Daar is hierdie jaar skielik ‘n moerse spike in local productions, veral in TV-reekse en veral in Afrikaans en dit klink of daar sommer nog baie op pad is ook. Dit wil voorkom of hierdie entertainment wave rondom 2017 begin shape het, en dat ons nou op ‘n kruin surf wat nie lyk of dit vinnig gaan afplat nie. En dis boonop oorwegend top kwalitiet wat ‘n moerse bonus is. Ek dink nie die dae van kak Afrikaanse vermaak is heeltmal getel nie, want daar is ‘n spesieke tipe Afrikaner wat nou maar net van kak goeters like, sonder dat hulle weet dat dit kak goeters is, but we are heading in the right direction.
Vat nou maar die nuutste Afrikaanse romcom-reeks, Troukoors. Die reeks is reeds besig om vir homself ‘n naam te maak want slegs Sex in Afrikaans en Devilsdorp is Afrikaanse titels wat op die eerste dag, meer keer as Troukoors gekyk is. Beide season 1 en season 2 is nou beskikbaar om te stream. Die reeks is onlangs benoem as Beste Vervaardigde TV Draaiboek en Beste Draaiboek in ‘n Inheemse Taal by die Writers Guild of South Africa se Muse-toekennings, wat op Awards, 21 Mei 2022 sal plaasvind. My voorspelling is dat hulle met beide titels sal wegstap en ek dink Melt Sieberhagen wat die rol van Nathan vertolk, bevestig dit ook:
Die teks was goed geskryf met samewerking van ’n goeie groep skrywers wat onder leiding van Louis Pretorius as hoofskrywer bymekaargebring is. Die draaiboeke was puik en jy kon sien dat ’n ervare span skrywers daaraan gewerk het.
Troukoors is geskep deur SAFTA-wenner Louis Pretorius en SAFTA-benoemde Albert Snyman van Infinity Films (Die Boekklub, Fynskrif), met gereelde medewerker Nina Swart as regisseur. Die ouens het ‘n star studded cast bymekaargetrek: Tinarie van Wyk Loots (Fynskrif) as Jessica se baas; Armand Aucamp (Die Boekklub) as Dawid, haar eks-kêrel en mede-wedding planner; Monique Rockman (Gaia, Nommer 37) as Yolandie, ’n waitress by Jakes; en Edwin van der Walt (Wonderlus) as een van Liam se tjommies. Dan is daar ook Kevin Smith (Egoli, Isidingo, Stroomop) en Melt Sieberhagen wat jy al op stages regoor SA gesien het asook movies soos District 9, Liewe Kersfeesvader en reekse soos Proesstraat, Die Byl, Die Spreeus en Raised by Wolves om maar net ‘n paarte noem.
So wat is die vibe van die reeks? Troukoors volg drie beste vriendinne: wedding planner Jessica (Ilse-Lee van Niekerk); haar sussie Luca (Blyde Smit), ’n software developer; en haar beste vriendin Abi ‘n professionele bakker. Op die oog af gaan Troukoors oor troues. Die hoofkarakter is Jessica en is, soos genoem, is ‘n wedding planner. Die storie gaan in wese oor haar, haar sussie en haar beste tjommie en die res van die prentjie word voltooi deur kleurvolle en interessante karakters. Suid-Afrikaners is nogal behep met troues en die tradisies, stres en drama waarmee dit altyd kom, so dis ‘n moerse clever, easy en relatable voertuig om te gebruik as basis vir die res. Die tema van trou en troues dien ook as ‘n metafoor vir mense wat saamkom en connect. Dit deal ook veral met gemengde gesinne – iets waarvoor sommige Afrikaanse mense nog bang voor is vir een of ander rede.
Troukoors is ‘n romcom wat net ‘n moerse pret is met cool karakters – mense wat so bietjie anders is, maar tog ook eintlik totally normaal is. Wat is normaal anyway? Dis ‘n kykie na moderne peeps met moderne issues en moderne persoonlikhede. Dis hopelik ‘n produksie wat vir Suid-Afrikaners sal laat nadink en oortuig dat mens eintlik oor die weg kan kom met mekaar, ten spyte van ons verskille en hang-ups. Dis ‘n vars take op interpersoonlike verhoudings en moderne gesins-dynamics in Suid-Afrika. Dis ‘n vervrissende reeks wat goddank wegbly van die tipiese verkrampte en verkakte Afrikaans wat deur ‘n sekere deursnit van ons volkie gepleeg word, so die audience wat ge-target word is spot on – net fokken lekker mense soos ons, right? Dankie.
Op ‘n tegniese vlak is die reeks puik – fantastiese kamerawerk en redigering en dit word sterk deur die cast ondersteun en alles word, soos genoem, gedra deur befokte script writing. Kyk gerus die trailer, maar ek kan jou waarborg dat jy reeds deur die eerste 2 minute van epsiode 1 ingetrek sal word. Ek meen, wanneer het ‘n romcom in Afrikaans ooit begin met ‘n fokken hot chick in suspenders en 3D goggles met ‘n pienk vibrator in die hand en dan van die bed af bliskem?
Does I haves your attention now?
Watkykjy staan op 3,084,328 post views in totaal sedert 1 November, 2019.