Vir hierdie naweek se kykgenot het ons voorstelle vir befokte reekse wat in almal se smaak sal val. Daar is ‘n biografiese drama, crime & mystery, ‘n horror comedy, ‘n comedy drama, ‘n adventure fantasy drama en ‘n superhero action adventure comedy wat jy nie wil misloop nie! Jy gaan beslis nie genoeg tyd kry om alles oor die naweek klaar te maak nie, wat eintlik lekker is, want jy kan so bietjie rondspring tussen die reekse om dinge op te mix. Afhangende van hoe hard jy jou TV straf, sal hierdie reekse jou entertained hou vir enige iets tussen 4 dae (as jy nie kak of slaap nie) en ‘n maand (as jy twee of drie episodes van iets elke aand kyk terwyl jy sit en chow en boudfluitjie speel op die couch).
O ja, ons gooi ook een of twee movies in die mix in, want een van die reekse volg op daai movie(s)…
The Girl from Plainville
Ons skop af met die biografiese crime drama, want ek smaak sulke reekse stukkend. The Girl from Plainville is geinspireer deur en gebasseer op die ware verhaal van Michelle Carter se “texting-suicide”-saak en ondersoek haar verhouding met Conrad Roy en die gebeure wat gelei het tot sy dood en later haar skuldigbevinding aan strafbare manslag. Dis ‘n fokken sad storie en een waarvan ek salig onbewus was tot nou toe. Dis ook befok om weer een van die Fanning-sussies (Elle Fanning in hierdie geval) in ‘n lekker rol te sien. Hierdie twee talentvolle sussies het basies voor ons oë grootgeword op die TV en die big screen en hulle het dit reg gekry dat die donker kant van Hollywood hulle nie insluk en uitspoeg soos wat dit met baie child actors gedoen het nie.
Hierdie reeks gaan jou ses ure lank besig hou.
Vanuit die peanut gallery:
“I’m shocked how well they made Elle look exactly like the real life Michelle. The resemblance was eerily uncanny”
Rating: 6.4
Shining Vale
As jy die Friends reunion gekyk het, sou jy gesien het dat Courteney Cox nog steeds super warm is te spyte van die feit dat sy volgende Woensdag agt en fokken vyftig jaar oud word! In die horror comedy, Shining Vale, vertolk sy die rol van ‘n famous auteur, Patricia Phelps, wat 17 jaar vantevore vir haarself ‘n groot naam gemaak het met ‘n “lady porn” boek. Destyds was sy ‘n rowwe chick wat te diep in die bottel gekyk het. Nou dat sy skoon is, wil sy weer skryf en trek sy in ‘n huis in ‘n klein dorpie in, met ‘n vreeslike geskiedenis waar afgryslike dinge plaasgevind het. Sy het nog steeds nie haar tweede boek geskryf nie en sy kan nie onthou wanneer sy en haar man laas genaai het nie. Sy kan ook nie besluit of sy depressief of deur ‘n bose gees besete is nie, maar dit kom voor of daar nie regtig ‘n verskil tussen die twee is nie. In die reeks is daar references na cool cult horror movies soos The Shining, Rosemary’s Baby en The Amityville Horror.
Hierdie reeks gaan ernstige horror fans vier-en-‘n-half ure lank uit die moeilikheid hou.
Vanuit die peanut gallery:
“Happy too see these 90’s actors like Cox, Kinnear and Sorvino in something fresh and stylish.”
Rating: 6.8
Station Eleven
Ek het eintlik nogal baie oor hierdie reeks te sê en jy kan my fancy review daaroor hierso lees. Dit voel of ek nog nie genoeg daaroor gepraat het na ek dit gekyk het nie, so verwag dalk ‘n nog langer en meer omvattende review daarvan hier op WatKykJy, some time. Kortom, is Station Eleven ’n post-apokaliptiese dramareeks met elemente van avontuurlustige fantasie. Dit strek oor verskillende tydlyne soos dit oorlewendes van ’n pandemie se pogings volg om uit die as van ’n vernietigde wêreld te rys. Dít natuurlik sonder om hulle menslikheid en deernis prys te gee. Dis nie almal se cup of tea nie, maar as jy van slow burning drama’s hou waarvan die onthullings netjies weggesteek word tot amper op die einde, gaan jy hierdie reeks moerse geniet. Ek het. Jy gaan dit nie kan binge nie, want jy kort so bietjie afwisseling van ‘n comedy of iets anders tussenin. Station Eleven gaan vir baie oordenking en bepeinsing sorg. Laat jou brein bejite werk virre fokken slag, ou pellie!
