Tensy jy kakonnosel is behoort jy te weet dat Die Groot 5 heel duidelik afgelei is van die Afrika Groot 5 – Die buffel, luiperds, olifant, renoster en leeu. Slegs in hierdie konteks verken Sandilands die “groot” konstrukte metafories, musikaal. Die album, ‘n besliste afwyking van die narratiefgedrewe Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn, verken temas soos Land & Liefde, Verdeling, Verlies, Dood en selfs die Hiernamaals, waar en wanneer dit ook al mag wees.
Musikaal het Sandilands gepoog om die inheemse Afrikaanse taal stewig in Afrika-aanbieding te plaas. Ons kan die Mbaqanga-kitaarlekke, die marimba, die tromme, die bas hoor. It feels like home, brother.
Weereens het Sandilands met sy musiekgabba, Theo Crous kragte saamgesnoer vir hierdie aflewering en spog met plaaslike talent, soos Barry van Zyl (drums), Tom Fox & Chris Bakalanga (kitare), Josh Hawks (Bass) sangers soos Fraser & Deniel Barry, Chris Bakalanga sowel as David “Qadasi” Jenkins & Maqhinga, wat dit ‘n ware “Afriqanga”-album maak. Sandilands reken hierdie album is ‘n hat tip aan die fans wat sy vorige album so heavy ondersteun het.
Hierdie is my gunsteling track van die nuwe EP af, Rooigrond:
Watkykjy staan op 3,055,962 post views in totaal sedert 1 November, 2019.