Ons het verlede naweek by tjommies gaan kuier toe een afhaak en haar 12-jarige dogter uit die bloute tune: “Ek dink ek moet bietjie vir julle Schindler’s List laat kyk sodat julle kan dankbaar wees oor die goed waaroor julle so kak en kerm!”
Die res van die gesprek het interessant geraak en somehow opgeëndig op ‘n bespreking oor ‘n film wat ons sou maak oor baba tennisrakette wat huil nadat polisiemantennisballe die ma en kinders in kennis stel dat pappa rakket by die werk vermoor is. Dis nou na aanleiding van een of ander doos wat verlede Sondag sy kak verloor het tydens die French Open wat aan was op Supersport en sy rakket se nek afgetrap het. Ek kan nou nie die tietkop se naam onthou nie, maar ons movie sou swart en wit wees soos Schindler’s List. Dik fokken tranetrekker vibes. Anyway, dit het my toe vroër hier week laat wonder of ek die movie kan stream en watter ander classics ek sou vind uit die 90s uit. Ek was glad nie disappointed nie!
Hier is vir jou tien befokte classic movies uit die 90s om die naweek te stream:
The Silence of The Lambs (1991)
‘n Movie wat die genre beslis gedefinieer het en die pop-culture en movie landscape vir altyd verander het. Clarice Starling (Jody Foster) is ‘n super intelligente FBI trainee en word na die Baltimore staatshospitaal vir kriminele kranksinniges gestuur om Dr. Hannibal “the cannibal” Lecter (Sir Anthony Hopkins) te interview. Hy is ‘n bekende psigiater wat in ‘n berugte psigopatisiese reeksmoordenaar verander het. Sy moet kop hou met die bra want hy is ‘n donker fok en het die enigste clues om haar te lei na nog ‘n mal en siek fok van ‘n reeksmoordenaar, Buffalo Bill (Ted Lavine). Kyk gerus uit vir die scene waar Buffalo Bill sy piel tussen sy bene druk om soos ‘n vrou te lyk. Dit het mense heavy omgekrap in die 90s!
The Bodyguard (1992)
Oorle Whitney Houston vertolk die rol van ‘n popster wat death threats kry. Haar manager besluit om lyfwag, Frank Farmer (Kevin Costner) aan te stel om haar op te pas. Frank is die beste in die besigheid maar sy verlede spook by hom – hy was deel van President Reagan se secret service groep en kon nie die aanval deur Hinkley afweer nie. Verder vryf die twee karakters (dis nou Whitney en Kevin se karakters) mekaar verkeerd op maar later begin hulle mekaar so bietjie op lekker plekker ook te vryf tot die ontsteltenis van Afrikaners wat destyds nog probeer deal het met waarheen die fok die geliefde 80s verdwyn het…
Schindler’s List (1993)
‘n Fokken fantastiese fliek en die rede vir hierdie artikel wat 7 Oscars gewen het (die movie, nie die artikel nie). Ongelukkig is die storie self super depressief, maar dis subject matter waarmee almal eintlik gekonfronteer moet word. Dit vertel die ware verhaal van Oskar Schindler, ‘n Duitse besigheidsman wat die lewens van duisende Pools-Joodse refugees gered het gedurende die Holocaust deur hulle in sy fabriek te laat werk. Dis eintlik een van die fokken beste movies van alle tye, so kyk dit gerus. As jy dit reeds gekyk het, kyk dit gerus weer! ‘n Tikkie nadenkie oor menslikheid sal jou nie seer maak nie.
The Fugitive (1993)
Goeie ou Harrison Ford en Tommy Lee Jones team op in hierdie Hollywood blockbuster wat ‘n remake is van die 1963 classic. Dr. Richard Kimble (Ford), verkeerdelik skuldig bevind aan die moord op sy vrou, ontsnap uit ‘n tronkbus en probeer uitvind hoekom sy vermoor is en wie die ware moordenaar werklik was. Hy word meedoënloos agtervolg deur Samuel Gerard (Jones), ‘n hardegat Amerikaanse Marshal, en word gedwing om kontak met enige vriende of familielede te verbreek. Sy vasberadenheid en vernuf lewer egter gou resultate en hy kom tot die skrikwekkende besef dat hy absoluut fokken niemand kan vertrou nie!
