Gaming was nog altyd huge gewees, maar dit het nogal wild gegroei oor die afgelope dekade, sou ek reken. Selfs ‘n stupid ou tietkop soos ek geniet die odd game nou en dan, so ek sou reken ek is ook effens into gaming. Nou nie so erg soos sommige kids nie. Die fok weet, as my nephews kom kuier sien ek my eie kakduur Xbox glad nie tot hulle weer waai nie – hulle speel vir hom witwarm! Wanneer ek wel die tyd kry, gooi ek so stukkie Warzone, al is ek hond tos daarmee – die belangrikste is dat ek pret het (vertel ek myself altyd tranerig). Nog iemand wat claim dat hy net so kak (of kakker) as ek is, is die akteur Carel Nel – hy reken sy bynaam in Warzone is “the bullet sponge” maar ek het al saam met hom gejol en toe opnuut besef hoe utterly, desperately kak ek eintlik is, en om alles te kroon, jol ek boonop met ‘n keyboard en muis wat veronderstel is om my ‘n edge te gee. Edge se poes. Ek is so skaam oor inability, dat ek nie eers my gamertag meet met mense wil deel nie.
#sulkeskaam
Dis glad nie ‘n toeval dat daar al hoe meer movies en TV-reekse gemaak word wat op games gebasseer word of games op een of ander wyse incoprorate nie. Geld praat, pappie! Die video game industry is groter as wat die TV en -filmbedryf gekombineerd is, in terme van hoeveel zak dit genereer. Die kuns om storielyne te ontwikkel in video games het ook drasties verbeter oor die afgelope dekade. Die ouens wat opkom met nuwe games se storielyne het ongelooflike talent as skrywers! Carel reken hy ken skrywers wat games jol, juis oor die fantastiese storielyne. Ek chat nou juis oor Carel, want hy vertolk die rol van ‘n karakter in ‘n nuwe sci-fi reeks, Pulse, wat oor video game developers gaan en gister op Showmax release is (by the way, jy ken Carel van Raised by Wolves af as verskillende androids).
Pulse se storie volg ‘n groep video game developers (met onder andere die beeldskone Tarryn Wyngaard) wat tot laat in die aande sit en werk aan hulle game, tot daar een aand ‘n moerse electromagnetic pulse bom ontplof, wat verroorsaak dat almal wat daar werk, binne in hulle eie game wat hulle develop, beland. Die team moet dan uitfigure waddefok aangaan en hoe om uit die gebou (wat actually die game is) te ontsnap. Soos die vibe met video games is, het elke level hulle eie gevaarlike challenges en slaggate.
Carel vertlok egter nie die rol van enige van die cool game developers nie, maar dié van Eddie, ‘n super fokken creepy maergat security guard met ‘n ongesonde obsessie met die video game, sowel as die developers. Hy wil so naby aan alles wees sover die die game betref en het selfs CCTV toegang om almal se doen en late fyn dop te hou. Vir starters was die developers besig om aan ‘n nuwe weergawe van die oorspronklike game te werk en Eddie was minder as happy daroor. Hy like die original baie meer, en hy is gereed om baie kak te maak vir die die peeps…
Check gerus Pulse hierdie naweek. Jy gaan bietjie trots vol oor ‘n lekker local sci-fi production. Die Formula 1 is in elk geval eers volgende naweek terug.
