Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Nou kom ons met baie slegte nuus – ons het nog 8 Zet episodes opgespoor, maar dis nie Zet soos julle hom ken nie. Iemand het met die resep van die original hit gaan staan en fok. Jy sal sien wat ek bedoel. Vat jou pak maar soos ‘n man…
Zet en Zeti leer ‘n nuwe taal
Skielik het ons ‘n nuwe kak Afrikaanse presenter in die karakter van een of ander speurder met ‘n fake baard. Jirre, creepy. Ons weet nie eers wat die vent se naam is nie, want dit word glad nie genoem nie. Daar word nou sommer ‘n reënboobnasie narrative ge-push ook, want Zet en Zeti en oom creepy speurder gaan nou leer op Sotho te praat. En dan volg die bybelstorie sommer in Engels – een of ander storie van Moses en die tien gebooie. Cut terug na creepy oom toe: “Dumela!” en dit lyk of hy dit uit die Bybel lees. What a shit show.
Watkykjy staan op 3,073,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.