The Disconnect kom van Vulvodynia se split album af saam met Arcania (Societal Lobotomisation). Vulvodynia is probably nie ‘n naam wat jy ken nie, maar hulle is een van Suid-Afrika se mees suksesvolste bands never mind die feit dat hulle ‘n death metal band is nie). In die local metal en death metal scene is die ouens heavy gerespekteerd, maar die grootste gedeelte van hulle fan base, sit oorsee. Hulle het pre-pandemic ‘n klein tour Europa toe gehad – ekself het hulle met ‘n fokken dag in Berlyn gemis toe ek daar was, iets waaroor ek tot vandag toe nog moerse spyt is. Ek wou nie gaan om hulle gig te sien nie, maar meer om te observe hoe die Duitse mark hulle ondersteun en geniet. Dit smaak my die ouens is nou juis weer op pad na ‘n moerse oorsese toer hier middel Maart se kant. Hulle gaan so bietjie Engeland en Skotland toe, en dan Nederland, Praag, en somooer se hele rits gigs in Amerika.
My tjommie, Chris van der Walt (voormalig van The Black Cat Bones) jol bass in die band en ek het hom gevra hoekom mens Vulvodynia moet luister. Hier is wat hy my tune:
Die lewe is nie alles blommetjies en sonskyn nie. Meeste van die tyd is dit soos ‘n heavy metal poesklap. Luister Vulvodynia dan raak die res van die wêreld rustig… Music soothes the savage beast.
Watkykjy staan op 3,057,596 post views in totaal sedert 1 November, 2019.