Nou dat almal van die huis af werk wonder ek of dit vir mense enigsins spesiaal is wanneer daar public holidays is. Fok, ek hoop so, veral wanneer dit kom by Werkersdag. Dis nou die een dag van die jaar waar ons getune word: “Hey bra, sit daai fokken skoffel neer en jaag ‘n skuimkoppie deur die nek. Vandag gaan ons actually for reals nie graft. Los daai getossery vir oormore.”
Ek en my goose was fokken slim gewees: Ons het tien jaar terug op die 30ste April getrou sodat ons altyd kan groot gaan met die herdenking en die volgende dag 100% kan af vat of dit nou vir hangovers of vir gees is. Ons sit nou juis en kaksleg wees op die oewers van Kaaimansrivier in ‘n dik fancy pozzie waarvan ek julle ook seker eendag sal vertel. Maybe lam jy ook iewers lekker, maar as jy Tan Tuibly se dratie kap en niks anders het om die naweek te doen nie, het ek vir jou ‘n kief idee: gaan koop ‘n kas bier of jou gunsteling bottie, so paar stukke blitong en ‘n pak tjippe of twee met ‘n voortreflike dip. Trek jou mees gemaklikste sweatpacket pant of broeknaaibroek aan, gaan maak jouself die slegste weergawe van jouself en kyk hierdie 11 absolute kakzef movies op Showmax. Zef uit en word een met jou couch…
The Dukes of Hazzard
Seann William Scott en Johnny Knoxville is die twee main mackies in die offbeat, humorous remake van die 1970’s TV-reeks wat gaan oor ‘n trop zef cuzzies but hulle plaas probeer red. Die gomgatte, Bo en Luke moet oom Jesse se kakgevaarlike moonshine aflewer met hulle poesvinnige Dodge Charger, General Lee. So draai dinge ook uit dat die booze stokers die kans staan om alles te verloor en die enigste manier om dinge uit te sort, is om die jaarlikse road rally te wen. Sal die Dukes of Hazzard hulle groot teenstanders kan opfok? Hierdie kon net sowel in Pretoria-Noord afgespeel het met brannas en ‘n warmgemaakte Ford Focus ST poeskoets.
Rating: 5.1
Vanuit die peanut gallery:
“My gosh, I can’t believe this movie is 15 years old now! I need to watch it again!”
Lethal Weapon Collection
Hierdie iconic reeks is die groot pappa van die buddy cop genre – tipies twee ouens wat mekaar haat maar moet saamwerk for the greater good of mankind. Mel Gibson en Danny Glover is natuurlik in al vier movies in die reeks te sien en hulle gaan blykbaar terugkom vir ‘n vyfde en finale movie wat glo in tans ontwikkeling is: Lethal Weapon 5: Cops met Kieries en Kak Kniegies.
In die reeks movies kry hulle te doen met dwelmsmokkelaars, maar daar is ook Suid-Afrikaanse diplomate wat hulle immunity as cover gebruik vir allerhande kriminele aktiwiteite. Jissis, ek kan nog as laitie onthou hoe hulle die K-woord drop in die movie. Ek kon dit nie glo nie en moes die VHS tape rewind: “Daai ooms praat fokken Afrikaans maar hulle klink weird, pappa!” In verdere avonture deal die duo ook met crims wat guns en ammunisie smokkel. Dan is daar ook Chinese Triads in een van die movies. Die eerste Lethal Weopon movie het basies die fondasies gegrawe vir ander bekende action movie franchises. Die Hard, anyone? Mel Gibson en Bruce Willis was actually aanvanklik vir mekaar se rolle oorweegr. Bruce sou dalk heel moontlik in Lethal Weapon gewees het (cool cool cool) en Mel Gibson in Die Hard. Goddank het dit nooit gebeur nie. Dink net hoe sou Mel die Die Hard reeks opgefok het? Wat maak hierdie movie zef? Jirre, net die feit dat Mel Gibson se kleredrag as cool beskou was op ‘n stadium, spreek moerse boekdele. Weet jy hoe poesbaie nole het soos hy probeer aantrek wanneer hulle na Kites Night Club toe was in Vereeniging met die aanbreek van die 90s? About fokken almal. En weet jy hoeveel van hulle het gescore? About niemand nie.
