Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Nou kom ons met baie slegte nuus – ons het nog 8 Zet episodes opgespoor, maar dis nie Zet soos julle hom ken nie. Iemand het met die resep van die original hit gaan staan en fok. Jy sal sien wat ek bedoel. Vat jou pak maar soos ‘n man…
Zet en Fix hou konsert
In hierdie eerste episode van die “nuwe” Zet, maak ons kennis met Fix – Zet se nuwe engelse marabs tjommie wat wel Afrikaans praat. maar met ‘n 1% askent wat my laat dink aan ‘n boet van Fourways wat draks push by Billy The Bums. Dan is daar ‘n nuwe goose, Mary-Anne om bietjie kleur in die progam in te bring. Jirre, die 90s was dik obvious gewees. Anyway, in hierdie episode hou Zet en Fix ‘n konsert vir Mary-Anne en Zeti en dis poes fokken lame. Ek wonder wat met ou ‘Fix’ se acting career gebeur het. Weet iemand wat die ou se regte naam is en wat hy deesdae doen?
Watkykjy staan op 3,055,945 post views in totaal sedert 1 November, 2019.