Hierdie music video kom sommer met ‘n trigger warning vir seizures. Heirdie tune, The death of Death, is sommer ook die title track van hulle nuwe album wat in Maart vrygestel is. Nog nooit van Playgrounded gehoor nie? Moenie worry nie, ek ook nie, maar hierdie brasse is al vir meer as 15 jaar lank aan die gang en hulle het fokken weird pedigrees vir ‘n rock/metal band. As daar nog nie so genre bestaan nie, sou ek hulle beskryf as atmosferiese metal.
So terug by die ouens se CVs: hulle kom van Griekeland af, maar spandeer die meeste van hulle tyd in Nederland. Die band se main composer/producer, Orestis Zafeirou (jissis, wat ‘n vreeslike naam!) is ‘n gegradueerde van die Institute of Sonology of the Royal Conservatoire van Den Haag. Dis ‘n departement wat fokus op education in elektroniese musiek asook research in production. Hy werk ook in ‘n synth fabriek. Die vocalist, Stavros Markonis is ‘n award-winning composer vir film en TV. Bassist Odysseas Zafeiriou en kitaarspeler Michael Kotsirakis werk beide as computer engineers, terwyl die drummer, Giorgos Pouliasis ‘n gegradueerde van die Rotterdamse Konservatorium is, sowel as ‘n drum teacher en ‘n gewilde session muso in Griekeland sowel as in Nederland.
Jy kan dus topklas production verwag wat deels deur Deftones en Tool gëinpireer is, so luister hierdie tune deur jou beste speakers in die huis, of sit oorfone op.
Watkykjy staan op 3,085,038 post views in totaal sedert 1 November, 2019.