Lipstiek Dipstiek (1994)
Poenie (Francois Coerstze) is ongeluksvoël in die ware sin van die woord – sy voël laat hom gedurig in die kak beland. Hy is ‘n jagse werkersklas nool wat homself gevange vind in ‘n verhouding met mollige boeremeisie (Lizz Mering). Dan kom die smeulende blonde, ‘n Engelse sielkundige by name van Catelina (Julie Hartley) op die scene en dan moet mens net fokken boners links en regs probeer doodslaan! Hierdie is ‘n ware Suid-Afrikaanse classic as daar nou een movie is wat in jou opvoeding makeer. Dis fokken zef, skoendose act beter, die storielyn is absolute botktos, maar jirre dis vet fokken pret met ‘n plethora van quotable quotes!
Se7en (1995)
Dis moontlik hier by die release van S7ven rond dat mans regoor die wêreld, heavy fokken jaloers begin raak het op Brad Pitt. Ek is eintlik nog steeds so bietjie jaloers op die vent. Hy het die looks, die zak en die lekker gooste. Anyway, hierdie is ‘n fokken wow movie wat jy nie moet mis loop nie (of weer moet kyk!) – twee speurders, een aan die einde van sy loopbaan en ‘n groentjie aan die begin van syne, volg ‘n reeks moorde onder weird omstandighede. Hulle vind leidrade wat blyk of die moorde met die sewe sondes van die bybel verbind kan word. Geen spoilers nie, maar die movie het een van die beste eindes ooit!
Fargo (1996)
Die Coen brothers is fokken legendary en hierdie is een van die beste en besonderse dark comedy thrillers ooit! Jerry Lundegard (William H. Macy) is in ‘n onbekende finansiële verknorsing en wil hê sy skoonpa se geld moet die fokop somehow fix. Sy blink plan om die zak in sy kloue te kry behels die huur van twee hopelose skurke, Carl Showalter (Steve Buscemi) en Gaer Grimsrud (Peter Stormare) om sy vrou te ontvoer, en dan die ransom met die skelms te deel. Die plan fok vinnig uitmekaar ná drie moorde en dit help ook nie die drommel se saak dat die polisiehoof van die klein dorpie (Frances McDormand), alwoewel sy hoogs swanger is, fokken uitstekend is in haar job nie!
Blade (1998)
Wesley Snipes se karakter, Blade, is bang vir fokol in hierdie movie nie, want hy is half-man, half-vampire. Sy mission is om die wêreld van alle vampire evil te verlos. Wanneer hy sien hoe ‘n vampire Dr. Karen Jenson byt, fok hy die monster op en vat haar terug terug na secret sy hide-out toe. Hier ontmoet ons al sy tjomme wat hom help om dokter Karen te genees. Die vampire wat pielewappers by ons held, Blade ontvang het, ene Quinn, rapporteer terug aan sy baas, Deacon Frost en hierdie naaier beplan sommer ‘n moerse vieslike verrassing vir die menslike bevolking. Needless to say moet Blade ‘n stokkie voor daai planne steek. Die ouens moet maar hulle sambreeltjies inpak, want dit gaan poesklappe reën.
Austin Powers The Spy Who Shagged Me (1999)
The Spy Who Shagged Me is actually die tweede Austin Powers movie waarin Mike Myers terugkeer as die groovy spy. Hierdie keer is Dr Evil ook terug en hy het ‘n nuwe time machine gebou waarmee hy terug gaan in tyd om Austin Powers se mojo te steel. Kan ons asseblief op aandag staan en’n groot handeklap gee vir Heather Graham wat die rol van Felicity Shagwell vertolk? Ek huil elke keer in my broek as ek haar sien.
Analyze This (1999)
Robert De Niro vertolk die rol van ‘n New York Mob boss wat besluit om ‘n sielkundige (Billy Crystal) te huur as gevol van angsaanvalle vanweë probleme uit sy verlede. Die challenge is egter om oor sy probleme te praat sonder om die gangsters se rowwe en gevaarlike geheime uit te lap. Hy is ook gewoond daaraan dat almal vra “hoe hoog?” wanneer hy tune dat hulle moet fokken spring, so die sielkundige moet sy hele lewe op hold sit vir hierdie gangster, terwyl hy eintlik probeer om sy eie troue te reel en sy praktyk ook daaronder ly. Dis ‘n great comedy met great akteurs!
