Bruit ≤ Industry – Live (music video)

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

Bruit (wat letterlik, geraas beteken in Frans) is ‘n post-rock/modern classic rock kwartet van Toulouse, Frankryk en hulle maak alles behalwe geraas. Post-rock is nogal ‘n genre om in om te kom om te geniet, maar sodra dit jou ingetrek het, is dit fokken lekker. Dis nie iets wat jy sommer heeldag kan sit en luister nie, maar Bruit se musiek is so fokken tight en haunting en maak vir die beste agtergrondmusiek wanneer jy seriously moet sit en werk en konsentreer. Dis asof die musiek jou meer focussed maak want daar is nie vocals en lyrics wat jou aandag aftrek nie.  Gee dit gerus ‘n spin. Die tune hieronder is ‘n live performance van hulle nuwe tune, Industry,  wat op hulle nuwe vinyl album release is in April. Die album se titel is nogal ‘n paar monde vol:
“The Machine Is Burning And Now Everyone Knows It Could Happen Again”

As jy ‘n serious vinyl collector is, is hierdie beslis iets moerse uniek om tot jou collection te voeg…

Hierdie post is 20 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,154,226 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinBruit ≤ Industry – Live (music video)

Gooi Comment