Ek het die afgelope week nogal baie doccies gekyk. Natuurlik het ek heel eerste al ses episodes van Sex in Afrikaans deurgedraf oor Maandag en Dinsdag. Dan was daar twee seasons van Catching Killers op Netflix wat befok was en almal het tekere gegaan oor The Tinder Swindler ook. Laasgenoemde het daartoe gelei dat en sommer ook die reeks, Inventing Anna gekyk het, want vir my baie beter as The Tinder Swindler was. Julia Garner (van Ozark) was puik!
Ek wil egter gesels oor wat ek tussenin al hierdie reekse gekokkenodge het – game shows. Fok, ek het nie gweet dis so addictive nie! Dis die perfekte filler vir wanneer jy gou ‘n lunch break wil vat, of net vir so 45 minute jouself van werk wil isoleer en afsluit. Of net as jy pleinweg net fokken lui wil wees en nie hard wil konsentreer op allerhande storielyne en intriges nie. Dis ook die perfekte vermaak om sommer net so weg te raak op die couch want daar is nie ‘n geskreeuery of gunshots om jou wakker te hou nie. Wel, nie in die gameshows wat ek kyk nie…
Hier is die lys van gameshows wat ek in die laaste week of twee begin kyk het:
Wie Word ‘n Miljoener
Ons almal ken die show. Back in the day was Jeremy Maggs die eerste Suid-Afrikaanse aanbieder en nou het Rian Van Heerden die leisels oorgeneem in die heel eerste Afrikaanse weergware van die reeks waarin hoopvolle deelnemers die kans staan om R1m op te raap indien hulle 15 agtereenvolgende algemene kennisvrae korrek kan beantwoord met hehulp van drie hulplyne – bel ‘n pel, 50/50 en vra die gehoor. Die Suid-Afrikaanse gehoor is nie altyd so slim nie, so eintlik sit die mense dan maar met 2 lifelines. Ek het eenkeer vir Rian gevra hoe hyself sou doen op die show en hy het dit actually eenkeer gespeel op Jacaranda FM om te kyk hoe ver hy kom. Hy het tot by vraag 12 gekom – R125k. Die beste wat ekself het sover gedoen het saam met contestants, was 13 vrae – R250k. Dinge is natuurlik meer stresvol as jyself in daardie warm stoel si.
Kyk Wie Praat
Hierdie cool reeks is gebasseer op die Britse game show, Small Talk wat deur Ronnie Corbett aangebied is tussen 1994 en 1996. Daar is ’n groepie bekkige kinders tussen die ouderdom van ses en nege aan wie daar vrae gevra word. Vier volwasse deelnemers wat aan die program deelneem, moet dan raai wat die kiddies se antwoorde op die vrae was. Dis nou ‘n show wat dalk vir jou maklik klink maar alles behalwe maklik is, want kinders is minder predicatable as ESKOM se netwerk. De Klerk Oelofse (Hotel, Nêrens Noordkaap) is die aandbieder en het die volgende te sê gehad oor wat die hoogtepunt van die reeks vir hom was:
Daar is soveel! Dis moeilik om te kies. Ek het verlede week saam met die kreatiewe span (Jaco Notnagel, El Wolf en Mandelise van Loggerenberg) ’n drankie gaan drink om die reeks te vier. Ons gesels toe hoeka oor ons hoogtepunte en elkeen onthou iets wat ’n ander al vergeet het. Mens se hoogtepunte verander byna daagliks. As ek moet kies, is dit klein Phillip Basson se antwoord op “sal jy vir ewig wil lewe?” in episode 13. Buiten dat dit die wonderlikste antwoord is, dien dit ook vir my as ’n stawende bewys dat hierdie klein mensies net so diep oor die groot vrae in die lewe dink as die groot vrae waaroor grootmense kwel.
Check die trailer vir Kyk Wie Praat onder aan die artikel. Vir die res van my lysie, wend ek myself amper daagliks tot die BBC Brit channel op DStv:
Who Wants To be a Millionaire with Jeremy Clarkson
Ek dink seaon 2 is reeds op pad. As jy ‘n groot fan is van Top Gear asook game shows, sal jy hierdie moerse geniet. As jy dink Jeremy Clarkson is ‘n doos, hou verby. Daar is in hierdie reeks so bietjie van ‘n update in die reêls: Eestens is daar nie meer twee vasgestelde safety nets nie – slegs die eerste een is steeds op ‘n duisend pond, maar die tweede een kan deur die contestant self gekies word. Die lifelines bly steeds dieselfde – 50/50, phone a friend en ask the audience, maar daar kom nou ook ‘n vierde een by: ask the host. Die contestant kan dus hoop Jeremy ken die antwoord wat hy dan sal in-lock.
