So hoe was jou Valentine’s Day? Het jy bietjie gescore of het jy soos ek maar ‘n tunaslaai gebrou en gevreet sodat jy darem ruik asof jy Valentine’s Day geniet het? Het jy ten minste onthou om Sex in Afrikaans te kyk? Die hele reeks is nou besikbaar om te stream en dit cover die volgende topics:
Episode 1 – Sex Workers
Episode 2 – Sex Toys
Episode 3 – Pornopgraphy
Episode 4 – Swinging
Episode 5 – BDSM
Episode 6 – Fetishes
Uit die lysie hierbo kan jy duidelik sien wat die vibe is. In kort, gee die show sonder enige verskonings ‘n kykie na seksualiteit en seks in die Afrikaanse gemeenskap deur na bogenoemde topics te kyk wat ook in die alteljee in oop gesprekke bespreek word deur die deelname van kenners coupples en single mense. Bradley Daniels het sy meestersgraad in sielkunde in New York verwerf en is die aanbieder van die reeks. Die twee single mense wat deel uitmaak van die paneel is Rea Lou Roux (36) en Paul (60) wat intussen oorlede is. Die paartjies is Carl (29) en Reina (31), Justin (40) en Neil (41), Erika en (36) en Kobus (41) en Brady (35) en Tracy-Lyn (35).
Ons het verlede voorspel dat die Afrikaanse mense in hulle panties gaan kak :
Check, die meerderheid Afrikaners like dit net mooi fokol om oor seks te praat nie. Behalwe vir missionary position binne ‘n huwelik eenkeer per kwartaal, is seks ‘n vuil gedoente vir mense met ‘n bybel in die bedkassie. Maar hierdie komende Maandag, nogal op Valentine’s Day, gaan Suid-Afrika beslis daaroor gesels.
Was ons reg? Kom ons kyk? Sowat twee dae gelede is daar kort profile video’s op YouTube van die aanbieder en deelnemende singels en couples gelaai. Hier is die reaksies sover in die comment section:
Joodse gemors!
Disgusting!
Please let me know where Showmax is based in South Africa, I wish to congratulate you on this new series in person.
Vieslike gemors!
Disgusting and insulting
DISGUSTING!
Walglik!
Romeine 1:20-30
Kots
Kyk hoe lyk julle. Julle kinders se vriende gaan dit eendag sien en julle kinders daaroor spot. Julle kinders sal julle daarvoor HAAT.
Absolutely disgraceful filth!
Jirre shame man. Anyway, ons het met Brady en Tracy gesels en so paar vrae gevra oor hulle indrukke en deelname op die program:
Tracy, op die show reken jy “Seks is vir my kak lekker!” – wat is die beste deel van seks vir jou? Brady, skiem jy? |
En jy Brady? Wat is die beste deel van seks vir jou? |
Skiem julle hierdie program gaan so bietjie kak maak? Is Afrikaanse mense gereed vir Sex in Afrikaans? |
Wat het julle laat besluit om op die show te verskyn? |
Watter raad het jy vir die “boring” mense daarbuite as dit by seks kom? |
Gee vir my ‘n ander slang woord vir naai? |
Ons het natuurlik verdlede week vir Rian Van Heerden ook ge-interview indien jy dit misgeloop het. Hy is die producer van die show en het ‘n moerse klomp insig gegee:
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,071,855 post views in totaal sedert 1 November, 2019.