Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Nou kom ons met baie slegte nuus – ons het nog 8 Zet episodes opgespoor, maar dis nie Zet soos julle hom ken nie. Iemand het met die resep van die original hit gaan staan en fok. Jy sal sien wat ek bedoel. Vat jou pak maar soos ‘n man…
Zeti leer dat almal vir God spesiaal is
Die stupid Afrikaanse naai met die fake baard probeer om ‘n didgeridoo te speel. Dan slaan hy skielik oor na Engels met sy aangeplakte brei en probeer ons vertel dat almal special is. Die bybesltorie is ook soos gewoonlik ‘n pot tos en volg in Afrikaams. Fix, wat vir so paar episodes weg was, is skielik terug aan die einde van die epsiode op “We are special in the eyes of the lord” te sing. Ons het intussen uitgefigure is wie Fix is – dis die akteur Brandon Auret wat in movies soos District 9, Elysium en Chappie rolle gehad het. Iemand moet IMDB gaan update en Zet ook bysit vir hom.
Watkykjy staan op 3,073,921 post views in totaal sedert 1 November, 2019.