Die Namibwoestyn is by verre die heel coolste plek op aarde wat ek sover in my lewe besoek het. As jy nog nie daar was nie, sou jy miskien dink dat dit net ‘n groot spasie vol fokol is. Jy sou ook 100% korrek wees, maar dis waarin die bekoorlikheid van die plek lê. Daar is eintlik baie in daardie fokol. In 2013 is groot gedeeltes van die Namib deur deur UNESCO as world heritage site verklaar. In Nama-taal beteken die woord “namib” actually “die groot niks”. Dit is ‘n reusagtige woestyn waarin daar ’n magdom geheime en wonders opgesluit lê. Die Groot Niks is dus die perfekte naam vir die splinternuwe reeks wat volgende Saterdag, 12 Februarie om 18:00 op kykNET sal begin uitsaai, waarin hierdie asemrowende gebied van nader bekyk word deur aanbieder, Neil Sandilands. Meeste mense ken Neil natuurlik as Bart van 7de Laan of dalk uit sy rolle in ander local productions soos Konings, Orion, Jakhalsdans en Die ballade van Robbie de Wee. Meer onlangs is hy ook te sien in internasionale block busters soos News of the World , The Flash en Sweet Tooth. Neil is juis tans besig in New Zealand met die verfilming van Sweet Tooth se tweede seisoen, so gaan kyk gerus solank die eerse seisoen as jy nog nie het nie – dis fantasties!
Terug by die Die Groot Niks – Neil het ‘n moerse lekker post daaroor op Facebook gegooi wat my aandag getrek het:
Hierdie juweel het absoluut op die regte tyd in my lewe gebeur. Toe Waldo van der Waal en Hannes Visser vir my vroeg in 2021 die konsep en titel aanstuur, was dit ’n maklike, besliste “ja”. As julle die eerlike waarheid wil weet, sou ek dit vir mahala gedoen het. Solo, het ek al twee reise deur Namibië onderneem en het elke keer in verwondering gestaan oor die magiese en uitdagende belewenis. Dit is tergelyk asemrowend en angswekkend. Om dié gebied tussen Lüderitz en Walvisbaai, in die oudste woestyn ter wêreld te verken, is ’n voorreg wat oor min wesens se paadjie kom. Dis die een deel van Namibië wat alvorens vir my ontoeganklik was.
Die weird ding is dat ekself onlangs-erig in dele van daardie wêreld was, saam met ‘n gemeenskaplike vriend van myself en Neil, Kendall, wat in Los Angeles woon. Ons het self kakbaie footage tydens ons trip verfilm, maar dis lekker om te sien hoe die pro’s dit doen, want nou kan ek voor die TV sit en excitedly vir my vrou skreeu:
“Check, dis waar ons ook was! Kyk hoe fokken cool is dit daar!”
Plus, Neil gaan ‘n ding baie beter vertel as wat enige van ons kan. Nie net is hy die regte keuse as aanbieder vir die reeks nie – Neil lyk actually of hy gebou is vir die woestyn met daardie vreeslike fokken wilde baard van hom! Die span agter die skerms is Hannes Visser en Waldo van der Waal wat ook vir La’t Wiel verantwoordelik is. Tannie Ruda Landman van Carte Blanche is vir die stemwerk verantwoordelik.
Ek was nuuskierig oor die storie en het vir meneer Alliesand Innieland gevra om net ‘n quote of ‘n ding aan te stuur, veral oor sy musiek wat vir die program gebruik is. Letterlik iets soos: “Ja dit was piele, daar was baie sand. Hulle het my musiek gebruik”. En toe gaan staan klaskaptein die man len bou etterlik ‘n hele podcast met musiek en alles. Boonop sy eerste een ooit ook! Die resultaat is sharp-sharp, en dis nogal soothing, hoor? As jy nou ‘n kak week gehad het, druk net fokken play hieronder:
Neil het ook so paar foto’s aangestuur wat ons hier in ‘n album gegooi het. Daar is ook goedgunstelik behind-the-scenes videos aangestuur wat befok is, maar ek skiem ons moet dit hou vir nog ‘n update oor so week of wat. Mens kan mos nie al die fokken sweets opvreet in die eerste 2 minute van die movie nie, of hoe? Hoe sweet tooth kan een mens wees?
[slider animation=”fade, slide” slide_time=”4000″ slide_speed=”500″ slideshow=”true” random=”true” control_nav=”true” prev_next_nav=”true” no_container=”true”]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-1.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-2.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-3.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-4.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-5.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-6.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-7.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-8.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-9.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-10.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-11.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-12.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-13.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-14.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-15.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-16.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-17.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-18.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-19.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/02/neil-sandilands-die-groot-niks-wakykjy-20.jpg” alt=”Neil Sandilands – Die Groot Niks” type=”thumbnail”] [/slide]
[/slider]
O ja, onthou julle daai review hier op Watkykjy van Neil se album wat verlede jaar uitgereik is? Daai outjie is van gister af op actual fisiese vinyl beskikbaar en jy kan hom nou bestel!
Jy gaan redelik vinnig moet wees, want daar is net 500 geprint in totaal en daar gaan nie reprints wees nie. Dit gaan ‘n serious collector’s item word.
Tien van daai outjies lê reeds hier by ons, so dit los reeds net 490 oor.
Click-click!
[button href=”https://www.permanentrecord.co.za/products/sangoma-sandilands-jou-pa-se-posse-maanskyn” title=”Koop Neil se splinternuwe vinyl album!” target=”blank” shape=”square, rounded, pill” size=”mini, small, regular, large, x-large, jumbo” block=”true” circle=”true” icon_only=”true” info=”popover, tooltip” info_place=”top, right, bottom, left” info_trigger=”hover, click, focus” info_content=”This content will only show up if you have decided to show a popover.”] Neil Sandilands se album nou beskikbaar op vinyl! Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn [/button]
Watkykjy staan op 2,932,456 post views in totaal sedert 1 November, 2019.