Jy sal altyd daardie crowd kry wat hulself as puriste ag wanneer dit kom by adaptations van van movies en TV-reekse. Jy ken die drill: dis daardie “die boek was baie beter as die movie” lyntjie wat ons meer as gereeld in ‘n aanstellerige, hoogmoedige toon moet hoor. Jy kry dit ook nou onder gamers, maar wanneer ek hulle griewe raaklees, hoor ek hulle stemme in ‘n effens hoër pitch, meer whiney en nou en dan klink dit in my kop soos ‘n 13-jarige laitie se stem wat so wil-wil breek. Die jongste adaptation wat bakoond by die kinders kry, is die nuwe reeks, Halo wat 24 Maart wêreldwyd begin uitsaai het.
Hier is so paar van die verontwaardigde Amerikanertjies se “reviews”:
“It is obvious that they want to exploit a beloved gaming franchise to push an agenda and make a profit.” – Ja, Sakkie, daar is altyd ‘n agenda, hoor. Maar ek dink nie jy verstaan die woord so lekker nie. Gebruik dalk eerder “goal”, want hulle dit beslis nie gemaak om geld te verloor nie. Agenda is sulke AfriForum conspiracy woord, hoor?
“I have waited 20 years for this to happen and now that it has, I wish it never did. I don’t think one person in the decision making process ever played the games” – In die eerste plek is dit fokken sad dat mens 20 jaar wag lank wag vir jou gunsteling (neem ek nou maar aan) game om in ‘n reeks verander te word. Imagine hulle het die reeks uitgebring ‘n maand na die game 20 jaar gelede. Jirregod, imagine die kak graphics en storielyn? Mens wag dalk 20 jaar lank om vir die eerste keer te naai, maar nie vir ‘n TV reeks nie, ou. In tweede plek is ek seker dat ten minste een persoon in die besluitnemingsproses die gamge gespeel het, of gekyk het hoe iemand die game speel, nie dat dit enigsins ‘n vereiste behoort te wees nie. Hoekom moet mens altyd terug game toe fok?
Of wat van hierdie super dramatiese “I deleted my account and went for a walk”. Haha! Jirre, jy het hulle nou gewys, hoor boetman! Betaal pappa vir jou account? Ek wonder hoe ver die bra gaan stap het? Stap hy gereeld? Fok, ek hoop so. Amerikaners is mos vetties.
Daar gaan nog poesbaie opinies uitkom, want die Halo game het teen Februarie 2021 ongeveer 81 miljoen copies verkoop. 81 miljoen puisiegevrete gaan dus moontlik die reeks kyk en opinies hê. Opinies is mos soos assholes. Dis vol kak. Ha!
So hoekom like die kinders nie die adaptation nie?
Die sentrale fokus van die game se franchise bou voort op die wedervaringe van Master Chief Sierra-117 “John”, een van ‘n groep cybernetically enhanced supers soldiers met die codename Spartans, en sy artificial intelligence tjommie, Cortana. Hierdie hardcore mafakkas moet saamstaan en alles in hulle vermoë te doen om die mensdom teen ‘n universele bedreiging te beskerm – ‘n konterige alien race wat bekend staan as The Covenant. So daar is good guys en daar is bad guys soos met enige movie of game. Wanneer jy ‘n game jol, speel jy amper altyd die rol van die good guy. Die held wat al die kak fix. Dis lekker om die good guy te wees, want wanneer jy jou controller neesit om die gaan piepie of om ‘n glas pienk Nesquik te kry, is jy maar net weer ‘n whiney human being gamertjie wat die regte wêreld moet trotseer.
Dat die script van ‘n movie of ‘n TV reeks moontlik sal verskil van ‘n game se plot, is ‘n total given. Wat die kinders soek is ‘n run-of-the-mill Master Chief vs. the Covenant storie en dis nie wat hulle gekry het nie, want die reeks skyn meer van ‘n lig op die back story en hoe kakkerige die mense is. Die reeks skop sommer af met die feit dat die Spartans total human rights violators is. Sulke vuikgat heros. Gamers is dus disappointed dat die good guys nou ge-taint is. Die grootste gripe wat die gamers egter het, is ‘n fokken weird en petty een: die feit dat Master Chief sy helmet afhaal en nou kan almal fokken sien hoe sy gesig lyk. Liewe jirre man, mag die man dan nie ‘n gesig hê nie? Hoe met hy eet of soen of naai? Of slaap? Gaan kyk hy met sy helmet aan? Soek jy Power Rangers 24/7?
