Sylvester Stallone het tot dusver gedurende sy loopbaan 10 movies direct, 24 movies produce, 37 movies geskryf en in ‘n impressive 91 movies en reeks ge-act sedert sy acting career afgeskop het in 1969. Dan is daar nog ‘n extra 5 movies wat tans in pre-production en post-producting sit of waarmee hy nog besig is om te film – movies soos The Expendables 4 en Guardians of The Galaxy 3! Jirre, en het jy gecheck hoe goed die oom sy jare dra? Hy is fokken 75 jaar oud en word actually volgende maand, die 6de Julie 76! Die bra is meer ripped as daai jeanpants wat die millennial gooste dra wat lyk asof hulle deur bruinbere in die woud opgefok is.
Ons gee vandag vir jou ‘n lys van so paar van sy mees memorable movies asook so twee of drie onlangse movies wat jy die naweek kan stream. Check ook gerus die video aan die einde van die artikel waar sy twee oulike dogters, Sophia en Sistine hom interview in hulle podcast, Unwaxed Podcast, om hulle 50ste episode te vier. Dit is Sylvester Stallone se eerste podcast ooit, so dis cool dat hy dit saam met sy dogters doen – mense na aan hom wat hom die beste ken. Dis ietsie lekker om jou te help om ‘n uur by jou baas te steel op ‘n Vrydag.
Rocky 1 tot 5 en Creed
In die eerste Rocky fliek kry ‘n small-time bokser van Philadelphia ‘n uiters seldsame kans om teen die wêreld-swaargewigkampioen te fight in ‘n boksgeveg. Rocky Balboa is ‘n skuldinvorderaar wat vir peanuts werk terwyl hy ook ‘n deeltydse, sukkelende bokser is wat die big time probeer slaan – letterlik. Wanneer die swaargewigkampioen, Apollo Creed sy hometown van Philadelphia besoek, wil sy managers ‘n exhibition match reel as ‘n kans vir ‘n nobody om ‘n somebody te word. Creed is veronderstel om die geveg heel maklik te wen, maar dan gee Rocky vir die man fokken carrots.
In die tweede Rocky fliek, geniet die bra die lewe. Hy het kief vrou en geniet al die zak van die fight met Apollo creed asook ‘n endorsement deal. Dinge loop egter skeef wanneer hy nie die mas kan opkom deur TV ads te maak nie en hy word ge-fire. Hy voel vernederd en vat ‘n nederige job as ‘n vleisverpakker en besluit om weer te begin boks; iets wat sy vrou fokol like. Apollo karring ook aan Rocky en soek ‘n rematch.
In Rocky III staar ons held die uiteindelike uitdaging van ‘n kragtige nuwe mededinger in die gesig en moet hom tot ‘n voormalige mededinger wend om te help om sy troon as die onbetwiste vegkampioen te herwin. Kyk uit vir Mr. T en Hulk Hogan. Jirrejiss, ek voel oud!
Rocky Balboa is steeds die trotse wêreld-swaargewigbokskampioen in die vierde installment, maar daar is ‘n uwe kont op die scene. Dago, ‘n bokser van Rusland van oor die 2 meter lank en intimidating as fuck. Hy geniet ook die steun van die ganse Sowjetunie. Vir some rede was hierdie my heel gunsteling Rocky-movie gewees.
Rocky Balboa is nie ‘n remake van die oorspronklike movie nie, maar eerde ‘n kans vir die bokser om een laaste keer in die bokskryt te klim, dertig jaar na die lui van die eerste klok. Hierdie keerom die heersende swaargewigkampioen Mason ‘The Line’ Dixon, so paar PKs te gee. Somehow is hierdie die enigste Rocky movie wat ek gemis het. Weird. Dit het ‘n moerse goeie rating, so ek gaan hom Sondag klap.
Uiteindelik, alhoewel teësinnig, besluit Rocky finally om die bokshandskoene op te hang. Hy is egter nie klaar met die sport nie want hy neem sy oorle trainer, Mickey, se gym oor en stem in op ‘n jong protégé te train wat moerse honger is vir sukses. Dis hectic om te dink dan nommer 5 14 uitgekom het na die eerste fliek! Fast forward nou nog 25 jaar na 2015 en jy kry min of meer dieselfde vibe met Creed waar Rocky besluit om Adonis Johnson te train. Get this: die seun van sy oorlede vriend en voormalige mededinger Apollo Creed van Rocky 1!
Escape Plan
Hierdie is nogal ‘n heavy star-studded movie. Behalwe vir Stallone het ons ook vir Arnold Schwarzenegger, Vincent D’Onofrio, Vinnie Jones en dies meer. Escape Plan volg die verhaal van Ray Breslin, ‘n man wat sy hele lewe daaraan toegewy het om seker te maak dat tronke so beveilig word dat cims noddefok daaruit kan ontsnap nie. Hoe dit werk is, hy word under cover in die tronk opgeneem en dan ontsnap hy en dan tune hy die tronke wat om te doen om dit inescapable te maak. Die hele storie het tot dusver gewerk, tot ‘n CIA agent hom nader om dieselfde te doen vir ‘n nuwe maksimum sekuriteitstronk en hy agterkom dat iemand regtig nie wil hê dat hy in die tjoekie moet vrot.
OK, so daar is actually ‘n trilogy van hierdie action thriller, maar ek sal jou aanraai om liewer nie Escape Plan 2: Hades of Escape Plan: The Extractors te kyk nie. Dis super cringe met super bad acting, ‘n lame plot en net overall ‘n moerse disappointment. However, as jy ‘n drinker van Boer Cola is, kan jy dit gerus kyk, want dan beteken dit jy het fokol smaak en like van kak goeters. Kyk dan sommer ook Backtrace terwyl jy rugslag deur die kak swem.
