Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet en nou is dit tyd vir Woepies Wurm. Jy gaan van nou af die tune sing, ten minste eenkeer per week, vir die res van jou lewe. Jy ken hom: “Woepies wurm wil weet waar kom alles vandaan en daarom vra hy vrae om alles te verstaan…”
Saam met sy beste gabba, Snakkie die Slak leer hy speel-speel en sing die antwoorde op sy vrae. Dis poes next level.
Woepies Wurm episode 7 – Bo, Onder, Op en Af
Miskruier vermis een van sy misbolletjies. Woepies het dit opgetel en al sy maats kom SPEEL SAAM daarmee langs die rivier. Selfs ou Langbeen speel saam. As jy dieper in hierdie episode se subteks lees, sal jy agterkom dat dit basically daaroor gaan oor wat om te doen wanneer jy jou kak verloor.
Watkykjy staan op 3,091,016 post views in totaal sedert 1 November, 2019.