Kom ons gee sommer vir almal maskers, dan hoef niemand te act nie en dan voel dit sommer ook soos ‘n game wat jy op jou TV kyk.
Kyk en besluit self. Die eerste 2 episodes is reeds uit. Daar is selfs ‘n Suid-Arfikaanse connection of twee.
Met die Suid-Afrikaanse blockbuster director, Jonathan Liebesman (Teenage Mutant Ninja Turtles) onder die span directors, feature Halo die Emmy-benoemde Bokeem Woodbine (Fargo, Spider-Man: Homecoming), multi-award wenners, Charlie Murphy (Peaky Blinders, Happy Valley) en Shabana Azmi (Fire), asook Danny Sapani (Killing Eve, Harlots).
Hierdie was ook nie die eerste poging om Halo aan te pas nie. Universal en Fox sou in 2005 saamgewerk het aan ‘n movie version wat Neil Blomkamp sou direct het, en Peter Jackson sou produce het. Microsoft (eienaar van Halo) het egter ‘n moerse lang lys van kreatiewe en finansiële demands gehad wat kostes aansienlik laat styg het en daai vibe kon nie destyds gebeur nie. Ten minste kon Blomkamp 4 jaar later District 9 uitbring met ‘n groot gejuig.
Ekself het nog nooit die game gejol nie. Ek het so twee weke terug ‘n nuwe X Box Series X console gekoop en ek pass my Series S aan na my swaer se laities toe. Van wat ek sover op YouTube sien, lyk die game absoluut fokken piele, so ek sal hom solank install. Dit lyk my dit kom verniet saam met Xbox Game Pass so dis ‘n huge bonus. Intussen gaan ek dinge andersom doen en eers die reeks begin kyk voor ek die game aanpak. Wie weet, dalk verander ek ook in ‘n huilerige oorgewig puisiegevreet Amerikaner wat tjank omdat die hoofkarakter durf om ‘n gesig te hê!
As jy die eerste twee epsiodes van Halo geniet en jy kan nie wag om jou fix van sci-fi te kry nie, kyk gerus sommer ook Raised by Wolves – dis ‘n fantastiese reeks en daar is sover 18 episodes om te binge met nog op pad!
(check gerus Halo se trailer uit hierdoner en laat weet in die comments wat jy van die a) game b) die reeks dink.)
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Halo Hoewel jy dalk (lees: definitief) gaan sukkel om kop of stert van die TV-weergawe van Halo uit te maak as jy nie met die speletjie vertroud is nie, is daar wel ook verskille tussen die twee uittogte. Die belangrikste hiervan: die TV-weergawe het sy eie tydlyn. Dit staan dus los van die oorspronklike speletjie en al dié se suksesvolle spin-offs. So, hou moed! As dit jou eerste bekendstelling aan Master Chief en sy soldaatbende is, sal kophou – en uithou – wél vrugte werp. Lees verder |
|
|
This Is Going to Hurt Die Britse komedie-drama, This Is Going to Hurt, is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir. Dit volg sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se (chaotiese) verloskunde- en ginekologie-afdeling. Dit is wel ’n fiktiewe vertelling, so sommige van die uitbeeldings van sy alledaagse ervarings moet liefs met ’n knippie sout geneem word. Die hoofrol word deur Ben Whishaw vertolk. Whishaw is bekend vir sy rolle in Fargo, as Q in die James Bond-flieks Spectre en No Time to Die, en Mary Poppins Returns. Daar’s dae waar slaap ’n mite is, pasiënte onverwags sterf, en persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan knak. Lees verder |
||
Vikings: Valhalla Dit vertel oor die heldhaftige avonture van die beroemdste Vikings wat ooit geleef het, soos die legendariese ontdekkingsreisiger Leif Eriksson (Sam Corlett), sy vurige en koppige suster Freydis Eriksdotter (Frida Gustavsson), en die ambisieuse prins Harald Sigurdsson (Leo Suter). Spanning tussen die Vikings en die Engelse koninklikes bereik ’n bloedige breekpunt terwyl die Vikings ook onder mekaar stry kry oor hul botsende geloofsoortuigings. Soos die History Channel se reeks, word drama en aksie met die geskiedenis van die Vikings vermeng. Maar, dié reeks is egter eenvoudiger in hoe die verskillende storiedrade verweef word. Lees verder |
