Bel-Air se eie ooorsprongstorie is omrent net so insiprerend soos Will Smith se reis na roem en rykdom. Ek praat nou nie van die script of content nie van Bel-Air nie, maar eerder die wyse waarop die reeks in die lewe geroep is. Meer as twintig jaar nadat The Fresh Prince of Bel-Air tot ‘n einde gekom het, het ‘n super fan van die reeks, Morgan Cooper, ‘n trailer van oor die drie-en-‘n-half minute gedrop op YouTube. Dit was sy self-funded veronderstelling van wat sou gebeur het as Will Smith die reeks in 2019 sou herskep as ‘n drama. Dit het dadelik viral gegaan en Will Smith se production company, Westbrook Studios het Cooper binne 24 uur gebel om so bietjie te gesels. Hierdie tipe kak gebeur amper fokken nooit nie. Will Smith tune:
“When I first saw the Bel-Air trailer, I was on the floor. Duh! For twenty years I had been trying to figure out how to make a way back into that world, but the idea of shifting from sitcom to drama, while still staying in the same lane of the ideas and the concept? … I was like, ‘Yo, that’s an idea that is brilliant… the dramatic version of The Fresh Prince for the next generation… Who’s this dude? This dude’s a genius. Get him here immediately.”
Hier is die fan-made trailer van 2019:
En so het ‘n Hollywood fairytale vir ‘n nobody begin met ‘n bidding oorlog wat eventually deur NBCUniversal se streaming service, Peacock gewen is. en sommer vir twee seasons ge-sign het. Cooper het toe sommer ook die pilot direct en word ge-credit as co-creator. Ka-ching! Vir Will Smith is die storie steeds moerse intens en persoonlik:
“We get to go back to the beginning and start talking about my real experiences. For example, for me, I moved to LA and started The Fresh Prince – and all of my friends started getting killed and going to jail. The escape that I made from it, in real life, was the escape that Will made in the show. Was I going to be that same statistic, or was I going to do and be something different?”
Mens kan glad nie die oorspronklike met die nuwe reeks vergelyk nie. Laat oom Will self verduidelik:
“As funny as the episodes are, there was a whole other layer that you couldn’t do. What I’m most excited about, and what really clicked in my mind when I saw the trailer that Morgan did, is the concepts in The Fresh Prince of Bel-Air, reimagined as a drama. Like, a real kid, from West Philadelphia, modern-day? A Black family in Bel-Air? The Carlton character, a Black, young Republican, modern-day? The heat that would be stirred up between these characters! Like, what’s the Hilary character in a world of Instagram and social media? Uncle Phil, a Black lawyer-turned-judge, today, with young Black kids coming before him? Aunt Viv, a professional woman that decided to raise her family and, now that her kids are older, is making her way back… what is her life going to be? All of that stuff is so rich. The dramatic version of these ideas means you can use existing storylines, but it’s not going to seem like you’re redoing an episode, because the storyline’s going to be brand new from the dramatic perspective.”
Will het natuurlik ‘n fiktiewe weergawe van homself in die oorspronklike komediereeks gespeel en groentjie akteur Jabari Banks neem die leisels oor in Bel-Air. Die res van die Banks-familie word opgemaak deur Cassandra Freeman (Inside Man) in die rol van Aunt Viv, Adrian Holmes (Arrow, Supernatural) as Uncle Phil, Coco Jones as Hilary, Akira Akbar (Captain Marvel, Good Trouble) as Ashley, Olly Sholotan (Run Hide Fight) as Carlton en Jimmy Akingbola (Arrow) as Geoffrey.
