As jy hierdie langnaweek op soek is na ‘n reeks om te stream wat regtig fokken out there is, klap Yellowjackets! Dit word nou wel geklassifiseer as ‘n horror, maar dis meer van ‘n moerse thriller mystery met geloofwaardige elemente van horror, hier en daar. Die klem is meer op die mystery-aspek want jy gaan in elke epsiode wonder: “Waddefok gaan nou aan? Waddefok gaan volgende gebeur?”. Ek het nog een episode uit die 10 oor om te kyk (na ek dit gister vir die eerste keer begin kyk het) en ek kan nie wag om te sien waddefok actually aangaan nie, so moenie worry nie, ek gaan fokol spoilers hier drop nie, net die trailer en so paar kiekies van die show. Moet ook fokken glad nie gaan opsoek oor die reeks elders online nie, want die interwebs is besaai met theories en spoilers.
Hier is moerse kortlikse en ‘n baie kriptiese opsomming van die breër vibe van die storie sonder om enige iets weg te gee:
‘n Moerse talentvolle hoërskoolmeisiesokkerspan, genaamd die Yellowjackets, word die (un)lucky survivors van ’n vliegtuigongeluk diep in die Kanadese wildernis. Dis ‘n epic survival-storie maar ook terselfde tyd ‘n coming of age verhaal in die vorm van ‘n psychological horror. Die timeline spring rond tussen die hede en die verlede en fokus op hoe die oorlewendes met hulle lewens moet deal, 25 jaar na ‘n klomp horrible kak met hulle gebeur het. Dit is duidelik dat die verlede hulle nie wil uitlos nie, en dat nie een van die girls nog naastenby naby aan closure is nie:
In both its flashbacks to the team’s desolate hell on earth and the almost bleaker present, Yellowjackets presents realities so taut with tension they seem likely to snap at any given moment. Don’t be fooled by its teen show trappings: Yellowjackets is a pitch black parable of human desperation that will creep its way under your skin given the chance!
Dit voel vir my soos ‘n weird mix tussen Lord of the Flies, Mean Girls, Desperate Housewives, Lost en die actual ware lewensverhaal van die Uruguayan rugbyspan wat in 1972 in die Andesgebergtes neergestryk het. By the way, daai storie is truly fokken horrific! Ek het so bietjie in my mond opgegooi toe ek vanoggend bietjie daaroor gaan oplees het…
Yellowjackets spog met ‘n moerse lekker cast in die vorm van Melanie Lynsky (Mom, Don’t Look Up), Juliette Lewis (Filthy Rich, I Know This Much is True) , Christina Ricci (Bel Ami, The Matrix Resurrections) , Tawny Cypress (The Equalizer, Billions, Lincoln Rhyme: Hunt for the Bone Collector) , Ella Purnell (Army of the Dead, Miss Peregrine’s Home for Peculiar Children) Sophie Nélisse (The Rest of Us, Transplant) en ‘n hele string ander akteurs, maar wat vir my uit die staanspoor baie opvallend was, was die moerse befokte sound track wat jou terugvat na die 80s, 90s en 2000’s. I mean jirre, hoeveel zak dink jy moes die producers van die reeks uitkak op hierdie (vyftig!!!) tunes:
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Bel-Air S1 Bel-Air is ’n herverbeelding van die gewilde sitkom Fresh Prince of Bel-Air, eerder as ’n reboot. Die nuwe weergawe draai wel steeds om die akteur Will Smith se lewensveranderende skuif van Philadelphia na die luukse Bel Air-woonbuurt in Los Angeles. Maar nou is dit alle grappe op ’n stokkie. Sien, Bel-Air is ’n dramareeks en in realisme, eerder as lawwigheid, gewortel. Dit speel immers in hedendaagse Amerika af en tydige sosiale temas word vanuit ’n Swart perspektief in oënskou geneem. Die reeks spruit uit die gelyknamige kortfliek wat in 2019 vrygestel is, met die nuweling-akteur Jabari Banks as Will. Lees verder |
||
Poena In 2007, het ons die eerste keer vir Poena Pieterse in die ikoniese fliek Poena is Koning ontmoet. En toe het hy in 2020 in die TV-fliek, Poena, teruggekeer, asook in 2021 in die TV-fliek, Poena en Poenie. In dié komediereeks van 13 episodes ontmoet ons vir Poena (Robbie Wessels) wat sy werk as ’n sanger op ’n plesierboot verloor het. Nou woon hy saam met sy werklose nefie, Poenie (Kaz McFadden), by sy oupa Poen (At Botha). Ook saam in die huis is Coco de Kok (Liane Heyl) en haar dogter Chanel (Lauren Botha). Jy kan jou mos net indink die chaos wat in daai huis afspeel… Lees verder |
||
The Ultimatum: Marry or Move On In The Ultimatum het ses paartjies het ’n ongemaklike dooiepunt in hul verhoudings bereik. Een maat wil trou, die ander maat voel weer louwarm oor die idee. Die ultimatum van die titel word dan gestel: oor agt weke móét die huiweriges besluit of hulle gaan bly of ry. Terwyl die paartjies besluit of hulle die knoop gaan deurhak, al dan nie, moet hulle ook ’n potensiële maat uit een van die ander paartjies kies. Die idee hiermee is om te sien hoe ’n lewe met iemand anders dalk kan lyk. Lees verder |
