Ek het so paar weke gelede toevallig op ‘n nuwe chick op die music scene afgekom: Angie oeh. Ja, jy spel die tweede woord met ‘n kleinletter. Mens sou raai dat haar face tats dalk deur die Amerikaanse rapper, singer en songwriter, Post Malone gëinpireer is. Oor haar musiek self is ek nie so seker nie. Sy mag dalk local ouens soos Jack Parow en Van Plezten as mentors beskou (sy collaborate immers met beide op haar debuut-EP), maar Angie se sub-genre van rap waarin sy haarself bevind, is skaars ‘n dekade oud. Mumble rap, roep hulle die storie. Kenners verskil met mekaar oor wie die eerste keer in so ‘n styl gerap het, hoewel die rapper, Future, 2011 single”Tony Montana” beskou word as die eerste mumble rap song. Ek kan nie onthou wat die eerste mumble rap tune was wat ek gehoor het nie, maar ek was fokol impressed gewees nie. Like, hou op rap met ‘n fokken mond vol kos, jou lui poes!
Angi oeh het egter ‘n goue aar raakgeboor in die SA music scene wat nog nie ontgin is nie, en ek vermoed sy gaan die genre baie meer accessible en aanvaarbaar maak vir suurgatkonte soos ek. Kyk, ek gaan nie skielik mumble rap playlists op Spotify maak om die bure af te pis nie (daai is Anaal Nathrakh se werk), maar ek sal met gemaak haar 5-track EP inweef tussen my party tunes. As jy reeds glad nie van rap as ‘n genre hou nie, is jy besig om jou tyd hier te mors, maar indien wel, gee hierdie girl ‘n luister. Ek weet actually of mumble rap die regte term is haar musiek nie. Kyk, sy mompel ‘n ding moeg, maar daar is ‘n sexy vibe daaraan. Gewege dat haar EP se titel Sex in Afrikaans is, sou ek die genre Broeknaai Rap genoem het.
Dis nog nie te laat nie, Angie. Fokken doenit! Imagine die merch wat jy kan swaai? Sulke lekker dun broeknaaibroeke. Ek soek 5% vir my idee, thanks. (Wynand, ek hoop jy fokken lees hierso)
Angie het haar eerste hit Dis Jou Wyfie in haar kas record op ‘n Samsung A23 record in die Moot. Omdat sy nie zak gehad het vir ‘n laptop nie, het sy sommer die beats ook op die foon geklap. Die tune het begin aandag trek en ‘n ander rapper, Loufi, het met haar collaborate en ‘n remix daarvan gemaak en release. Toe sy weer sien is sy op stage gesit by Fokof Bar in Lynnwood, Pretoria om vir Fokofpolisiekar te open. Dit was haar heel eerste live performance.
Daarna het sy die single Meisies & Partyjies saam met Jack Parow release en Big Booty Bitch saam met van Pletzen record. Beide tracks is ook op die EP, Sex In Afrikaans wat deur Van Pletzan produce is by sy studio in die Moot, Planet Awesome:
Sex in Afrikaans is geïnspireer deur wangedrag, frustrasie en seks. Ek maak musiek wat kwaad maak en gesprek uitlok. Dis ‘n in-jou-gesig zap vir seksisme, homofobie, geslagsgebaseerde geweld en ongelykheid. Hierdie album is ‘n ode aan vroue, aan tieties, en meeste van alles… aan dans. Kom ons wys hulle hoe ons in opstand kom in Afrikaans. Peace.
Lekker attitude daai. Tiete is piele, Angie. Doen so voort. Sy gaan wel so paar mense ontstel (en het seker reeds deur). Die ou Afrikanervolkie like mos om die uiterlike eerste te judge. Hulle begin eers met ras, dan gender, dan piercings en tattoos voor hulle die sy-soek-vir-dit uitrustings uitlig. At least sien jy dadelik wat jy kry met Angie. Met die judgemental klomp moet mens gewoonlik wag dat hulle hul monde oopmaak voor jy agterkom dat daar eintlik ‘poes’ op die voorkop staan en dis leliker as enige tattoo.
Angie oeh (jirre, ek wil dit heeltyd met ‘n fokken hoofletter spel) het toe ook op Vrydag die 20ste Mei haar EP launch gehou by Fokof Bar, deur ‘n free show van al die tracks te doen en ons het haar gaan uitcheck. Mens kan sien dat sy op die drumpel van ‘n definitiewe huge career in musiek staan. Sy is super nederig, saggeaard, soft spoken en daar was effens nerves gewees toe sy op stage klim wat dalk ook vir ‘n tekort aan confidence gesien kan word, maar dit maak nie saak nie. Dis deel van groei en grootword en daai creases sal uitgestryk word. Mettertyd sy haar voete en ritme proper begin vang op stage regoor die land. Ek dink nie sy is self regtig bewus van watter moerse toekoms in die entertainment industrie op haar wag nie, maar met Wynand Muyburgh van Fokofpoliskar se guidance as haar manager, sal sy totally fine wees. Sy is nou min of meer waar Jack Parow in 2009 was. Angi oeh het iets moerse uniek hier beet en sy sal beslis nog hoopvolle mense inspireer wat in haar voetspore sal volg, spesifiek in hierdie genre in Afrikaans. Sy het nou sleutels van die copy-paste engine wat sy gestart het, en sy rev hom rooi…
Volg Angie oeh op:
Facebook
Twitter
TikTok
YouTube
Luister na Sex In Afrikaans:
Foto’s van Angie oeh se launch by Fokof Bar, geneem vir Watkykjy deur die super talentvolle Marina Maré:
Watkykjy staan op 3,085,055 post views in totaal sedert 1 November, 2019.