Jy ken Leighton Meester heel moontlik van haar rol as die devious socialite bitch Blair Waldorf van Gossip Girl. Jy kan haar ook in kakbaie rolle check, onder andere in Entourage en House. Leighton is in fokken interessante omstandighede gebore – haar ma is tjoekie te gestuur omdat sy deurmekaar was met ‘n drug ring wat marijuana van Jamaica na die United States gesmokkel het in 1983. Die antie het ‘n 16 maande vonnis ontvang en kon geboorte gee aan Leighton in ‘n hospitaal en vir die eerste drie maande borsvoed in ‘n halfweghuis waarna sy terug tronk toe is om haar vonnis klaar te maak. Gedurende hierdie tydperk het Leighton se ouma en oupa na haar gekyk.
Totally unrelated – Emmy Rossum is haar beste tjommie.

Leighton Meester
American Eagle Outfitters flagship store preview party in Times Square – Arrivals
New York City, USA – 17.11.09
**Not available for publication in USA magazines. Available for publication in US tabloids and the rest of the world.**
Mandatory credit: L. Gallo/WENN.com

Leighton Meeser
Watkykjy staan op 3,118,402 post views in totaal sedert 1 November, 2019.