||
Hotel S1-5 Die vyfde en finale seisoen van die lag-uit-jou-maag-uit Afrikaanse sitkom, Hotel, se heel heel heel heeeeeel laaste episode (snik) is einde-Maart op DStv uitgesaai. Maar daar is darem ’n troosprys – al vyf seisoene is nou op Showmax beskikbaar. Die storie speel af by die fiktiewe (super-substandaard) Fransen Hotel in die ewe fiktiewe dorpie van Fransenberg in Mpumalanga. Eens op ’n tyd was dié hotel die dorp se trots. Nou…not so much. Tog probeer die koddige groep (baie onbekwame) personeel hul bes om die hotel se deure oop te hou. Lees verder |
|
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
|
|
Bridgerton S1-2 Maak jou maar gemaklik – as jy eers begin kyk, gaan jy wil klaar kyk. Bridgerton is nie stroperige nonsens-televisie nie, maar dit het wel dieselfde tipe stickiness wat maak dat “net nog een episode” op ’n deurnag binge-sessie uitloop. Romanse, skandale, en skinderbekke. Die periodedramareeks Bridgerton het immers al die regte bestanddele vir ’n TV-wenresep. Lees verder |
||
Suidooster S1-8 Suidooster draai om die mense van ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch. Ruiterbosch is ’n fiktiewe Kaapse voorstad waar verskillende gesinne in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys is al in mekaar se besigheid in… Só is daar nooit ’n tekort aan skinner en drama nie. Die sepie het in 2015 met net drie episodes ’n week begin, en gaan sedertdien van krag tot krag. Sedert 2017 word daar nuwe episodes van Maandag tot Vrydag uitgesaai. Lees verder |
||
Recipes for Love and Murder S1 Recipes for Love and Murder, wat in Suid-Afrika en Skotland verfilm is, is ’n gesamentlike produksie deur M-Net, AMC Networks se Acorn TV, Both World Pictures en Global Screen. As een van Tannie Maria, se korrespondente dood aangetref word, is sy vasbeslote om dié raaisel op te los. Sy span kragte saam met haar kollega, Jessie September (Kylie Fisher), ’n rookie-joernalis wat vir baie kans sien, om die skuldige in hul klein Karoo-dorpie, Eden, op te spoor. Lees verder |
||
Formula 1: Drive to Survive S1-4 Formula 1: Drive to Survive is ’n adrenalienbelaaide dokumentêre reeks wat sedert die eerste seisoen in 2019 ’n ongekende agter-die-skerms blik op die wêreld se top-jaers gee soos hulle in die Formule Een-wêreldkampioenskap meeding. Die reeks sluit onder meer onderhoude en eksklusiewe beeldmateriaal in. Die vierde seisoen is vanaf 11 Maart 2022 op Netflix beskikbaar. Hierdie keer draai dit veral om die konflik en drama wat tussen Mercedes se Lewis Hamilton en Red Bull se Max Verstappen tydens die 2021-seisoen afgespeel het. Lees verder |
So paar lekker kiekies uit Yellowjackets season 1:
[slider animation=”fade, slide” slide_time=”4000″ slide_speed=”500″ slideshow=”true” random=”true” control_nav=”true” prev_next_nav=”true” no_container=”true”]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-1.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-2.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-3.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-4.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-5.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-6.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-7.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-8.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-9.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-10.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-11.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-12.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-13.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-14.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-15.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-16.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-17.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-18.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-19.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-20.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-21.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-22.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/04/Yellowjackets-Watkykjy-23.jpeg” alt=”Alt Text” type=”thumbnail”] [/slide]
[/slider]
Watkykjy staan op 3,055,932 post views in totaal sedert 1 November, 2019.