lewe geneem. Dink maar aan sy verhoudings, huwelike, kinders en kak waarop hy zak spandeer het om maar net ‘n paar te noem. Wie was die bra regtig en waddefok het in sy kop aangegaan en hoekom het hy so weird ge-operate met bizarre nagevolge? Dis ‘n moerse puzzle wat Doc Bob probeer ontsyfer. Maybe kry ons ‘n beter idee van die man agter die plastic surgery wat self-destruct het.
Street Gang: How We Got to Sesame Street
Ek het lekkerste vir laaste gehou want hierdie is sulke lekker feelgood doccie wat verlede jaar deur Critic’s Choice genomineer is as die “best archival documentary”. Sesame Street is tot vandag toe nog die mees gekykte kinderprogram ter wêreld, met ‘n rekord van 214 Emmy-toekennings, 11 Grammy-toekennings, drie Peabody-toekennings en twee sterre op die Hollywood Walk of Fame (vir Big Bird, en legendariese Jim Henson wat die poppe design en oprate het). Sesame Street trek nou al by hulle vyfde dekade van TV en is al deur 150 miljard kinders gekyk met meer as 150 weergawes in 70 verskillende tale. Dis fokken insane stuff! Die hele idee agter Sesame Street het aan ‘n etenstafel ontstaan toe documentary filmmaker, Joan Ganz Cooney en Carnegie Foundation sielkundige, Lloyd Morrisett, ‘n gesprek gehad het oor wat hulle pla oor die moerse gapings in prestasies tussen oorwegend swart skole in stede en die kak media landskap wat tuis op hulle wag – waar daar net kak quality TV was wat produkte aan hulle probeer afsmeer het. Maar ek gaan nou nie die hele storie hier vertel van hoe hulle letterlik miljoene kinders se lewens ten goede verander het nie, want dis ‘n befokte heartwarming en nostalgiese storie. As jy ‘n hart het, sal dit vir 83 minute geroer word.
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
My Brilliant Friend S1-3 Die Italiaanse HBO-dramareeks, My Brilliant Friend, keer vir ’n derde seisoen van dramatiese, meesleurende lief en leed terug. Die reeks, wat pragtig verfilm is, is gegrond op Elena Ferrante se topverkoper-boeke (die Neopolitan Novels-reeks). Die reeks volg twee vriendinne se coming-of-age-verhale in die tweede helfte van die 20ste eeu. Dit speel aan die buitewyke van Napels, Italië, af. Lees verder |
![]() |
|
Desert Rose Desert Rose is ’n senutergende dramareeks wat om die Greyling-familie draai. Die Greyling broers en susters sukkel om klaar te kom in ’n stowwerige Noord-Kaap nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands), diep in die skuld by die genadelose Eugene van As (Ben Voss) beland en besluit om spore te maak. As Van As dan wraak sweer, begin die Greylings se stryd om oorlewing in erns. Lees verder |
![]() |
|
Ozark S1-4 Ozark is ’n veelbekroonde reeks met ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit draai om Jason Bateman se karakter, Marty Byrde, ’n finansiële adviseur wat sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks sleep. Dit het begin as ’n poging om ’n dwelmbaas te paai om sy gesin te beskerm. Nooit sou Marty kon dink dat daar soveel bloed van sy hande sou drup nie. Lees verder |
![]() |
|
Shining Vale S1 In Shining Vale verhuis ’n disfunksionele gesin na ’n klein dorpie, minwetend dat hul nuwe huis ’n haglike geskiedenis het. Dit lyk eers asof niemand iets vreemd opmerk nie. Dis nou almal behalwe Pat (Emmy-benoemde Courteney Cox van Friends). Pat is ’n gevierde skrywer van ’n vurige roman en is oortuig daarvan dat sy óf depressief óf besete is. Dit blyk die simptome is presies dieselfde, so it’s anybody’s guess Lees verder |
![]() |
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
![]() |
|
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
![]() |
|
Station Eleven S1 Station Eleven is gegrond op die gelyknamige boek deur Emily St. John Mandel. Wees gewaarsku: die post-apokaliptiese TV-verwerking wyk wel drasties van die boek af. Onder dié veranderinge tel dat die reeks in Amerika afspeel eerder as in Kanada soos in die boek. Die reeks se middelpunt is ’n groep oorlewendes wat ’n bestaan probeer maak as reisende kunstenaars. Soos ’n sirkus van ouds, amper. Maar selfs 20 jaar nadat ’n baie erge grieppandemie amper die mensdom geheel en al vernietig het, is die wat oorleef het steeds nie veilig nie. Nou word dié groepie kunstenaars deur ’n gewelddadige kultusgroep bedreig. Lees verder |
![]() |
|
Suidooster S1-8 Suidooster draai om die mense van ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch. Ruiterbosch is ’n fiktiewe Kaapse voorstad waar verskillende gesinne in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys is al in mekaar se besigheid in… Só is daar nooit ’n tekort aan skinner en drama nie. Die sepie het in 2015 met net drie episodes ’n week begin, en gaan sedertdien van krag tot krag. Sedert 2017 word daar nuwe episodes van Maandag tot Vrydag uitgesaai.r. Lees verder |
![]() |
|
The Pentaverate In The Pentaverate is Mike Myers van Austin Powers-faam ene Ken Scarborough (asook omtrent elke ander karakter wat ons ontmoet…) Myers is ook die skeppende dryfkrag agter dié komediereeks wat uit sy 1993-fliek, So I Married an Ax Murderer, gespruit het. Die reeks draai om ’n Kanadese joernalis wat op die punt staan om sy werk te verloor. Wat hy nou nodig het, is ’n sappige storie. Die storie wat hy aanpak, is egter veel groter as wat enigiemand kon raai. Dis immers een wat oor eeue heen strek as hy die waarheid oor vyf mans se invloed op wêreldgebeure sedert die Swart Plaag in 1347 probeer ontbloot.. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.