Op skool het ons aardrykskunde-onnie in Vereeniging ons dit probeer wysmaak dat die Karoo teen die jaar 2030 tot op Sasolburg se drempel sou strek. Hierdie “feit” was nêrens in ‘n handboek opgeteken nie en die meneer was wel ‘n uitstekende arries-onnie, so sy gesaghebbende woord was noodgedwonge as wet aanvaar. Deesdae kan mens gelukkig behoorlike navorsing doen en alles bevraagteken, so laat my toe om self so vyf groot feite aangaande die magte en misterieuse Namib met julle te deel. Ons was lanklaas saam skool toe…
Welkom in Ongenaakbaarville
Die uitsonderlike Portugese ontdekkingsreisiger, Diogo Cão (ook bekend as Diego Cam) het in 1486 (400 jaar voor die ontdeking van goud in Johannesburg) ‘n kort rukkie by die Skedelkus aan wal gegaan. Hy en sy gabbas het ‘n moerse kruis opgerig met die Portugese wapen daarop gegraveer, soos dit maar gebruiklik was terug in daardie dae met Europsese pioniersreisigers wat alles wat leef en beef geannekseer, genaai of opgefok het. Dit was egter soos om ‘n persoonlike nommerplaat op ‘n sportskar te plak wat jy nie ken of kan beheer nie, want die Namib se skrikwekkende sandduine en ongenaakbare klimaat het die manne in hul wye matroosbroeke laat kak en vinnig laat omdraai. Hulle is vort see se kant toe, maar nie voor Diogo die gebied as die Hekke van die Hel verklaar het nie. Vandag ken ons hierdie uitgestrektheid van stygende en dalende sandduine as die Skedelkus – so genoem vanweë die dieregebeentes (veral walviskarkasse) wat die kuslyn besaai en nagenoeg ‘n duisend geroeste skeepswrakke wat die storie verder inkleur en mens dalk met meer vrae as antwoorde los. Die skepe se lot was moontlik oorgelaat aan die rowwe kus wat dikwels in digte mis gehul was – enige ervare kaptein van daardie era se fokken nagmerrie. Selfs die plaaslike San-mense het die streek “die land wat God in woede gemaak het” gedoop. Die Skedeluks strek vanaf suidelike Angola tot sentraal-Namibië. Alhoewel dit klink soos die film Dune se eksposisie, (minus die poesgroot sandwurm) is die Skedelkus ook een van die beste plekke op die planeet vir surfing en strandhengel vir steenbras, kabeljou, swartstert en galjoen.
O stuur ons net so bietjie reën
Laurika Rauch sal so paar ekstra versies moet byskryf vir Stuur Groete aan Mannetjies Roux as sy sou besluit om vir so paar jaar in die Namib te gaan bly. Die droogste gedeelte van die Namib kry gemiddeld slegs 2mm reënval per jaar. Sommige jare kry die woestyn ‘n ronde nul millimeter reên en dan word daardie nul se buitelyne sommer ook uitgevee. Maar sal jy nou glo, dat daar diere soos springbokke, oryx, zebra’s, jagluiperds, heyenas, volstruise en dies meer in hierdie onherbergsaamheid floreer? Nooit, my ou!
Jy kry sand,en jy kry sand! Almal kry saaaand!
Kyk, ons weet nou die Namibwoestyn is een van die droogtse plekke op ons planeet maar dit is ook fokken huge! Hierdie skynbare Marslandskap word opgemaak deur reuse duine, gruislvaktes en gebergtes wat ‘n oppervlakte van 81,000 vierkante meter beslaan en vir meer as 2,000km oor drie lande strek vanaf Angola se suide deur Namibië tot in Suid-Afrika se noorde. Om jou ‘n beter idee van die absolute grootstheid te gee, is die woestyn met sy amper niks mense, min of meer 3,000 vierkante meter groter as die Tsjeggiese Republiek met sy amper 11 miljoen mense.
Oudstes en enigstes
Kom ons kyk gou na die 7 oudste woestyne ter wêreld. Ons skop af met die Taklakanwoestyn in die noordwestelike streek van Sjina wat ‘n skamele 5.3miljoen jaartjies oud is.
Kort op sy hakke volg die Saharawoestyn in noordeliike Afrika wat 7 miljoen jaar oud is.
Die Atacamawoestyn in Chile word geskat op tussen 10 en 15 miljoen jaar oud.
Jy sal dalk nie kon raai dat Antarktica ‘n woestyn is nie, maar dit word as een geklassifiseer omdat hierdie oupa van 15 miljoen jaar, amper fokol reën ontvang nie.
