‘n Eenvoudige, dog verbasend innemende en emosionele verhaal van om-en-by 15 minute lank wat gesentreer is rondom ‘n ma wat net haar gesin gelukkig wil maak. Taina berei voor vir die aankoms van haar seun, Eetu en sy vriendin. Terwyl ons sien hoe haar noukeurige skoonmakery en haar pogings om ‘n gesprek met haar eenlettergrepige man aan te knoop aanknoop, kry ons dadelik die indruk van ‘n vrou wat grootliks oor die hoof gesien word deur diegene rondom haar. Soos die verhaal ontvou besef ons Taina gaan nie die een ding kry wat sy wil hê nie – tyd saam met haar gesin. Dis ‘n indrukwekkende Finse drama met Engelse onderskrifte.
Hierdie post is 119 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,073,809 post views in totaal sedert 1 November, 2019.