Rating: 7.6, 7.2, 6.7, 6.6
Vanuit die peanut gallery:
“The 80s were freaking awesome! I feel sorry for folks that didn’t experience it.”
Blade Collection
As iemand vir jou vra: “Wie dink jy is die zefste swart man daarbuite?” Behoort jy te antwoord: “Wesley Snipes!” sonder om te aarsel. Ek meen, jirre, check sy hare in Blade waarin hy ‘n half-mortal, half-vampire en kwart kont is. Die vibe is meer van ‘n zef aksiefliek as wat dit enigsins iets anders is. Die vampire tema is blote bysaak, skiem ek. Maar dis ook ‘n zef action movie wat die grootste invloed op Hollywood ooit gehad het, want wat jy dalk nie besef nie, is dat Blade op die Marvel comics reeks van dieselfde naam gebasseer is, en beskou word as die film wat die hele superhero film empire in Hollywood afgeskop het. Huge respek daarvoor, dus. Interessant genoeg was Wesley Snipes daarin geinteresserd gewees om ‘n movie adaptation van die Black Panther comics reeks te doen, toe Blade vir hom aangebied is. Ek dink hy sou ‘n piele Black Panther gemaak het, maar dan moet dit een wees wat jou af en toe vloek in Afrikaans en Zulu.
Rating: 7.1, 6.7, 5.8
Vanuit die peanut gallery:
“After watching the newest Spider-Man movie, I just wanted to come down to this section and salute this superb piece of art! Without Blade, there would never have been the great Marvel cinema-verse. Thank you Mr. Snipes!”
Mortal Kombat
Wat noem jy dit wanneer twee gingers mekaar poes? Wortel Kombat.
Mortal Kombat as ‘n game het nie vir my gewerk nie. Sure, dit was Tekken se voorganger en Tekken was al die piele, maar ek het dit super min gejol. Toe gaan verander hulle dit in ‘n movie en toe stel ek nog minder belang. Waaroor gaan dit? Drie verskillende martial arts etters word ontbied na ‘n mysterious eiland om aan ‘n gevegstoernooi deel te neem om planeet aarde te red. Like… wat?
“Right manne, staan nader. Ons gaan so bietjie mense poes om Boksburg en die grotere Benoni te red!”
Maar weet jy wat? Die movie was suksesvol, want soos Afrikaanse musiek kan getuig: Mense like van kak koop en daar is meer mense met kak smaak daarbuite as wat daar mense is met gesonde verstand. Die sound track is ook ‘n testimony hiervan: die producers wou techno gebruik vir die sound track en beide Sony en Virgin Records het hulle getune om hulle hande te loop naai. Hulle was meer lus vir Van Halen en Janet Jackson. Die producers het toe besluit om met ‘n klein onbekende company, TVT Records te gaan. Die result? Die sound track was die eerste EDM (electronic dance music) album ooit in geskiedenis van die mensdom om platinum te slaan. Afgryse. Pisgril.
Rating: 5.8
Vanuit die peanut gallery:
“I don’t care what anyone said. For a 1995 film this was pretty dam impressive. The soundtrack was also a big hit as well, and don’t lie people…. I said it once I’ll say it again, when you first saw this movie back in 1995 you were blown away by it. Maybe today the special effects don’t hold up, but the spirit of Mortal Kombat was captured in this movie. I still believe this film was the greatest video game movie ever made.”