The Cube
Een gelukkige mededinger het die kans om die jackpot van 250k pond te wen, maar eers moet hy of sy vaardigheid, senuwee en vasberadenheid demonstreer deur The Cube aan te durf. Deelnemers moet ‘n reeks bedrieglik eenvoudige take voltooi terwyl hulle beperk is tot The Cube. Elke deelnemer kry nege lewens om hulle deur te help, maar as hulle hulle hele lewe verloor, gaan hulle met fokol huis toe. Daar was op ‘n stadium ‘n Suid-Afrikaanse weergawe ook. Ek het nie die nerves vir sulke kak nie. Soos hulle sê, dit lyk bedrieglik maklik.
Pointless
Hierdie is ‘n fokken weird enetjie. Waar die meeste game shows deelnemers se kennis toets in kategorië soos geskiedenis, geografie, kuns en letterkunde om die meeste punt aan te teken, moet jy in Pointless, die minste punte kry. Hoe gebeur dit? Hulle moet opkom met antwoorde vir algemene kennis vrae waaraan niemand anders dink nie. Die deelnemers word dieselfde vrae gevra as ‘n groep mense wat ge-survey is. Dis nogal ‘n ingewikkelde storie om te verduidelik, so as jy eers halfpad in ‘n episode begin kyk, gaan jy nie vir ‘n fok weet wat aangaan nie. Ek sal moerse kak doen met hierdie outjie!
Tipping Point
Dis moontlik een van die mees basic game shows en meeste mense sal skiem dis kak of poes boring, maar dis vir nou, my gunsteling game show op TV. Vier deelnemers moet algemene kennisvrae beantwoord om tokens te wen om in een van daai geldmasjiene in te gooi wat soos ‘n broodsnymasjien lyk. Jy het dit al in die arcade gesien. Jy moer tokens in en hoop die bewegende laaitjie stoot tokens of papiergeld onder uit. In Tipping Point is daar twee knockpout rondtes tot daar net een contestant oorbly om ‘n groter token bo by die masjien in te drop. Die idee is om vrae reg te beantwoord sodat jy kan tokens score om die jackptot token onder by die masjien uit te kry en die jackpot van 10k pond te wen.
Vir interessantheid:
Truth or Consequences was die eerste gameshow wat op TV uitgesaai is. Op die program het deelnemers ongeveer twee sekondes ontvang om ‘n onbenullige vraag korrek te beantwoord (gewoonlik ‘n vraag wat niemand reg sou kan beantwoord nie, of ‘n slegte grap) voordat “Beulah the Buzzer” geklink het. By die seldsame geleenthede wat ‘n deelnemer wel korrek geantwoord het, sou die gasheer onthul dat die vraag uit verskeie dele bestaan. Die feit dat die deelnemer nie hierdie “waarheid”-gedeelte voltooi het nie, het beteken dat die deelnemer “gevolge” moes trotseer, gewoonlik deur ‘n snaakse en verleentheid stunt uit te voer.
