Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Nou kom ons met baie slegte nuus – ons het nog 8 Zet episodes opgespoor, maar dis nie Zet soos julle hom ken nie. Iemand het met die resep van die original hit gaan staan en fok. Jy sal sien wat ek bedoel. Vat jou pak maar soos ‘n man…
Zet and Fix records a song
So jy was dalk bietjie ge-fokken baffle deur die Engelse intro van die “nuwe” Zet. Vandag se episode is in Engels en Zet en sy tjommie Fix record ‘n song. In die eerste episode het hulle konsert gehou, so ek wonder hoeveel keer ons nog Fix se ‘talent’ sal moet verduur. Wat ‘n fokop. O ja, die titel moet ook eintlik wees “Zet and Fix record a song” but I guess de Afrikaans peoples what worked on this vertaling are delicious speakers of de forrin tale.
Watkykjy staan op 3,073,771 post views in totaal sedert 1 November, 2019.