Doom
As ek nou daaraan terugdink is dit eintlik fokken stupid hoe bang die Doom game my gemaak het toe dit in die 90s uitgekom het. Ek het geskiem die graphics is genuine tit en geloofwaardig en die klank wat die monsters maak is legit. Pfffft! Ek sal eerder hierdie movie kyk as Mortal Kombat, want daar is meer van ‘n storielyn: Dinge is nie lekker vars op Mars nie. Daar is issues by die military science base en die marines moet die kak uitsort. Daar wag egter ‘n nagmerrie op die brasse terwyl hule in ‘n futuristic level 5 lockdown sit. Wat maak die movie zef? Dwayne Johnson. Dwayne Johnson maak fokken alles zef.
Rating: 5.2
Vanuit die peanut gallery:
“This should be a game”
Fast & Furious 9: The Fast Saga
Ons het die zefste vir laaste gelos. Fast & Furious 9 of sommer net F9, soos die kanaalbabers hom roep. Het jy al F9 ge-nodge, broe? Family is alles, hoor. Alles. Wat is kakker as die slagspreuk “Family is everything!”? Probably daai hout kakkie van jou wat in chalk board paint tune: “Geloof, hoop, liefde” met ‘n windpompiemotief in die hoek. Jy het probably enetjie waarvan die letters uitgesny is in ‘n stukkie hout deur iemand met ‘n C&C cutter in die Moot. Dis ook wat Fast & Furious 10de title in Afrikaans sou heet: Vinnige Fanie: Geloof, Hoop Liefde. Maar moenie worry, Charlize Theron is daar om die movie at least so bietjie Benoni polony te voer. John Cena help ook om die zef vlag hoog te waai in een of ander hoedanigheid. In hierdie aflewering van die kar movie moet Dom (Vin Diesel) en sy crew deal met die skielike opwagting wat sy vervreemde broer maak. Ja, jy het reg gehoor, liewe gemeentelid. Dit vat fokken 9 movies vir die directors wat uit die “family is everything” bybel lees, om vir ou poesneus ‘n boetie te bou. Met die volgende aflwering gaan ons seker hoor dat Dom se kar ook ‘n fokken verlore broer het. Laat ons dan ook nie vergeet nie, broeders en susters in Christus, dat die eerste movie in hierdie franchise, The Fast & The Furious, gehandel het oor drie turfjakkalse wat vir die pote weggejaag het omdat hulle onwetig in die strate gedice het, asof hulle in Gezina by hulle ouers in ‘n woonstel bly. In hierdie movie, as I live en breathe, red hulle die entire fokken aarde. Jesus seen vir julle, boetman.
Daar is ‘n teorie daarubite wat suggureer dat die director sy latie buite met Hotwheels karretjies laat speel en dat hy hulle stilletjies afneem en notas maak en al hulle kak net so in die movie gebruik.
Rating: 5.2
Vanuit die peanut gallery:
“The amount of quick physics that Vin Diesel was able to calculate while deciding to drive off the cliff stuck to a rope is truly astounding in this documentary. Not even Iron Man with the Infinity Stones could defeat Dom. He lives his life 1/4 mile at a time.”