Die meeste wetenskaplikes het dit eens dat die Gobi-woestyn gevorm het toe die Himalaja-bergreeks en die Tibetaanse plato sowat 45 miljoen jaar gelede vorm aangeneem het. Die Kalahariwoestyn is soortvan in tweede plek met ‘n ouderdom van 60 miljoen jaar maar dit word nie as ‘n opregte woestyn in die ware sin van die woord beskou nie, aangesien dit aansienlik meer reën ontvang as “regte” woestyne. Dit is dus meer van ‘n ere-woestyn. Of soos ‘n poedel wat jy skeer en try spray paint om soos ‘n Rottweiler te lyk.
Die Namibwoestyn is uit-en-uit die wenner vir die oudtste woestyn ter wêreld wat geskat word op ‘n ouderdom van tussen 55 en 80 miljoen jaar. Om jou ‘n beter idee te gee – dis rofweg hoe lank dit vir Suid-Afrika gaan neem om ontslae te raak van loadshedding en korrupte kontkoppies.
Die Groot Niks
In Nama-taal beteken die woord “namib” letterlik “die groot niks”. “Die Groot Niks” is dus die perfekte naam vir die splinternuwe reeks wat op Saterdae om 18:00 op kykNET uitsaai en ook op DStv CatchUp beskikbaar is. Hierdie asemrowende “groot niks” word van nader bekyk deur aanbieder en internasionale beroemde akteur (en vir ‘n geruime tydjie reeds ‘n Hollywood-gunsteling), Neil Sandilands. Sy musiek dra ook grootliks by tot die kykgenot van die reeks.
Volgens Neil het daar so paar interessante dinge gebeur tydens verfilming:
Hulle gidse, Johnny en Good Boy ken die woestyn beter as enige iemand anders en hulle was die enigste drywers en lede van die span wat nie eer eenkeer vasgesit het om ‘n duin met ‘n vietrekvoertuig nie.
- Neil en kie het twee keer op bruin hyenas afgekom in die middel van nêrens nie, ‘n besondere rare verksynsel. Hy het egter nie genoem of die kameras betyds was om die outjies te vang nie.
- Mans brag graag gereeld om die braaivleisvuur oor “die een wat weg gerkom het” maar in Neil se geval was die kameras by al drie geleenthede aan die rol toe hy ‘n steenbrassie uitgepluk het!
- Jakkalsies het twee aande in ‘n ry met iemand van die produksiespan se Crocs verdwyn. Hulle moes elke oggend die jakkalsies se spoortjies volg en nogal ver loop om dit elke keer te gaan optel. Die rede hoekom die Jakalsies nie die Crocs al die pad weg gedra het huis toe nie, is omdat jakalsies selfrespek het. Weet jy hoekom het Crocs gate? Dis waar die selfrespek uitloop…
Gaan kokkenodge vir jouself!
As daar nou een ding is wat jy moet doen voor jy die emmer ‘n duik skop, is dit om die Groot Niks in persoon te gaan besoek. Ekself was op so amazing trip deur die Namib gewees omtrent so 4 jaar gelede. My tjommie het van Los Angeles af kom kuier en getune hy wil woestyn toe gaan en sy tjello saamkarring en jol in die middel van nêrens. Hoekom? Want net fokken sommer. Ons het sy huurkar gelaai (Toyota Rav4’s is kakstadig, by the way), ons paspoorte gegryp, die pad gevat en 100% fokol beplan vir die trip nie. Ons het shit maar uitge-fiure soos ons ge-travel het en amazing mense tydens ons jounrey ontmoet. So het dit ook gebeur dat ons paaie gekruis met Hein Truter van Skeleton Coast Adventure Tours – ‘n bra wat legit sy shit ken. Dit maak nie saak wat jou planne is met die woestyn nie – of dit nou 4×4, dune surfing, visvang of what-what is – Hein is die enigste ou wie jy hoef te kontak! Tune hom Griffin het jou gestuur. Maybe gee hy jou discount of iets?
Ek gaan my bes probeer om so gou as moontlik weer terug te gaan. Hierdie keer met my vrou en sonder ‘n tjello. Kyk die recap van ons avontuur hieronder as jy wil. Dit doen die Namib eintlik glad nie justice nie, maar in ons defense het ons nie Neil Sandilands se befokte kameraspan gehad nie. Die Groot Niks wat deur hom aangebied skets ‘n baie mooier prentjie…
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie
Watkykjy staan op 3,084,296 post views in totaal sedert 1 November, 2019.