Cobra
‘n Tough as nails straatcop word opgesaal met die veiligheid van die enigste oorlewende eye witness van ‘n moorddadige cult met donker en faktap planne. Die situasie neem ‘n verdere wending wanner ‘n desperate Cobra (Sylvester Stallone) tot ‘n armdrukkompetisie uitgedaag word. Dis serious business, want sy seun se lewe is op die spel. Hierdie is een van die beste no frills action movies wat ek soortvan uit die 1980s onthou wat ek moerse graag weer sal wil kyk! Dis actually ‘n fokken master piece!
Rambo: Last Blood
Jirrrrrr, hierdie movie is fokken hectic! Hulle moes hierdie movie sommer net Rambo: Al die Fokken Bloed genoem het, want mense kak die hele tyd lelik af. Byna vier dekades nadat bloed vir die eerste keer gespat het, is Sly Stallone terug as een van die grootste aksiehelde van alle tye – John Rambo. Nou moet Rambo sy verlede konfronteer en sy meedoënlose combat skills gaan uitgrawe om wraak te neem in ‘n finale mission. Dis ‘n dodelike journey van wraak en sluit die finale hoofstuk af van die legendary reeks!
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
And Just Like That S1 And Just Like That is die nuwe hoofstuk van die baanbrekende HBO-reeks Sex and the City deur die uitvoerende vervaardiger Michael Patrick King. Dit volg weer Carrie (Sarah Jessica Parker), Miranda (Cynthia Nixon) en Charlotte (Kristin Davis) se lewe in die Groot Appel. Die keer is hul egter effe ouer… Hulle is wel steeds besig om die ingewikkelde realiteite van die lewe, liefde en vriendskap te hanteer. Dit blyk dinge is nié duideliker, makliker of eenvoudiger nou dat hulle in hul vyftigs is nie! Lees verder |
|
|
Poena In 2007, het ons die eerste keer vir Poena Pieterse in die ikoniese fliek Poena is Koning ontmoet. En toe het hy in 2020 in die TV-fliek, Poena, teruggekeer, asook in 2021 in die TV-fliek, Poena en Poenie. In dié komediereeks van 13 episodes ontmoet ons vir Poena (Robbie Wessels) wat sy werk as ’n sanger op ’n plesierboot verloor het. Nou woon hy saam met sy werklose nefie, Poenie (Kaz McFadden), by sy oupa Poen (At Botha). Ook saam in die huis is Coco de Kok (Liane Heyl) en haar dogter Chanel (Lauren Botha). Jy kan jou mos net indink die chaos wat in daai huis afspeel… Lees verder |
||
Ozark S1-4 Ozark is ’n veelbekroonde reeks met ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit draai om Jason Bateman se karakter, Marty Byrde, ’n finansiële adviseur wat sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks sleep. Dit het begin as ’n poging om ’n dwelmbaas te paai om sy gesin te beskerm. Nooit sou Marty kon dink dat daar soveel bloed van sy hande sou drup nie. Lees verder |
||
The Pembrokeshire Murders S1 The Pembrokeshire Murders is ’n senutergende Britse misdaaddrama. Dit dramatiseer die werklike 2006-ondersoek na twee onopgeloste moordsake wat met ’n reeks inbrake in die 1980’s verband gehou het. Luke Evans (Anna), vertolk die nuut bevorderde speursuperintendent Steve Wilkins. Hy sit alles in om bewyse teen ’n vermeende reeksmoordenaar, sy hoofverdagte, in te samel voordat hy uit die tronk vrygelaat word. Lees verder |
|
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
||
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
|
|
The North Water The North Water is gegrond op Ian McGuire se bekroonde 2016-roman. Dit speel in 1859 af en volg die oud-weermagchirurg Patrick Sumner (Jack O’Connell), wat as skeepsdokter op ’n walvis-ekspedisie na die Noordpool gaan. Die felheid van die elemente word deur die geweld van sy skeepsmaats, hoofsaaklik Colin Farrell se Drax, geëwenaar. Eers later word die ware doel van die ekspedisie duidelik… Lees verder |
||
Suidooster S1-8 Suidooster draai om die mense van ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch. Ruiterbosch is ’n fiktiewe Kaapse voorstad waar verskillende gesinne in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys is al in mekaar se besigheid in… Só is daar nooit ’n tekort aan skinner en drama nie. Die sepie het in 2015 met net drie episodes ’n week begin, en gaan sedertdien van krag tot krag. Sedert 2017 word daar nuwe episodes van Maandag tot Vrydag uitgesaai.r. Lees verder |
|
|
The Pentaverate In The Pentaverate is Mike Myers van Austin Powers-faam ene Ken Scarborough (asook omtrent elke ander karakter wat ons ontmoet…) Myers is ook die skeppende dryfkrag agter dié komediereeks wat uit sy 1993-fliek, So I Married an Ax Murderer, gespruit het. Die reeks draai om ’n Kanadese joernalis wat op die punt staan om sy werk te verloor. Wat hy nou nodig het, is ’n sappige storie. Die storie wat hy aanpak, is egter veel groter as wat enigiemand kon raai. Dis immers een wat oor eeue heen strek as hy die waarheid oor vyf mans se invloed op wêreldgebeure sedert die Swart Plaag in 1347 probeer ontbloot.. Lees verder |
Sylvester Stallone word deur sy dogters, Sophia en Sistine ge-interview:
Watkykjy staan op 3,071,847 post views in totaal sedert 1 November, 2019.