Hallelujah, broers en susters! Season 2 van die kakmal, comedy The Righteous Gemstones is uiteindelik hier en dis fokken crazy hoe die reeks eintlik glad nie voel of dit satiries is nie! Dis ‘n reeks wat aan die diep kant van big-business religions se swembad induik en dit gaan probs nie lekker met die stoere Christen tipe peeps sit nie. In die tweede seisoen moet die super ryk en famous televangelist-familie deal met dreigende element vanuit beide hulle verlede en die hede wat moontlik hulle blessed empire kan ontspoor. Daar is temas soos geloof, skyheiligheid en kapitalisme wat aangespreek word. Gods, daar word even gestoei vir Jesus! Die jirre help ons.
Daar word nie regtig oordryf nie want hierdie geloofswêreld het in regte lewe regtig kakbaie geld. Dis enorm en die omvang is verstommend. Die show benader hierdie fenomeen actually opreg en eerlik en dit maak dit eintlik net soveel snaaksser, hoe meer jy daaroor dink. Van die kak wat in hierdie show se storielyn gebruik word, duik sommer op in regte lewe na die tyd. Check hierdie uit – een van hierdie mega ryk kerkfamilies in Texas het onlangs ‘n plumber gehad wat aan hulle kakpype gewerk het. Die bra moes ‘n muur oopkap en toe poes daar sommer $600k uit! Hierdie het drie jaar gebeur NA Judy se karakter in die show in season 1 presies dieselfde gedoen het!
Die reeks het ‘n moerse lekker cast: Oscar nominee Eric Roberts, Emmy winner John Goodman, Danny McBride en Adam Devine om maar net ‘n paar te noem. Dis totes ‘n roller coaster ride en as jy iets gaan eet of drink terwyl jy dit kyk, gaan dit op jou fokken skoot beland, guaranteed. Daar gaan ook oomblikke wees waar jy dit deur jou vingers gaan kyk asof dit ‘n horror is, want daar is dikbaie cringe. Jy gaan selfs ooomlbikke hê waar jy sal skiem: “Fok, ek kry hierdie mense jammer” maar dit sal vinnig vervang word met “Het ek regitg empatie met hierdie fokken skelm kerkmense? Man, kyk net self die show want daar is so baie dinge om voor uit te kyk waarvoor jy jou hol gaan skeur. Kelvin het byvoorbeeld ‘n “muscle boy God Ssqaud” op die been gebring. Like, what the fuck?
Check die trailer vir season 2 van The Righteous Gemstones onderaan die artikel.
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
And Just Like That S1 And Just Like That is die nuwe hoofstuk van die baanbrekende HBO-reeks Sex and the City deur die uitvoerende vervaardiger Michael Patrick King. Dit volg weer Carrie (Sarah Jessica Parker), Miranda (Cynthia Nixon) en Charlotte (Kristin Davis) se lewe in die Groot Appel. Die keer is hul egter effe ouer… Hulle is wel steeds besig om die ingewikkelde realiteite van die lewe, liefde en vriendskap te hanteer. Dit blyk dinge is nié duideliker, makliker of eenvoudiger nou dat hulle in hul vyftigs is nie! Lees verder |
![]() |
|
Poena In 2007, het ons die eerste keer vir Poena Pieterse in die ikoniese fliek Poena is Koning ontmoet. En toe het hy in 2020 in die TV-fliek, Poena, teruggekeer, asook in 2021 in die TV-fliek, Poena en Poenie. In dié komediereeks van 13 episodes ontmoet ons vir Poena (Robbie Wessels) wat sy werk as ’n sanger op ’n plesierboot verloor het. Nou woon hy saam met sy werklose nefie, Poenie (Kaz McFadden), by sy oupa Poen (At Botha). Ook saam in die huis is Coco de Kok (Liane Heyl) en haar dogter Chanel (Lauren Botha). Jy kan jou mos net indink die chaos wat in daai huis afspeel… Lees verder |
![]() |
|
Ozark S1-4 Ozark is ’n veelbekroonde reeks met ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit draai om Jason Bateman se karakter, Marty Byrde, ’n finansiële adviseur wat sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks sleep. Dit het begin as ’n poging om ’n dwelmbaas te paai om sy gesin te beskerm. Nooit sou Marty kon dink dat daar soveel bloed van sy hande sou drup nie. Lees verder |
![]() |
|
The Pembrokeshire Murders S1 The Pembrokeshire Murders is ’n senutergende Britse misdaaddrama. Dit dramatiseer die werklike 2006-ondersoek na twee onopgeloste moordsake wat met ’n reeks inbrake in die 1980’s verband gehou het. Luke Evans (Anna), vertolk die nuut bevorderde speursuperintendent Steve Wilkins. Hy sit alles in om bewyse teen ’n vermeende reeksmoordenaar, sy hoofverdagte, in te samel voordat hy uit die tronk vrygelaat word. Lees verder |
![]() |
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
![]() |
|
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
![]() |
|
The North Water The North Water is gegrond op Ian McGuire se bekroonde 2016-roman. Dit speel in 1859 af en volg die oud-weermagchirurg Patrick Sumner (Jack O’Connell), wat as skeepsdokter op ’n walvis-ekspedisie na die Noordpool gaan. Die felheid van die elemente word deur die geweld van sy skeepsmaats, hoofsaaklik Colin Farrell se Drax, geëwenaar. Eers later word die ware doel van die ekspedisie duidelik… Lees verder |
![]() |
|
Suidooster S1-8 Suidooster draai om die mense van ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch. Ruiterbosch is ’n fiktiewe Kaapse voorstad waar verskillende gesinne in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys is al in mekaar se besigheid in… Só is daar nooit ’n tekort aan skinner en drama nie. Die sepie het in 2015 met net drie episodes ’n week begin, en gaan sedertdien van krag tot krag. Sedert 2017 word daar nuwe episodes van Maandag tot Vrydag uitgesaai.r. Lees verder |
![]() |
|
The Pentaverate In The Pentaverate is Mike Myers van Austin Powers-faam ene Ken Scarborough (asook omtrent elke ander karakter wat ons ontmoet…) Myers is ook die skeppende dryfkrag agter dié komediereeks wat uit sy 1993-fliek, So I Married an Ax Murderer, gespruit het. Die reeks draai om ’n Kanadese joernalis wat op die punt staan om sy werk te verloor. Wat hy nou nodig het, is ’n sappige storie. Die storie wat hy aanpak, is egter veel groter as wat enigiemand kon raai. Dis immers een wat oor eeue heen strek as hy die waarheid oor vyf mans se invloed op wêreldgebeure sedert die Swart Plaag in 1347 probeer ontbloot.. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,125,752 post views in totaal sedert 1 November, 2019.