My naweek gaan meerendeels deur Formula 1 oorheers word. Ek praat nou nie net van die race in Saudi nie, want ek gaan my bes probeer om tyd te maak vir die F1 2020 Xbox game ook. Check, ek het vir myself ‘n stuurwiel met pedals gekoop en om alles te top, sulke fancy racing seat ook wat hierdie reeds Woensdag afgelewer is. Daai boks is nog nie eers opgemaak nie. Ek het nou lekker my fokken hopes up, want daar moet Saterdag ‘n groot familie visit ook gepleeg word. Daai Xbox gaan ten to one lekker alleen in die kas huil tot ek proper tyd vir dit kan maak. In die meantime gaan ek maar terugsit met ‘n lekker paar doccies op die TV vir die ure wat ek wel oop het. Hel, ek mag dalk net ‘n skuimkoppie of ses deur die nek jaag voor die TV. Ek deel graag die kykgenot wat ek vir myself beplan het:
Final Account
Hierdie doccie is saamgestel deur meer as 300 onderhoude wat deur die voormalige Britse doccie vervaardiger, Luke Holland gevoer is met alledaagse mense wat deel gehad het aan Adolf Hitler se Third Reich. Hierdie is interviews wat nog nooit gesien is nieen kyk hoe mans en vrouens op baie verskillende wyses deal met hulle herriniringe, persepsies en persoonlike deelname en rolle in sekerlik een van die grootste menslike misdade in geskiedenis. Dit vra ook belangrike vrae oor autoriteit, conformity en nasionale identiteit. Hoe die fok het die Holocaust gebeur? Mense word mos nie as konte gebore nie? Op een of ander manier het die meeste van die bevolking van Duitsland óf direk bygedra tot dade van massamoord, óf ontken dat dit gebeur het. Dit is ‘n moerse belangrike film vir enige tyd wanneer iemand wonder hoekom dit nou eintlik belangrik is om na die verlede te kyk.
Rating: 7.1
Vanuit die peanut gallery:
“I just watched it. To see some Germans accept responsibility and regret, was refreshing. However it was disgusting to see some still with no shame in having been Nazis or in the SS. One man who felt regret and shame rightly called Hitler a coward. Very interesting documentary.”
The Sparks Brothers
Rock music fans, hierdie ene is vir almal van ons kerk en dis befok! Chcekit – hoe kan een rockgroep terselfde tyd onderskat word, moerse invloedryk wees en heeltemal misgekyk word? Met kommentaar deur bekende aanhangers soos Flea, Beck, Jason Schwartzman, Neil Gaiman en meer, neem The Sparks Brothers die gehore op ‘n musikale odyssee deur vyf weird en wonderful dekades saam met die broers slash bandmates, Ron en Russell Mael. Hiuerdie dudes het ‘n inspirerende nalatenskap wat jou favourite bands se favourite band celebrate. Die Sparks Brothers mag dalk cult favourites gewees het, maar hierdie doccie bied iets vir almal, especially musiekliefhebbers. O ja, hoe in die lewende fok weet niemand van hulle nie? Het jy geweet dat hulle al 25 albums uitgereik het? Jirre!
Rating: 7.8
Vanuit die peanut gallery:
“I’m legitimately mad this band wasn’t part of our lives growing up in the 80’s, 90’s and 2000’s, like… you cannibals in the music industry! You took everything Sparks had to give and kept them a secret from us. All of you were stealing wholesale and repackaging it…”
I’ll be Gone in The Dark
Michelle McNamara was ‘n Amerikaanse true crime skrywer wat in 2016 in haar slaap oorlede is as gevolg van ‘n mixture van voorgeskrewe pille. Fokken sad storie, man. Die docciereeks, I’ll be Gone in The Dark, is op haar laaste werk gebasseer en is ‘n aangrypende ondersoek na die misdade van die Golden State Killer wat Calofornia in die 70s en 80s geterroriseer het. Benewens dit, werp die reeks ook lig op McMamara se meedoënlose strewe na geregtigheid vir sy slagoffers. Die reeks is vervaardig deur Patton Oswalt wat saam met McNamara se navorser Paul Haynes en die true crime skrywer, Bill Jensen, McNamara se laaste boek voltooi het. Wat hierdie storie nog meer indrukwekkend en ook hartseer maak tot ‘n mate, is dat Michelle McNamara met Patton Oswalt getroud was en sy groot liefde was.
(Jy kan Patton ook te siene kry as Principal Ralph in die komediereeks, A.P. Bio, asook in die rol van Teddy Sykes in die skreeusnaakse Veep)
Rating: 7.4
Vanuit die peanut gallery:
“It was an incredible book. I feel so awful that she never got the “end” or the story when he was caught. Maybe wherever she is she does know”
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,067,173 post views in totaal sedert 1 November, 2019.