In die 80s was daar nie dating apps soos Tinder nie. In Suid-Afrika se tyskrifte soos die Huisgenoot en Landbouweekblad, was daar lame sections soos Hoekie vir Eensames of Die Opsitkers waar mense hulleself kon adverteer in klein beskrywende paragrafies. In Amerika was dinge op ‘n ander level – daar was video dating services waar desperate single mense gevra is om video profiles van hulleself te tape waar hulle hulself persoonlik kon voorstel en laat weet wat hulle min of meer in ‘n date of potensiële boyfriend of girlfriend soek. Dit was baie moeliker as om die beste foto’s te kies met filters en het ook ‘n baie groter gevoel van egtheid en intimiteit gebied.
In die skrywer/regisseur Imogen McCluskey se 10-minute kortfilm, Atomic Love sluit ons by Dana aan terwyl sy haar beste vriendin, Aleea help om haar video profile te tape. Terwyl sy sukkel om haar gedagtes en gevoelens oor liefde in woorde om te sit, kom ons agter dat daar dalk ‘n baie spesifieke rede daarvoor is…
Watkykjy staan op 3,067,176 post views in totaal sedert 1 November, 2019.