Die heel eerste F1 race van 2022 in Bahrain was die grootste onvoorspelbare fokop van die afgelope paar jare en dit was fantasties! Ek het jou verlede week my voorspelling gegee vir 2022 en ek skiem ek gaan daarby stick en kyk wat deur die res van die jaar gebeur.
Ek het byvoorbeeld gesê dat Kevin Magnussen fokken honger is vir F1, maar ek het nie geweet hoe erg sy honger eintlik is nie. Dit was befok om hom te sien eindig in 5de plek en meer punte vir Haas te maak in een race as wat hulle in die laaste paar jaar gescore het in ‘n supposed “stadige kar” waaroor Mazepin gekak en kerm het? Dit het dadelik mini-Schumi se game ook gelig.
Natruulik het my hart al die kak gevreet toe Verstappen se kar uitfok maar dit was vir my amper erger to dieselfde lot Perez ook oorgekom het. Jirre ek voel so jammer vir daardie bra. En Gasly ook. Almal Honda’s en almal Red Bull tjorre. Die enigste drie karre om nie klaar te maak nie.
Beide Verstappen en Perez se karre het ‘n grbrek aan fuel pressure gehad. Die korrekte hoeveelheid petties was in altwee karre maar ‘n vakuum het verhoed dat die pompe brandstof kon trek om aan die engines te stuur en dis nou gefix. Ek is dus vol vertroue dat die ouens weer 100% terug is in die game. Die issue met Max se steering het ingekom toe hy vir die laaste keer in die pits ingetrek het – die manne het die kar te hard gedrop en die track rod effens gebuig. Ek weet nie wat met Pierre Gasly verkeerd geloop het nie. Maybe was hy net fokken lus om te braai…
Team Ferrari het fokken uitstekend gedoen en ek is moerse bly vir hulle! Daar is duidelik groot kompetiese hierdie jaar en daai eerste spot gaan hotly contested wees. Die feit dat Hamilton en Russell derde en vierde was, beteken die outjies werk lekker saam as ‘n span, so ek sluk maar my woorde van laasweek en of jy dit nou like of nie, gaan Merc hulle pace een of ander tyd weer terugkry. Dan gaan die kak spat, pappie!
Ek het verlede week my voorspelling vir al 20 plekke met my tjommies gedeel en ek het net EEN reg voorspel: Hulkenberg wat 17de geeindig het. Kom ek sit sommer nou my kop op ‘n blok vir die Saudi Arabia. Practise 1 en twee gebeuur vandag om 17:00 en 20:00. Qualifying is Saterdagaand 20:00 en die race self is Sondagaand 20:00.
Hier is wat ek skiem gaan gebeur in Saudi Arabia:
- Verstappen
- Leclerc
- Sainz
- Perez
- Hamilton
- Russel
- Bottas
- Ocon
- Alonso
- Magnussen
- Tsunoda
- Gasly
- Norris
- Zhou
- Ricciardo
- Stroll
- Albon
- Hulkenberg
- Schumacher
- Latifi
Hier is verlede week se results en punte vir Bahrain:
Posisie | Driver en span | Tyd | Punte | ||
---|---|---|---|---|---|
1 |
![]() |
C. Leclerc
Ferrari
#16
|
1:37:33.584
|
26
|
|
2 |
![]() |
C. Sainz Jr.
Ferrari
#55 |
+5.598s
|
18
|
|
3 |
![]() |
L. Hamilton
Mercedes
#44 |
+9.675s
|
15
|
|
4 |
![]() |
G. Russell
Mercedes
#63 |
+11.211s
|
12
|
|
5 |
![]() |
K. Magnussen
Haas
#20 |
+14.754s
|
10
|
|
6 |
![]() |
V. Bottas
Alfa Romeo
#77 |
+16.119s
|
8
|
|
7 |
![]() |
E. Ocon
Alpine
#31 |
+19.423s
|
6
|
|
8 |
![]() |
Y. Tsunoda
AlphaTauri
#22 |
+20.386s
|
4
|
|
9 |
![]() |
F. Alonso
Alpine
#14 |
+22.390s
|
2
|
|
10 |
![]() |
G. Zhou
Alfa Romeo
#24 |
+23.064s
|
1
|
|
11 |
![]() |
M. Schumacher
Haas
#47 |
+32.574s
|
0
|
|
12 |
![]() |
L. Stroll
Aston Martin
#18 |
+45.873s
|
0
|
|
13 |
![]() |
A. Albon
Williams
#23 |
+53.932s
|
0
|
|
14 |
![]() |
D. Ricciardo
McLaren
#3 |
+54.975s
|
0
|
|
15 |
![]() |
L. Norris
McLaren
#4 |
+56.335s
|
0
|
|
16 |
![]() |
N. Latifi
Williams
#6 |
+61.795s
|
0
|
|
17 |
![]() |
N. Hülkenberg
Aston Martin
#27 |
+63.829s
|
0
|
|
18 |
![]() |
S. Pérez
Red Bull
#11 |
Uitgefok |
0
|
|
19 |
![]() |
M. Verstappen
Red Bull
#1 |
Uitgefok |
0
|
|
20 |
![]() |
P. Gasly
AlphaTauri
#10 |
Uitgefok |
0
|
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Grand Crew S1 Met ’n glas wyn in die hand, los Grand Crew se vriendekring mekaar se probleme een vir een op. Phil Augusta Jackson (Brooklyn Nine-Nine, Insecure) se nuwe TV-reeks, Grand Crew, volg ’n groep Swart jong volwassenes wat by hul gunsteling-kroeg bymekaarkom. Daar deel hulle mekaar se op- en afdraandes van die lewe en liefde in Los Angeles. Ja, dis baie Cheers-esque, en, soos met Cheers, is dit maklik om van die lieflike rolverdeling te hou. Sommer gou-gou word jy by die “drama-van-die-dag” meegesleur Lees verder |
![]() |
|