Hierdie reeks gaan jou agt-en-‘n-half ure lank aan die dink hou, moontlik versrpeid oor so week of twee se kyk.
Vanuit die peanut gallery:
“One of my favorite post- and preapocalyptic series. It’s the proof that intelligent entertainment with great acting and good storytelling is possible. I wish there were more mini-series like that.”
Rating: 7.6
Hacks
Hierdie is dalk net die dark comedy wat jy nodig het om af te wissel met Station Eleven se swaar subject matter. Hacks volg die storie van ‘n unlikely partnership tussen Deborah Vance (Jean Smart), ‘n legendary Las Vegas comedian en Ava (Hannah Eindbinder) ‘n jong struggling en entitled konterige skrywer. Die tweetjies word forseer word om saam te werk. Check, Deborah is ‘n comedy legend maar loop die gevaar om haar gerieflike residency shows in Vegas te verloor. Die casino se baas soek bietjie meer Gen Z vibes en dis hoekom Ava in die storie ingebring word – om iets meer relevant te skryf wat sal aanklank vind by ‘n jonger crowd. Dis soos om vir Metallica te vra om meer banjo in hulle musiek in te bring. Dit gaan net groot kak maak! Terloops, Jean Smart het sowat twee maande gelede haar eie ster op Hollywood se Walk of Fame gekry.
Hierdie reeks se 18 episodes is sitkom-lengte van aard en sal jou vir 9 ure lank besig hou en jy gaan dit wil binge. Comedy uit die boonste rakke!
Vanuit die peanut gallery:
“Just finished the series – one of the best series I have watched the past 2 years. Jean Smart is totally PERFECT for the role. I smell an Emmy nomination!”
Rating: 8.2
Peacemaker
Ek skiem ek gaan baie oor hierdie reeks kan praat as ek dit eers klaar gekyk het, want fok my, ek het nie geweet van hierdie superhero in die DC-universe (of is dit multiverse?) se bestaan nie. Toe ek gister hiervan uitgevind het, was daar fokken baie confusion, want Peacemaker (met John Cena in die hoofrol), tel glo die storie op na die gebeure in die movie, The Suicide Squad, waar hy terugkeer na hy recover het van sy onderonsie met Bloodsport. So hier is my utter confusion: Ek het nie geweet dat daar 2 fokken Suicide Squad movies was nie, so toe ek gisteraand skiem ek gaan gou die enigste een waarvan ek bewus was “weer” kyk, het ek agtergkom dat ek dit toe fokken nooit eers gesien het nie. Ek het dit confuse met Birds of Prey – die ander Harley Quinn movie wat “soortvan” volg op Suicide Squad. Meanwhile het Hollywood The Suicide Squad verlede jaar reales. Jirrefok mense – THE – een woord extra??! Gods, kon hulle dit nie iets anders fokken noem nie? Imagine twee jaar van nou af kom THE Top Gun uit? Dis mos faktap, of hoe? Anyway, ek het toe THE Suicide Squad opgespoor op Apple TV en nou moet ek dit eers vanaand kyk voor ek die Peacemaker vir myself spoil want jirre, dit lyk befaaaaaaak! Ek gaan beslis ‘n volle review oor die show doen sodra ek dit klaar ge-nodge het!
Hierdie reeks se 9 episodes sal jou vir 6 ure lank besig hou, maar as jy eers al drie bogenoemde movies wil kyk omdat jy so confused en deur die kak soos ek is, mik jy na nog so 6 ure se kant op jou kykgenotkerfstok.
Vanuit die peanut gallery:
“Its so strange how far John Cena has progressed, he went from Fred the movie to this. He’s genuinely a good actor and I’m only now realizing it.”