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Bel-Air S1 Bel-Air is ’n herverbeelding van die gewilde sitkom Fresh Prince of Bel-Air, eerder as ’n reboot. Die nuwe weergawe draai wel steeds om die akteur Will Smith se lewensveranderende skuif van Philadelphia na die luukse Bel Air-woonbuurt in Los Angeles. Maar nou is dit alle grappe op ’n stokkie. Sien, Bel-Air is ’n dramareeks en in realisme, eerder as lawwigheid, gewortel. Dit speel immers in hedendaagse Amerika af en tydige sosiale temas word vanuit ’n Swart perspektief in oënskou geneem. Die reeks spruit uit die gelyknamige kortfliek wat in 2019 vrygestel is, met die nuweling-akteur Jabari Banks as Will. Lees verder |
![]() |
|
Heels S1 Ons ontmoet Arrow se Stephen Amell as Jack Spade, ’n sogenaamde heel in die plaaslike stoeiliga in Duffy, Georgia. ’n Heel is stoeitaal wat na die “skurk” in die kryt verwys. Sy jonger broer, Ace (Alexander Ludwig), is weer ’n face – die held. Dié tweestryd speel binne en buite die stoeikryt af. Die broers kry ook stry oor hul oorlede pa se nalatenskap. As die hoof van die plaaslike stoeiliga, het King Spade destyds saam met sy vyand in die ring – Wild Bill Hancock – week ná week skares gelok. Maar daai gloriedae is lank reeds verby. Met Jack aan die stuur, is kaartjieverkope karig en hy sukkel om sy gesin te onderhou. . Lees verder |
![]() |
|
Vikings: Valhalla Dit vertel oor die heldhaftige avonture van die beroemdste Vikings wat ooit geleef het, soos die legendariese ontdekkingsreisiger Leif Eriksson (Sam Corlett), sy vurige en koppige suster Freydis Eriksdotter (Frida Gustavsson), en die ambisieuse prins Harald Sigurdsson (Leo Suter). Spanning tussen die Vikings en die Engelse koninklikes bereik ’n bloedige breekpunt terwyl die Vikings ook onder mekaar stry kry oor hul botsende geloofsoortuigings. Soos die History Channel se reeks, word drama en aksie met die geskiedenis van die Vikings vermeng. Maar, dié reeks is egter eenvoudiger in hoe die verskillende storiedrade verweef word. Lees verder |
![]() |
|
The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story Hannah Cornelius en haar vriend, Cheslin Marsh, beide Maties-studente op Stellenbosch, is op 27 Mei, 2017 buite Cheslin se woonstel in haar blou Citi Golf aangerand. Cheslin het erge kopbeserings opgedoen, maar het wonderbaarlik oorleef nadat hy vir dood agtergelaat is. Hannah is egter in haar Golfie ontvoer, en later om die beurt verkrag en wreed vermoor. Die fliek se regie is deur die joernalis Anthony Molyneaux wat slim van kringtelevisie-beeldmateriaal van die aand gebruik maak. Daar is ook beeldmateriaal van die gedenkdiens en die hofsaak wat sou volg. En dan, natuurlik, is daar ook Cheslin se vertelling van wat hy van die aand kan onthou. Lees verder |
![]() |
|
This Is Going to Hurt Die Britse komedie-drama, This Is Going to Hurt, is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir. Dit volg sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se (chaotiese) verloskunde- en ginekologie-afdeling. Dit is wel ’n fiktiewe vertelling, so sommige van die uitbeeldings van sy alledaagse ervarings moet liefs met ’n knippie sout geneem word.Die hoofrol word deur Ben Whishaw vertolk. Whishaw is bekend vir sy rolle in Fargo, as Q in die James Bond-flieks Spectre en No Time to Die, en Mary Poppins Returns. Daar’s dae waar slaap ’n mite is, pasiënte onverwags sterf, en persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan knak. Lees verder |
![]() |
|
Bridgerton S1-2 Maak jou maar gemaklik – as jy eers begin kyk, gaan jy wil klaar kyk. Bridgerton is nie stroperige nonsens-televisie nie, maar dit het wel dieselfde tipe stickiness wat maak dat “net nog een episode” op ’n deurnag binge-sessie uitloop. Romanse, skandale, en skinderbekke. Die periodedramareeks Bridgerton het immers al die regte bestanddele vir ’n TV-wenresep. Lees verder |
![]() |
|
Somebody Somewhere S1 Sam keer dan terug na haar tuisdorp, maar sy sukkel om in te pas… Totdat sy besef dat wat sy eintlik nodig het, is om uit te staan. Sam vind dan haar redding in sang en ’n kring buitestaanders wat soos sy nie in die “tradisionele” rolle in die samelewing inpas nie. Saam-saam hou hulle moed hou en floreer. Die komedie-drama, wat ook deur Everett (Unbelievable, Inside Amy Schumer) vervaardig is, het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Die kritici se konsensus lui: “Somebody Somewhere, gelei deur ’n boeiende Bridget Everett, verken die menslike ervaring met teerheid, grasie en warmte.” Lees verder |
![]() |
|
Recipes for Love and Murder S1 Recipes for Love and Murder, wat in Suid-Afrika en Skotland verfilm is, is ’n gesamentlike produksie deur M-Net, AMC Networks se Acorn TV, Both World Pictures en Global Screen. As een van Tannie Maria, se korrespondente dood aangetref word, is sy vasbeslote om dié raaisel op te los. Sy span kragte saam met haar kollega, Jessie September (Kylie Fisher), ’n rookie-joernalis wat vir baie kans sien, om die skuldige in hul klein Karoo-dorpie, Eden, op te spoor. Lees verder |
![]() |
|
Formula 1: Drive to Survive S1-4 Formula 1: Drive to Survive is ’n adrenalienbelaaide dokumentêre reeks wat sedert die eerste seisoen in 2019 ’n ongekende agter-die-skerms blik op die wêreld se top-jaers gee soos hulle in die Formule Een-wêreldkampioenskap meeding. Die reeks sluit onder meer onderhoude en eksklusiewe beeldmateriaal in. Die vierde seisoen is vanaf 11 Maart 2022 op Netflix beskikbaar. Hierdie keer draai dit veral om die konflik en drama wat tussen Mercedes se Lewis Hamilton en Red Bull se Max Verstappen tydens die 2021-seisoen afgespeel het. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,110,953 post views in totaal sedert 1 November, 2019.