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Bel-Air S1 Bel-Air is ’n herverbeelding van die gewilde sitkom Fresh Prince of Bel-Air, eerder as ’n reboot. Die nuwe weergawe draai wel steeds om die akteur Will Smith se lewensveranderende skuif van Philadelphia na die luukse Bel Air-woonbuurt in Los Angeles. Maar nou is dit alle grappe op ’n stokkie. Sien, Bel-Air is ’n dramareeks en in realisme, eerder as lawwigheid, gewortel. Dit speel immers in hedendaagse Amerika af en tydige sosiale temas word vanuit ’n Swart perspektief in oënskou geneem. Die reeks spruit uit die gelyknamige kortfliek wat in 2019 vrygestel is, met die nuweling-akteur Jabari Banks as Will. Lees verder |
||
Poena In 2007, het ons die eerste keer vir Poena Pieterse in die ikoniese fliek Poena is Koning ontmoet. En toe het hy in 2020 in die TV-fliek, Poena, teruggekeer, asook in 2021 in die TV-fliek, Poena en Poenie. In dié komediereeks van 13 episodes ontmoet ons vir Poena (Robbie Wessels) wat sy werk as ’n sanger op ’n plesierboot verloor het. Nou woon hy saam met sy werklose nefie, Poenie (Kaz McFadden), by sy oupa Poen (At Botha). Ook saam in die huis is Coco de Kok (Liane Heyl) en haar dogter Chanel (Lauren Botha). Jy kan jou mos net indink die chaos wat in daai huis afspeel… Lees verder |
||
The Ultimatum: Marry or Move On In The Ultimatum het ses paartjies het ’n ongemaklike dooiepunt in hul verhoudings bereik. Een maat wil trou, die ander maat voel weer louwarm oor die idee. Die ultimatum van die titel word dan gestel: oor agt weke móét die huiweriges besluit of hulle gaan bly of ry. Terwyl die paartjies besluit of hulle die knoop gaan deurhak, al dan nie, moet hulle ook ’n potensiële maat uit een van die ander paartjies kies. Die idee hiermee is om te sien hoe ’n lewe met iemand anders dalk kan lyk. Lees verder |
||
Hotel S1-5 Die vyfde en finale seisoen van die lag-uit-jou-maag-uit Afrikaanse sitkom, Hotel, se heel heel heel heeeeeel laaste episode (snik) is einde-Maart op DStv uitgesaai. Maar daar is darem ’n troosprys – al vyf seisoene is nou op Showmax beskikbaar. Die storie speel af by die fiktiewe (super-substandaard) Fransen Hotel in die ewe fiktiewe dorpie van Fransenberg in Mpumalanga. Eens op ’n tyd was dié hotel die dorp se trots. Nou…not so much. Tog probeer die koddige groep (baie onbekwame) personeel hul bes om die hotel se deure oop te hou. Lees verder |
|
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
|
|
Bridgerton S1-2 Maak jou maar gemaklik – as jy eers begin kyk, gaan jy wil klaar kyk. Bridgerton is nie stroperige nonsens-televisie nie, maar dit het wel dieselfde tipe stickiness wat maak dat “net nog een episode” op ’n deurnag binge-sessie uitloop. Romanse, skandale, en skinderbekke. Die periodedramareeks Bridgerton het immers al die regte bestanddele vir ’n TV-wenresep. Lees verder |
||
Suidooster S1-8 Suidooster draai om die mense van ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch. Ruiterbosch is ’n fiktiewe Kaapse voorstad waar verskillende gesinne in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys is al in mekaar se besigheid in… Só is daar nooit ’n tekort aan skinner en drama nie. Die sepie het in 2015 met net drie episodes ’n week begin, en gaan sedertdien van krag tot krag. Sedert 2017 word daar nuwe episodes van Maandag tot Vrydag uitgesaai. Lees verder |
||
Recipes for Love and Murder S1 Recipes for Love and Murder, wat in Suid-Afrika en Skotland verfilm is, is ’n gesamentlike produksie deur M-Net, AMC Networks se Acorn TV, Both World Pictures en Global Screen. As een van Tannie Maria, se korrespondente dood aangetref word, is sy vasbeslote om dié raaisel op te los. Sy span kragte saam met haar kollega, Jessie September (Kylie Fisher), ’n rookie-joernalis wat vir baie kans sien, om die skuldige in hul klein Karoo-dorpie, Eden, op te spoor. Lees verder |
||
Russian Doll S1-2 Natasha Lyonne is ná die eerste seisoen van Russian Doll absoluut onmiskenbaar. Letterlik. Jy. Kan. Haar. Nie. Mis. Nie. Nee, ons praat nie van haar wilde rooi haardos nie (hoewel dit nogal uitstaan). Dis eerder haar formidabele talent wat op skou is. Sy het immers dié eiesoortige, blerrie geniale komedie-drama saam met die komedie-ikoon Amy Poehler (Parks & Recreation) geskep. Buiten haar vertolking van die hoofrol, is sy ook een van die reeks se skrywers en dien boonop as regisseur van dié oorspronklike Netflix-reeks. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,073,829 post views in totaal sedert 1 November, 2019.