[slider animation=”fade, slide” slide_time=”4000″ slide_speed=”500″ slideshow=”true” random=”true” control_nav=”true” prev_next_nav=”true” no_container=”true”]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/06/Pulse-Watkykjy-1.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/06/Pulse-Watkykjy-2.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/06/Pulse-Watkykjy-3.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/06/Pulse-Watkykjy-4.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/06/Pulse-Watkykjy-5.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[/slider]
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
My Brilliant Friend S1-3 Die Italiaanse HBO-dramareeks, My Brilliant Friend, keer vir ’n derde seisoen van dramatiese, meesleurende lief en leed terug. Die reeks, wat pragtig verfilm is, is gegrond op Elena Ferrante se topverkoper-boeke (die Neopolitan Novels-reeks). Die reeks volg twee vriendinne se coming-of-age-verhale in die tweede helfte van die 20ste eeu. Dit speel aan die buitewyke van Napels, Italië, af. Lees verder |
|
|
Desert Rose Desert Rose is ’n senutergende dramareeks wat om die Greyling-familie draai. Die Greyling broers en susters sukkel om klaar te kom in ’n stowwerige Noord-Kaap nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands), diep in die skuld by die genadelose Eugene van As (Ben Voss) beland en besluit om spore te maak. As Van As dan wraak sweer, begin die Greylings se stryd om oorlewing in erns. Lees verder |
||
The Umbrella Academy S1-3 The Umbrella Academy is ’n eksentrieke reeks met ’n wrang humorsin. Hopelik bou die derde seisoen voort op die fyn balans tussen aksie en die karakters se emosionele ontwikkeling in die vertelling.The Umbrella Academy is gegrond op die gelyknamige comics deur Gerard Way en geïllustreer deur Gabriel Bá. Die storie speel af in ’n alternatiewe realiteit waarin 43 vroue van reg oor die wêreld op 1 Oktober 1989 geboorte skenk. Die kinkel? Nie een van dié vroue het enige tekens van swangerskap getoon tot die oomblik wat hulle – nogal gelyktydig ook nog – begin kraam het nie. Lees verder |
||
Shining Vale S1 In Shining Vale verhuis ’n disfunksionele gesin na ’n klein dorpie, minwetend dat hul nuwe huis ’n haglike geskiedenis het. Dit lyk eers asof niemand iets vreemd opmerk nie. Dis nou almal behalwe Pat (Emmy-benoemde Courteney Cox van Friends). Pat is ’n gevierde skrywer van ’n vurige roman en is oortuig daarvan dat sy óf depressief óf besete is. Dit blyk die simptome is presies dieselfde, so it’s anybody’s guess Lees verder |
|
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
||
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
|
|
Pulse In Pulse is oorlewing allesbehalwe ’n speletjie as ’n groep videospeletjieskeppers deur elektromagnetiese strale getref word en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word. Onder die akteurs in die rolverdeling tel SAFTA-wenner Tarryn Wyngaard, bekend vir haar werk op DAM. Sy speel Jaz, die skepper van ’n indie-trefferspeletjie. Thapelo Mokoena (Trackers) speel Jaz se eks. Lees verder |
||
Suidooster S1-8 Suidooster draai om die mense van ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch. Ruiterbosch is ’n fiktiewe Kaapse voorstad waar verskillende gesinne in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys is al in mekaar se besigheid in… Só is daar nooit ’n tekort aan skinner en drama nie. Die sepie het in 2015 met net drie episodes ’n week begin, en gaan sedertdien van krag tot krag. Sedert 2017 word daar nuwe episodes van Maandag tot Vrydag uitgesaai.r. Lees verder |
|
|
Peaky Blinders S1-6 Dié absoluut briljante reeks is losweg gegrond op die werklike Peaky Blinders-bende wat in die 19de eeu amok in Birmingham, Engeland gemaak het.Peaky Blinders is sedert 2013 soos TV-stapelvoedsel. Dit is een van die min reekse wat oor die afgelope dekade konsekwent in gehalte was. Só ook konsekwent in die gebruik van nimmereindige geweld. Maar dis hoe die Shelby-broers werk om dinge gedoen te kry. Aan die hoof van die familie-bende is die koel, maar genadelose Tommy, wat met intimiteit deur Cillian Murphy gespeel word. Paul Anderson is Arthur, die oudste broer wat te veel van ’n fokop van alles maak en dus nie met familiesake vertrou kan word nie. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,073,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.