This Is Going to Hurt Die Britse komedie-drama, This Is Going to Hurt, is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir. Dit volg sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se (chaotiese) verloskunde- en ginekologie-afdeling. Dit is wel ’n fiktiewe vertelling, so sommige van die uitbeeldings van sy alledaagse ervarings moet liefs met ’n knippie sout geneem word. Die hoofrol word deur Ben Whishaw vertolk. Whishaw is bekend vir sy rolle in Fargo, as Q in die James Bond-flieks Spectre en No Time to Die, en Mary Poppins Returns. Daar’s dae waar slaap ’n mite is, pasiënte onverwags sterf, en persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan knak. Lees verder |
![]() |
|
Vikings: Valhalla Dit vertel oor die heldhaftige avonture van die beroemdste Vikings wat ooit geleef het, soos die legendariese ontdekkingsreisiger Leif Eriksson (Sam Corlett), sy vurige en koppige suster Freydis Eriksdotter (Frida Gustavsson), en die ambisieuse prins Harald Sigurdsson (Leo Suter). Spanning tussen die Vikings en die Engelse koninklikes bereik ’n bloedige breekpunt terwyl die Vikings ook onder mekaar stry kry oor hul botsende geloofsoortuigings. Soos die History Channel se reeks, word drama en aksie met die geskiedenis van die Vikings vermeng. Maar, dié reeks is egter eenvoudiger in hoe die verskillende storiedrade verweef word. Lees verder |
![]() |
|
Vigil S1 Speurder Amy Silva (BAFTA-wenner Suranne Jones van Gentleman Jack) en Speurder Kirsten Longacre lei die ondersoek ter see én op land. Terwyl Silva sukkel om samewerking van die Vigil se bemanning te kry, kry die kyker ’n blik op haar verlede wat in sarsies via terugflitse gedeel word. Nes Silva ter see, besef Longacre gou dat die bemanningslid se moord net die oortjies van die seekoei is. Mettertyd ontdek hulle saam-saam ’n sameswering wat tot in die oppergesagte van Brittanje se nasionale veiligheid-afdeling strek. Lees verder |
![]() |
|
Heels S1 Ons ontmoet Arrow se Stephen Amell as Jack Spade, ’n sogenaamde heel in die plaaslike stoeiliga in Duffy, Georgia. ’n Heel is stoeitaal wat na die “skurk” in die kryt verwys. Sy jonger broer, Ace (Alexander Ludwig), is weer ’n face – die held. Dié tweestryd speel binne en buite die stoeikryt af. Die broers kry ook stry oor hul oorlede pa se nalatenskap. As die hoof van die plaaslike stoeiliga, het King Spade destyds saam met sy vyand in die ring – Wild Bill Hancock – week ná week skares gelok. Maar daai gloriedae is lank reeds verby. Met Jack aan die stuur, is kaartjieverkope karig en hy sukkel om sy gesin te onderhou. Lees verder |
![]() |
|
Bridgerton S1-2 Maak jou maar gemaklik – as jy eers begin kyk, gaan jy wil klaar kyk. Bridgerton is nie stroperige nonsens-televisie nie, maar dit het wel dieselfde tipe stickiness wat maak dat “net nog een episode” op ’n deurnag binge-sessie uitloop. Romanse, skandale, en skinderbekke. Die periodedramareeks Bridgerton het immers al die regte bestanddele vir ’n TV-wenresep. Lees verder |
![]() |
|
A Discovery of Witches S1-3 ʼn Historikus (en teësinnige heks) Dianna Bishop (vertolk deur Teresa Palmer) ontdek ʼn betowerde manuskrip in Oxford se Bodleaian-biblioteek. Ten spyte van die oeroue wantroue tussen hekse en vampiere, moet sy met die charismatiese vampier en genetikus, Matthew Clairmont (Matthew Goode) kragte saamspan. Palmer en Goode het onteenseglike chemistry. Daarmee saam sorg ʼn spul interessante karakters vir avontuur en romanse wat teen ʼn vinnige pas ontvou. Lees verder |
![]() |
|
Recipes for Love and Murder S1 Recipes for Love and Murder, wat in Suid-Afrika en Skotland verfilm is, is ’n gesamentlike produksie deur M-Net, AMC Networks se Acorn TV, Both World Pictures en Global Screen. As een van Tannie Maria, se korrespondente dood aangetref word, is sy vasbeslote om dié raaisel op te los. Sy span kragte saam met haar kollega, Jessie September (Kylie Fisher), ’n rookie-joernalis wat vir baie kans sien, om die skuldige in hul klein Karoo-dorpie, Eden, op te spoor. Lees verder |
![]() |
|
Formula 1: Drive to Survive S1-4 Formula 1: Drive to Survive is ’n adrenalienbelaaide dokumentêre reeks wat sedert die eerste seisoen in 2019 ’n ongekende agter-die-skerms blik op die wêreld se top-jaers gee soos hulle in die Formule Een-wêreldkampioenskap meeding. Die reeks sluit onder meer onderhoude en eksklusiewe beeldmateriaal in. Die vierde seisoen is vanaf 11 Maart 2022 op Netflix beskikbaar. Hierdie keer draai dit veral om die konflik en drama wat tussen Mercedes se Lewis Hamilton en Red Bull se Max Verstappen tydens die 2021-seisoen afgespeel het. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,123,950 post views in totaal sedert 1 November, 2019.