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Sex in Afrikaans Die gesprekke in Sex in Afrikaans word gelei deur die kliniese sielkundige en seksuoloog Bradley Daniels soos hy allerlei onderwerpe met ’n paneel bestaande uit vier Afrikaanse paartjies en twee enkellopendes takel. Daar is ook onderhoude met sekswerkers, swingers, dominatrixes, ’n fopdosser, ’n dungeon master (jy sal maar self moet kyk), mense wat soos babas aantrek vir hul seksuele plesier en ander wat vollengte latex-pakke verkies. Lees verder |
|
|
Ragdoll S1 Ragdoll, gegrond op die gelyknamige rillerboek deur Daniel Cole, is deur dieselfde span as die bekroonde trefferreeks Killing Eve vervaardig. Met ’n fyn balans tussen geweld en ’n skerpsinnige teks, draai die verhaal om die polisieondersoek wat ná die moorde op ses mense volg. Dié moorde is egter op ’n volgende vlak van grillerig – nie net is die slagoffers se liggame in stukke opgesny nie, verskillende dele daarvan is bymekaargewerk om een gruwelike lyk te skep. Vandaar dan die bynaam, Ragdoll. Lees verder |
|
|
Murderville S1 Murderville is ’n anderste tipe reeks, so betree dié wêreld met ’n oop kop – dit is die moeite werd. Die akteur Will Arnett, bekend vir onder meer sy rol in Arrested Development en sy onmiskenbare diep, growwe stem, vertolk Terry Seattle, ’n speurder wat dag in en dag uit moordsake oplos. Sy partners hou egter nie lank nie (die redes hiervoor word gou duidelik) en in elke episode staan ’n celebrity guest in as sy regterhand wat moet help om die saak op te los. Lees verder |
||
B Positive S1 Nataniël mors nie in die kombuis nie – dít het ons reeds geleer in sy gewilde kookprogramme Die Nataniël Tafel, en Edik Van Nantes (op Showmax beskikbaar), maar in sy nuutste TV-produksie, word ons net weer herinner aan die kunstenaar se skynbare eindelose talente. Lees verder |
|
|
The Responder S1. Martin Freeman (The Hobbit-trilogie, Fargo) lewer uithalerspel in die BBC One-drama, The Responder, as Chris Carson, ’n polisiebeampte wat sukkel om kop bo water te hou. Die reeks speel in Liverpool af en die draaiboek is deur ’n voormalige polisiebeampte van dié stad, Tony Schumacher, geskryf. Volgens Schumacher is die vyfdelige reeks fiktief, hoewel dit wél geïnspireer is deur die uitdagings wat hy deur die loop van sy loopbaan moes hanteer het. Die storie volg Carson terwyl tydens die nagskof aan diens is. Ons sien hoe hy telkens tot op die rand van ’n senu-ineenstorting gedruk word. Lees verder |
|
|
Space Force S1-2 In die tweede seisoen van Space Force, is daar ’n nuwe baas op die plaas en generaal Naird (Steve Carrell) en sy span het slegs vier maande om vir die nuwe Amerikaanse president te oortuig om nie hul afdeling, Space Force, af te skaf nie. Terselfdertyd speel daar ook heelwat drama in die karakters se persoonlike lewens af, wat dreig om die span onder die druk te laat swig. Buiten die Carrell, sluit die rolverdeling Friends se Lisa Kudrow, The Good Place se Ben Schwartz en die briljante John Malkovich in. Lees verder |
|
|
Brooklyn Nine-Nine S1-8 Dan Goor, ook die skepper van die bekroonde en briljante The Good Place, het met Brooklyn Nine-Nine dit reggekry om ernstige temas met ’n kombinasie van genialiteit, oorspronklikheid en lawwigheid te laat tref. In kort draai Brooklyn Nine-Nine om die speurders van ’n Brooklyn-polisiekantoor (spesifiek, soos die titel aandui, die 99th precinct). Dis juis die karakters – tesame met die akteurs wat hul nommerpas vertolk – wat jou bakkies kielie.. Lees verder |
||
Yellowjackets Yellowjackets vertel die verhaal van ’n talentvolle hoërskool-meisiesokkerspan van New Jersey wat ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis in Kanada wonderbaarlik oorleef. Nadat hul vliegtuig neerstort, is dit ’n stryd om 19 maande lank te oorleef voordat die groep oorlewendes uit die wildernis gered word. Lees verder |
||
Inventing Anna Inventing Anna is gegrond op die New York-artikel “How Anna Delvey Tricked New York’s Party People” deur Jessica Pressler, oor hoe die fake socialite Anna Delvey dit reggekry het om ’n rat voor New York se rykstes se oë te draai. Inventing Anna volg ’n joernalis (vertolk deur Anna Chlumsky) se ondersoek na hoe Anna (regte naam Anna Sorokin), haarself as ’n sogenaamde Duitse erfgenaam voorgedoen het, en mettertyd ’n hele rits mense bedrieg, en ook hul geld gesteel het. Anna word deur die talentvolle Julia Garner vertolk. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,083,766 post views in totaal sedert 1 November, 2019.