Fokkit, ek is nogal stout vir ‘n goeie dokkie en het redelik lanklaas bietjie rondgekrap vir ‘n versameling van ‘n wye verskydenheid om oor ‘n naweek of twee te verslind. En toe kom ek sommer op ‘n hele fokken hoop goeies af wat my beslis vir die res van Maart gaan besig hou! Dan is daar nog ‘n paar splinternuwes ook op pad wat teen die einde van hierdie maand release gaan word wat belowend klink, maar kom ons praat oor daai outjies wanner hulle vrygestel is. Ek wil vir vandag kortliks so vyf doccies bespreek wat my aandag getrek het, maar ek sal sommer ook nog 8 hieronder link. Dis eintlik maar meer vir myself, want ek gaan gereeld terug na my eie artikels toe op Wat Kyk Jy? wanneer ek vashaak met die remote om iets op die TV te soek. Dis soos ‘n slagter wat sy eie biltong vreet omdat dit fokken lekker is.
Miskien vind jy ook baat daarby…
The Last Cruise
Kom ons begin met die dokumentêre film wat jy most likely die minste lus voor sal wees – ‘n doccie wat handel oor die oorsprong van die eerste groot covid-uitbraak BUITE China. Yes, ek weet. Ons is nou lekker gatvol vir die fokken lockdown. Ek dink tog ek wil dit kyk, want dit gaan oor wat gebeur het op die Diamond Princess Cruise liner en hoe die storie hanteer is en hoe hierdie skip ‘n simbool geword van isolasie en enige gevoel van normailieit opgefok het. Passasiers was ge-isoleer in hulle kajuite. Hierdie doccie het so bietjie never-seen-before footage waarin ons die klasseverskille kan sien manifesteer en hoe die mensdom hulle shot gemis het om covid-19 te contain.
Rating: 6.4
Quote uit die peanut gallery:
“I’m not ready to watch a doc about all of this yet we’re still in it”
Adrienne
Jy gaan maar die box tissues moet nadersleep, ou grote. In 2007 het die movie Waitress met Kerri Russel en Nathan Fillion vyf internasionale toekennings verower. Dis ‘n jaar nadat die skrywer en regisseur van die movie, Adrienne Shelly, wreed vermoor is. Die doccie is deur Adrienne se man, Andy Ostoy direct en produce en is ‘n intense en persoonlike blik op Shelly se loopbaan, lewe en dood en feature al die bogenoemde mense, sowel as Paul Rudd en director Hal Hartley wat Adrienne haar acting break gegee het met The Unbelievable Truth. Dit is ‘n hartverskeurende en bittersoete verhaal.
Rating: 7.3
Quote uit die peanut gallery:
“I am so happy to see there is a documentary celebrating this vibrant woman’s life and talents. It will shine a light on her work for more and more people to discover, and fall in love with the way I did.”
John Wayne Gacy: Devil in Disguise
John Wayne Gacy was een van die slegste stuk kak mense wat die aarde ooit bewandel het. Hierdie doccie volg die koue verhaal van een van die wêreld se mees berugte reeksmoordenaars, soos vertel deur die woorde van Gacy homself, die mense wie se lewens hy onherroeplik opgeok het en diegene wat glo dat die volle waarheid nog steeds nie uitgekom het nie. Dis ‘n omvattende reeks in 6 aflewerings wat kyk na ‘n saak wat die wêreld geruk het. Daar is death row interviews met Gacy asook audio en video interviews wat nog nie voorheen gesien of gehoor is nie. Byna vyftig jaar sedert die misdade plaasgevind het, kom nuwe vrae na vore oor wat werklik gebeur het, en wie anders dalk ‘n rol gespeel het in die dood van Gacy se 33 slagoffers. Skeer solank die hare op jou nek en jou rug, want dit gaan permanent opstaan en nie weer gaan lê nie…
Rating: 7.4
Quote uit die peanut gallery:
“Glad this documentary will actually talk about how it’s likely he had accomplices and more victims.”
Girls Can’t Surf
Wie het ooit gedink dat Australië kief doccies kan produce? In die 80s met al sy neon en peroxide hare was die ego’s van manlike surfers fokken sky high. Chicks was nêrens op die map nie en toe kom daar ‘n spannetjie renegade girls wat die manlik-gedomineerde professionele branderplankrywêreld aanpak om gelykheid te bereik en die sport vir altyd te verander. Met branderplankry-grotes soos Jodie Cooper, Frieda Zamba, Pauline Menczer, Lisa Andersen, Pam Burridge, Wendy Botha, Layne Beachley en meer, is Girls Can’t Surf ‘n fokken wild ride van botsende persoonlikhede, seksisme, avontuur en hartseer, met elke vrou wat fight teen die odds om hul drome ‘n werklikheid te maak. Vandag se generasie het baie om hierdie girls voor te bedank. Surf’s up, bitches!
Rating: 8.0
Quote uit die peanut gallery:
“The film looks GREAT! At last, a super story about a vital era of women’s surfing. Those women, those forces of nature, kept the flame burning for so many of us in a time of shameful misogyny.”
The Crime of the Century
Die temas wat in The Crime of The Century aangespreek word, is dalk nie van toepassing op ons in Suid-Afrika nie, maar dis tog steeds moerse fassinered. Dit kyk na Amerika se verslawing aan opiates en die skelm gefokkery rondom dit. Dit gaan oor big pharme en die politiek rondom regulasies, oorproduksie, roekelose verspreiding en misbruik van sintetiese opiate. Met behulp van whistle blowers en leaked documents, interviews, ontnugterende getuienis van slagoffers van opioïedverslawing en toegang tot agter-die-skerms ondersoeke word ‘n magdom dinge blootgelê. Dwelmmaatskappye is in werklikheid grootliks verantwoordelik vir die vervaardiging van die einste krisis waaruit hulle voordeel trek en terselfde tyd letterlik duisende mense se lewens opfok.
As ek ‘n Amerikaner was, was ek nou hoogs die poes in gewees…
Rating: 8.1
Quote uit die peanut gallery:
“When I was 23/24 I had 2 surgeries on my left foot. I was written an essentially bottomless prescription for OxyCodone. I stayed with my mother for a month after each surgery and was incredibly lucky that she is a pharmacist and refused to fill the prescription. Addiction runs in my family and I am horrified to think of what could have happened if she hadn’t been there. Rest in peace to all of the victims of this crisis <3”
Hier is nog 8 voorstelle:
- Bully. Coward. Victim. The Story of Roy Cohn
- McMillions
- Showbiz Kids
- Traffic Stop
- In the Same Breath
- Brain Surgeons: Between Life and Death
- The Jinx: The Life and Deaths of Robert Durst
- Mastermind of Murder
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,064,448 post views in totaal sedert 1 November, 2019.