Rating: 8.4
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
And Just Like That S1 And Just Like That is die nuwe hoofstuk van die baanbrekende HBO-reeks Sex and the City deur die uitvoerende vervaardiger Michael Patrick King. Dit volg weer Carrie (Sarah Jessica Parker), Miranda (Cynthia Nixon) en Charlotte (Kristin Davis) se lewe in die Groot Appel. Die keer is hul egter effe ouer… Hulle is wel steeds besig om die ingewikkelde realiteite van die lewe, liefde en vriendskap te hanteer. Dit blyk dinge is nié duideliker, makliker of eenvoudiger nou dat hulle in hul vyftigs is nie! Lees verder |
|
|
Poena In 2007, het ons die eerste keer vir Poena Pieterse in die ikoniese fliek Poena is Koning ontmoet. En toe het hy in 2020 in die TV-fliek, Poena, teruggekeer, asook in 2021 in die TV-fliek, Poena en Poenie. In dié komediereeks van 13 episodes ontmoet ons vir Poena (Robbie Wessels) wat sy werk as ’n sanger op ’n plesierboot verloor het. Nou woon hy saam met sy werklose nefie, Poenie (Kaz McFadden), by sy oupa Poen (At Botha). Ook saam in die huis is Coco de Kok (Liane Heyl) en haar dogter Chanel (Lauren Botha). Jy kan jou mos net indink die chaos wat in daai huis afspeel… Lees verder |
||
Ozark S1-4 Ozark is ’n veelbekroonde reeks met ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit draai om Jason Bateman se karakter, Marty Byrde, ’n finansiële adviseur wat sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks sleep. Dit het begin as ’n poging om ’n dwelmbaas te paai om sy gesin te beskerm. Nooit sou Marty kon dink dat daar soveel bloed van sy hande sou drup nie. Lees verder |
||
The Pembrokeshire Murders S1 The Pembrokeshire Murders is ’n senutergende Britse misdaaddrama. Dit dramatiseer die werklike 2006-ondersoek na twee onopgeloste moordsake wat met ’n reeks inbrake in die 1980’s verband gehou het. Luke Evans (Anna), vertolk die nuut bevorderde speursuperintendent Steve Wilkins. Hy sit alles in om bewyse teen ’n vermeende reeksmoordenaar, sy hoofverdagte, in te samel voordat hy uit die tronk vrygelaat word. Lees verder |
|
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
||
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
|
|
The North Water The North Water is gegrond op Ian McGuire se bekroonde 2016-roman. Dit speel in 1859 af en volg die oud-weermagchirurg Patrick Sumner (Jack O’Connell), wat as skeepsdokter op ’n walvis-ekspedisie na die Noordpool gaan. Die felheid van die elemente word deur die geweld van sy skeepsmaats, hoofsaaklik Colin Farrell se Drax, geëwenaar. Eers later word die ware doel van die ekspedisie duidelik… Lees verder |
||
Suidooster S1-8 Suidooster draai om die mense van ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch. Ruiterbosch is ’n fiktiewe Kaapse voorstad waar verskillende gesinne in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys is al in mekaar se besigheid in… Só is daar nooit ’n tekort aan skinner en drama nie. Die sepie het in 2015 met net drie episodes ’n week begin, en gaan sedertdien van krag tot krag. Sedert 2017 word daar nuwe episodes van Maandag tot Vrydag uitgesaai.r. Lees verder |
|
|
The Pentaverate In The Pentaverate is Mike Myers van Austin Powers-faam ene Ken Scarborough (asook omtrent elke ander karakter wat ons ontmoet…) Myers is ook die skeppende dryfkrag agter dié komediereeks wat uit sy 1993-fliek, So I Married an Ax Murderer, gespruit het. Die reeks draai om ’n Kanadese joernalis wat op die punt staan om sy werk te verloor. Wat hy nou nodig het, is ’n sappige storie. Die storie wat hy aanpak, is egter veel groter as wat enigiemand kon raai. Dis immers een wat oor eeue heen strek as hy die waarheid oor vyf mans se invloed op wêreldgebeure sedert die Swart Plaag in 1347 probeer ontbloot.. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,074,310 post views in totaal sedert 1 November, 2019.