Check, die meerderheid Afrikaners like dit net mooi fokol om oor seks te praat nie. Behalwe vir missionary position binne ‘n huwelik eenkeer per kwartaal, is seks ‘n vuil gedoente vir mense met ‘n bybel in die bedkassie. Maar hierdie komende Maandag, nogal op Valentine’s Day, gaan Suid-Afrika beslis daaroor gesels. Rian Van Heerden is bekend daarvoor dat hy soms stir, maar dit wil voorkom of die nuutste doccie, Sex in Afrikaans. wat hy produce het, se doel is om ‘n conversation rondom seks aan die gang te kry. Die idee is nie om katvoet rondom topics te dartel nie, maar om dit eerder aan die ballas te gryp met altwee hande en openlike gesprekke daaroor te voer. Dis nie sommer net ‘n wishay-washy rondgefokkery om iets op die TV te sit nie – die program word deur ‘n hoogs gewkalifiseerde sielkundige en seksoloog, Bradley R Daniels aangebied. Saam met hom in die reeks is daar vier couples en twee single mense, almal uiteenlopende karakters wat openlik oor hulle sekslewens gaan praat. Jy gaan jouself breek vir die omie van Gezina wat “die bloutrein ry” en nie wil afklim nie!
Dit stop egter nie daar nie want daar word ook besoek afgelê en onderhoude gevoer met sex shop eienaars, dominatrixes, cross dressers, ‘n oom wat dit like om soos ‘n baba aan te trek en haneer te word. ‘n dungeon master en vele meer. Die verkrampte mensies wie se tonge nie normaalweg onder die lakens klap nie, se tonge gaan beslis Maandag klap op Facebook pages van die Afrikaneruithoeke soos Die Burger, Maroela Media en Netwerk24. Fokken guaranteed. Gaan kyk maar. Mens kan reeds uit die reaksie van die YouTube trailer vir die program se comments hieronder sien dat mense bietjie sukkel met kwakkies en totties:
“Moes dit nou gebeur het?”
“Ons het ver geval as n afr nasie”
Jirre shame, julle. Dis maar slegs die trailer hieronder. Was dit omdat die oom gesê het hy like fisting dat jy kwaai babatjie is? Hierdie mensies gaan fokken ‘n hartie pluk as hulle eventually een volle epsiode kyk, en jy weet hulle gaan dit 100% kyk juis sodat hulle daaroor kan kak en kerm.
Ek het sowat ‘n maand gelede reeds die eerste volle episode onder oë gekry en dit lyk baie belowend. Ek het ook die geleentheid gekry om met so paar mense wat by die porjek betrokke was te gesels, soos byvoorbeeld die sekosoloog en aanbieder, Bradley D. Die ou ken sy fokken storie. Meer grade as ‘n gradeboog. En dan is daar ook een van die getroude paartjies, Tracy en Brady, wat aan die docciereeks deelgeneem het en hulle is net ‘n moerse cool en fun couple. Tracy is die goose wat tune “Seks is vir my kak lekker!” aan die einde van die trailer hierbo. Ek sal hulle interview probably Maandag vir julle hier op Watkykjy drop.
Dan is daar natuurlik Rian Van heerden homself wat vir die produksie van die reeks verantwoordelik was. Ek het ‘n lekker gesprek met hom gehad en een ding wat vir my uitgestaan in het my gesprekke met almal, Rian ingesluit, was dat hulle gedink het dat hulle redelik liberaal en open-minded was, maar met verloop van die verfilming van die reeks, agtergekom het dat hulleself dalk bietjie meer konserwatief is as wat hulle aanvankilik gedink het hulle is. Wat vir my fokken interesting was uit my gesprek met Rian was dat hy nooit gedink het dat swinging so fokken huge was onder Afrikaanse mense nie. Hy praat van die term ‘swaaibraai’ en toevallig is daar ook ‘n kaksnaakse kortfilm van dieselfde naam wat jy dalk eers gou moet kyk. Dis nie dat die swinging culture self wat die groot surpise was nie, maar eerder die feit dat dit so rampant in die fancy estates is – iets wat Rian ook baffle. Ek gaan nou bietjie anders begin kyk na tjommies wat in plekke bly soos Val de Vie, Midstream, Steyn City, Zimbali, Mooikloof, Silver Lakkes en dies meer. So julle zaber almal mekaar se mans en vrouens daar in die estates? Dis nou vir jou fokken interessant!
Luister na my gesprek met Rian hieronder en moenie vergeet om Maandag 14 Februarie Sex in Afrikaans te kyk nie. Daar sal onderskrifte vir die soutpiele ook wees.
Watkykjy staan op 3,056,060 post views in totaal sedert 1 November, 2019.