|
|
Vigil S1 Speurder Amy Silva (BAFTA-wenner Suranne Jones van Gentleman Jack) en Speurder Kirsten Longacre lei die ondersoek ter see én op land. Terwyl Silva sukkel om samewerking van die Vigil se bemanning te kry, kry die kyker ’n blik op haar verlede wat in sarsies via terugflitse gedeel word. Nes Silva ter see, besef Longacre gou dat die bemanningslid se moord net die oortjies van die seekoei is. Mettertyd ontdek hulle saam-saam ’n sameswering wat tot in die oppergesagte van Brittanje se nasionale veiligheid-afdeling strek. Lees verder |
|
|
This Is Going to Hurt Die Britse komedie-drama, This Is Going to Hurt, is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir. Dit volg sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se (chaotiese) verloskunde- en ginekologie-afdeling. Dit is wel ’n fiktiewe vertelling, so sommige van die uitbeeldings van sy alledaagse ervarings moet liefs met ’n knippie sout geneem word.Die hoofrol word deur Ben Whishaw vertolk. Whishaw is bekend vir sy rolle in Fargo, as Q in die James Bond-flieks Spectre en No Time to Die, en Mary Poppins Returns. Daar’s dae waar slaap ’n mite is, pasiënte onverwags sterf, en persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan knak. Lees verder |
|
|
Bridgerton S1-2 Maak jou maar gemaklik – as jy eers begin kyk, gaan jy wil klaar kyk. Bridgerton is nie stroperige nonsens-televisie nie, maar dit het wel dieselfde tipe stickiness wat maak dat “net nog een episode” op ’n deurnag binge-sessie uitloop. Romanse, skandale, en skinderbekke. Die periodedramareeks Bridgerton het immers al die regte bestanddele vir ’n TV-wenresep. Lees verder |
||
A Discovery of Witches S1-3 ʼn Historikus (en teësinnige heks) Dianna Bishop (vertolk deur Teresa Palmer) ontdek ʼn betowerde manuskrip in Oxford se Bodleaian-biblioteek. Ten spyte van die oeroue wantroue tussen hekse en vampiere, moet sy met die charismatiese vampier en genetikus, Matthew Clairmont (Matthew Goode) kragte saamspan. Palmer en Goode het onteenseglike chemistry. Daarmee saam sorg ʼn spul interessante karakters vir avontuur en romanse wat teen ʼn vinnige pas ontvou. Lees verder |
||
Recipes for Love and Murder S1 Recipes for Love and Murder, wat in Suid-Afrika en Skotland verfilm is, is ’n gesamentlike produksie deur M-Net, AMC Networks se Acorn TV, Both World Pictures en Global Screen. As een van Tannie Maria, se korrespondente dood aangetref word, is sy vasbeslote om dié raaisel op te los. Sy span kragte saam met haar kollega, Jessie September (Kylie Fisher), ’n rookie-joernalis wat vir baie kans sien, om die skuldige in hul klein Karoo-dorpie, Eden, op te spoor. Lees verder |
||
Formula 1: Drive to Survive S1-4 Formula 1: Drive to Survive is ’n adrenalienbelaaide dokumentêre reeks wat sedert die eerste seisoen in 2019 ’n ongekende agter-die-skerms blik op die wêreld se top-jaers gee soos hulle in die Formule Een-wêreldkampioenskap meeding. Die reeks sluit onder meer onderhoude en eksklusiewe beeldmateriaal in. Die vierde seisoen is vanaf 11 Maart 2022 op Netflix beskikbaar. Hierdie keer draai dit veral om die konflik en drama wat tussen Mercedes se Lewis Hamilton en Red Bull se Max Verstappen tydens die 2021-seisoen afgespeel het. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,084,461 post views in totaal sedert 1 November, 2019.