Ek probeer steeds om deur al 15 reekse van Supernatural te draf en ek trek nou eers halfpad deur season 3 se epsisodes. Wat ek eintlik mee besig is, is om myself te probeer train om weer horror movies en reekse te kan kyk sonder om in die bed te spis. Soos terug in die goeie ou dae van standerd 8 toe vreesloos en onnosel was. Ons het het destyd hierdie tipe kak en movies soos The Omen sommer aleen gekyk in die donker wanneer ons ouers uit was op die jol (of werk – ja right!). Gelukkig kyk ek deesdae horror movies en reekse saam met my goose, wat ‘n moerse fan van die genre is, so ek voel redelik veilig saam met haar (en die Rottweilers) wat my beskerm. Elke keer wanneer ek skrik, gryp ek angsbevange per ongeluk ‘n tiet… of twee.
My mission is om een of ander tyd oor die naweek die nuwe Chucky reeks saam met haar te kyk. Wag… waaat? Daar is ‘n fokken reeks?? Ek was net so verbaas soos jy toe ek dit vandag vir die eerste keer sien! Ek dog eers dis ‘n nuwe movie in die franchise. Die nuwe reeks is in 2021 release en is ‘n sequel tot die ikoniese Child’s Play movies van oor die laaste drie dekades. Ek het ook gedog dat daar in totaal slegs vier Child’s Play movies bestaan, maar daar is actually 8 in totaal! Het jy dit geweet? Checkityt: Child’s Play (1988), Child’s Play 2 (1990), Child’s Play 3 (1991), Bride of Chucky (1998), Seed of Chucky (2004), Curse of Chucky (2013), Cult of Chucky (2017) en die Child’s Play remake van 2019. Van al hierdie movies het Seed of Chucky die heel kakste rating van 4.8 gekry. Die res van die movies se ratings hang min of meer rond in die mid vywe, maar die nuwe reeks, Chucky, die hoogste rating en klap hom sommer met ‘n 7.4, so dit het dadelik my aandag getrek.
In hierdie reeks vind ‘n laitie genaamd Jake ‘n vintage Chucky pop by een van daardie tipiese Amerikaanse yard sales in een van daai idiliese Amerikaanse suburbs in ‘n tipiese klein Amerikaanse dorpie. Die dorp word in absolute chaos gedompel wanneer ‘n reeks grusame moorde begin plaasvind en ter selfde tyd die dorpie se skynheilighede en geheime begin blootlê. Die aankoms van vyande sowel as bondgenote uit Chucky se verlede, dreig ook om die eintlike waarheid agter die moorde te ontbloot. Dit het te doen met Chucky se onvertelde oorsprong as oënskynlik gewone kind. Hoe het hierdie laitie in hierdie berugte monster verander? Yay, ‘n origin storie! Fokken chills, by broe!
Die produksiespan het blykbaar ‘n “kill wall” gehad, waar akteurs foto’s kon opsit van karakters wat wat met verloop van die shoot en produksie van die reeks, die tydelike met die ewige verruil. Ek is dik fokken amped om hierdie te begin kyk! Check die trailer uit hieronder!
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Yellowjackets ‘n Hoogs talentvolle hoërskool meisie sokkerspan word die (ongelukkige) oorlewendes van ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis. Hierdie lyk lekker hectic! Lees verder |
||
Terwyl Ek Wag Nataniël mors nie in die kombuis nie – dít het ons reeds geleer in sy gewilde kookprogramme Die Nataniël Tafel, en Edik Van Nantes (op Showmax beskikbaar), maar in sy nuutste TV-produksie, word ons net weer herinner aan die kunstenaar se skynbare eindelose talente. Lees verder |
||
After Life S1-3 Tony (Ricky Gervais) het ‘n perfekte lewe gelei totdat sy vrou Lisa sterf het en sy lewe verander. Nadat hy selfmoord oorweeg, besluit Tony hy sal liewer lank genoeg wil lewe om die wêreld te straf deur te sê en te doen whatever hy voor lus is. Lees verder |
|
|
Scenes from a Marriage ‘n Drama minireeks wat die oorspronklike reeks se ikoniese uitbeelding van liefde, haat, begeerte, monogamie, huwelik en egskeiding opnuut ondersoek deur die lens van ‘n kontemporêre Amerikaanse paartjie, vertolk deur Oscar Isaac en Jessica Chastain. Lees verder |
|
|
Euphoria S1-2 ‘n Kykie na die lewe van ‘n groep hoërskoolleerlinge war struggle met dwelms, seks en geweld. Die reeks fokus op die verhouding tussen twee jong meisies wat hul plek in die wêreld probeer vind: die recovering addict, Rue en die nuweling-in-dorp, Jules. Lees verder |
|
|
Ozark S1-4 ‘n Finansiële adviseur sleep sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks, waar hy geld moet moet launder ‘n dwelmbaas happy te hou. Hierdie reeks is fokken hectic en fantasties! Lees verder |
|
|
Nêrens, Noord-Kaap Drie vervreemde broers vind hul pad terug na hul ouerplaas, Nêrens, en moet die geheime, hartseer en waarheid oor hul ma se dood aanspreek. Ons het ook ‘n volle review oor die show ook gedoen. Dis ‘n puik reeks! Lees verder |
||
Troukoors S1 In hierdie sexy Afrikaanse komedie plaas ‘n fratsongeluk ‘n troubeplanner op ‘n onverwagse pad. Saam met haar vriende navigate sy deur die lewe en liefde terwyl sy wonder of die perfekte mens, en dag, werklik bestaan. Lees verder |
||
Cheer S1-2 Monica Aldama is die hoof cheer coach in die klein dorpie van Corsicana in Texas en sy vat nie kak nie. Sy vereis perfeksie van haar groep girls. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,063,912 post views in totaal sedert 1 November, 2019.