Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Toe gaan ons fokken wragtig weer terug na Zet toe. Well, thank your lucky stars dat ons nou permanent ‘n break vat van Zet en vir ‘n slag weer iets cool gee. Sommer ‘n hele movie uit jou kinderdae om te geniet en ons skop die winter sommer ook officially af met:
Brakanjan en die Drie Musketiers
Die verhaal begin in die Suide van Frankryk. Brakanjan reis met sy perd Rofti na Parys om as Musketier van die koninklike musketierwag opgelei te word. In Parys ontmoet hy sy drie musketiervriende Portos, Athos en Aramis. Hul legendariese vaardighede met die swaard red hulle uit menige penarie terwyl hulle streef na edelheid, dapperheid en eerbaarheid. Pom, ’n muis wie se oorgeslagte ook in die musketiers se kwartiere gewoon het, sluit later by hulle aan. Brakanjan en sy vriende kry die koningin se gesteelde diamanthalssnoer terug en kortwiek so kardinaal Richelieu se planne om verdeeldheid te bring tussen koning Louis die Agste en koningin Anne. Brakanjan is in sy noppies wanneer hy daarin slaag om Juliet se hart te wen, sowel as om volwaardig as musketier in die koning se musketierwag opgeneem te word.
Watkykjy staan op 3,057,599 post views in totaal sedert 1 November, 2019.