Op Die Heuwels Fantasties se agste ateljee album, ‘Volume’, sien ons hoe hierdie konstante innoverende groep, hulle negentigs invloede in die huidige digitale- stroom- era inspan. ‘Volume’ spog met ‘n eklektiese mengsel van akoestiese treffers, pop-punk, synth-ballades en so bietjie electro-folk vir `n uitsonderlike audio umami.
Hunter Kennedy vertel dat hy uit sy nate is oor die uitreiking van die nuwe album: “Dit is ons derde een sedert die pestilensie en ek dink dit het in ons guns getel om geolie te bly. Pierre het ’n great job gedoen met die skryf van ‘EGGO’ en die samewerking met Spoegwolf het dit natuurlik tot ’n volgende vlak geneem. Ek hou ook baie van ‘Werk Vir ’n Lewe’ se energie. Ons het dit ontgun daar waar Blink-182 die wortels begrawe het. Ek sou sê die album as geheel is ’n kombinasie tussen die volwassenheid van ‘Herverbeel’ en die dringendheid van ‘2021′. ‘Volume II’ is ook al amper klaar en dit maak my nog meer opgewonde. Ons het baie nuwe musiek om te deel!”
Fred den Hartog voeg by: “Met ‘Volume’ het ons die saksofoon, kitaar, klavier, perkussie en stemme op ‘n ander manier benader. Ons het alles stuk- stuk opgeneem om uiteindelik by ‘n plek te kom wat vars, uniek en steeds ‘Heuwels’ is, as dit sin maak. Ek hoop almal hoor en voel ons deur hierdie paar songs te luister.”
Watkykjy staan op 3,074,332 post views in totaal sedert 1 November, 2019.