Yay! Die fokken beste bierfees in Suid-Afrika is weer terug en dit gebeur in die beste stad in Suid-Afrika – Pretoria! Jy het nie regtig veel meer convincing nodig as een woord nie: BIER – so sien julle daar!
Vir dié van julle wat eers bietjie meer info as net die woord “bier” soek, hier is nog woorde: “fokken baie bier!”
OK fine, meer details:
- Die festival moes vir twee jaar lank ‘n break vat, want fokken COVID, maar nou is dit terug en as jy uitmis gaan jy deur jou ogies pis vir baie lank.
- Daar is fokbaie breweries hierdie jaar:
Agar’s Brewery, Binary Brew Worx, Brauhaus Afrika, Cape Brewing Companyd Devil’s Peak Beer Company, First 15 Brewhouse, Fokof Lager, Friar’s Habit, Hazeldean Brewing Company, Jack Black’s Brewing Company, Just Brewing, Mad Giant, Loxtonia Cider, Mohope, Newlands Spring Brewing Co, Oc Brewery, Shackleton Brewing Company, Striped Horse, The 400 Brewing Company, That Brewing, The Kennel Brewery, Tolokazi Craft Beer, Ukhamba Beerworx, Yeti Underground Movement, Zwakala, Darling Brew, The Standeaven Brewery, Copperlake Breweries, Leffe, Hoegaarden - Die line-up is fokken piele:
Karen Zoid
Bongeziwe Mabandla
Aking
Dan Patlansky
Bad Peter
Georgetown & The Moonies
Pedro Barbosa
The Man Motels
Carla Franco
Maxx & Love
Michael Lesar
Cantina Brass - As jy kinders het, is daar ‘n Clamber Club vir kinders tussen die ouderdomme van 2 en 12 jaar oud. LEES MOOI.
Jou credit card ruiners se tickets kos R140 per kind, as jy hulle wil laat honger ly of R165 per kind as jy ‘n goeie ouer is wat skiem jou kind mag ‘n meal en ‘n juice of water kry.
Wat is die Clamber Club? Dis ‘n groepie fully trained fun-filled entertainers wat awesome is met kinders en hulle gaan besig hou met hulle kleurvolle equipment. Daar is ook ‘n Clamber Club obstacle course met sagte speelgoed sodat jou kind nie seerkry of ‘n IK-punt of twee drop nie. Daar gaan ook ‘n appearance deur Jog The Frog wees, twee keer deur die dag, en hy gaan die kids laat boogie.
Let wel:
As jou kinders tussen die ouderdom van 13 en 17 is, mag hulle nie vir ‘n fok saamkom bierfees toe nie. Die rede hiervoor is dat jou kind op daardie “almal haat my” ouderdom is en dis ‘n moerse health & safety hazard vir die res van ons, want ons kan dalk neerbliksem oor daai swaar onderlip wat so op die grond sleep.
Spring daardie tiener van jou voor met ‘n uitbarstingking voor jy bierfees toe fokof: Sit Nirvana poeshard aan in die kind se kamer, gooi ‘n swart hemp by die deur in voor jy dit toeklap en skreeu: “Jy haat ons! Niemand verstaan jou nie!!”
Datum: Saturday, 18 June 2022
Venue: Pretoria Botaniese Tuine
Tyd: 10h00 – 18h00
Facebook Event: https://bit.ly/3ox28l5
Entrance Fee: R250
Tickets: https://bit.ly/3rwDkeP
Hierdie post is 307 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,065,757 post views in totaal sedert 1 November, 2019.