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
And Just Like That S1 And Just Like That is die nuwe hoofstuk van die baanbrekende HBO-reeks Sex and the City deur die uitvoerende vervaardiger Michael Patrick King. Dit volg weer Carrie (Sarah Jessica Parker), Miranda (Cynthia Nixon) en Charlotte (Kristin Davis) se lewe in die Groot Appel. Die keer is hul egter effe ouer… Hulle is wel steeds besig om die ingewikkelde realiteite van die lewe, liefde en vriendskap te hanteer. Dit blyk dinge is nié duideliker, makliker of eenvoudiger nou dat hulle in hul vyftigs is nie! Lees verder |
![]() |
|
Poena In 2007, het ons die eerste keer vir Poena Pieterse in die ikoniese fliek Poena is Koning ontmoet. En toe het hy in 2020 in die TV-fliek, Poena, teruggekeer, asook in 2021 in die TV-fliek, Poena en Poenie. In dié komediereeks van 13 episodes ontmoet ons vir Poena (Robbie Wessels) wat sy werk as ’n sanger op ’n plesierboot verloor het. Nou woon hy saam met sy werklose nefie, Poenie (Kaz McFadden), by sy oupa Poen (At Botha). Ook saam in die huis is Coco de Kok (Liane Heyl) en haar dogter Chanel (Lauren Botha). Jy kan jou mos net indink die chaos wat in daai huis afspeel… Lees verder |
![]() |
|
Ozark S1-4 Ozark is ’n veelbekroonde reeks met ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit draai om Jason Bateman se karakter, Marty Byrde, ’n finansiële adviseur wat sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks sleep. Dit het begin as ’n poging om ’n dwelmbaas te paai om sy gesin te beskerm. Nooit sou Marty kon dink dat daar soveel bloed van sy hande sou drup nie. Lees verder |
![]() |
|
The Pembrokeshire Murders S1 The Pembrokeshire Murders is ’n senutergende Britse misdaaddrama. Dit dramatiseer die werklike 2006-ondersoek na twee onopgeloste moordsake wat met ’n reeks inbrake in die 1980’s verband gehou het. Luke Evans (Anna), vertolk die nuut bevorderde speursuperintendent Steve Wilkins. Hy sit alles in om bewyse teen ’n vermeende reeksmoordenaar, sy hoofverdagte, in te samel voordat hy uit die tronk vrygelaat word. Lees verder |
![]() |
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
![]() |
|
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
![]() |
|
The North Water The North Water is gegrond op Ian McGuire se bekroonde 2016-roman. Dit speel in 1859 af en volg die oud-weermagchirurg Patrick Sumner (Jack O’Connell), wat as skeepsdokter op ’n walvis-ekspedisie na die Noordpool gaan. Die felheid van die elemente word deur die geweld van sy skeepsmaats, hoofsaaklik Colin Farrell se Drax, geëwenaar. Eers later word die ware doel van die ekspedisie duidelik… Lees verder |
![]() |
|
Suidooster S1-8 Suidooster draai om die mense van ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch. Ruiterbosch is ’n fiktiewe Kaapse voorstad waar verskillende gesinne in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys is al in mekaar se besigheid in… Só is daar nooit ’n tekort aan skinner en drama nie. Die sepie het in 2015 met net drie episodes ’n week begin, en gaan sedertdien van krag tot krag. Sedert 2017 word daar nuwe episodes van Maandag tot Vrydag uitgesaai.r. Lees verder |
![]() |
|
The Pentaverate In The Pentaverate is Mike Myers van Austin Powers-faam ene Ken Scarborough (asook omtrent elke ander karakter wat ons ontmoet…) Myers is ook die skeppende dryfkrag agter dié komediereeks wat uit sy 1993-fliek, So I Married an Ax Murderer, gespruit het. Die reeks draai om ’n Kanadese joernalis wat op die punt staan om sy werk te verloor. Wat hy nou nodig het, is ’n sappige storie. Die storie wat hy aanpak, is egter veel groter as wat enigiemand kon raai. Dis immers een wat oor eeue heen strek as hy die waarheid oor vyf mans se invloed op wêreldgebeure sedert die Swart Plaag in 1347 probeer ontbloot.. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,091,382 post views in totaal sedert 1 November, 2019.