Ek het hierdie afgelope week net mooi fokol tyd gekry om enige TV te kyk nie want ek het my tiete fokken suur gewerk. Dit was darem die moeite werd, want ek is nou op pad Kaap toe vir ‘n well deserved break saam met my goose en sit tans in ‘n klein restaurantjie by Gariepdam en graze aan ‘n bord garlic slakke terwyl ek ‘n Mangaung Lager afsluk. Die slakke is befok lekker, die bier, not so much. So gepraat van my goose – ek het haar sommer gevra wat sy die afgelope week begin stream het, so maybe help haar selection jou dalk om jou keuse vir kygenot te vereenvoudig hierdie naweek:
Sex and The City se twee movies
Sy reken dit het haar laat dink aan memories van meer as 15 jaar terug. Ek wil eerder nie vra watse memories. Verder tune sy dat sy die movies gekyk het om uit te vind wat na die reeks gebeur het en dat sy nog nie vantevore die movies gekyk het nie. Makes sense, I guess.
Gosspip Girl
Chicks like nou maar eenmaal van ‘n happie skinder. Ek raai nou maar dis waaroor die storie gaan. Die rede hoekom my beter helfte dit weer kyk, is omdat sy die einde kan onthou, maar nie kan onthou waar alles begin het nie. Basically soos my naweke. Ek kan die einde ontrhou waar ek mondkatjies maak, maar ek kan gewoonlik nie onthou waar die wiele afgekont het nie.
New Amsterdam
Vroulief reken sy het season 1 aanvanklik op DStv begin kyk en toe sien sy dat season 1 tot 3 nou beskikbaar is op Showmax. Jirre, ek sukkel om info uit haar uit te kry. Blykbaar is dit ‘n mediese reeks soos Grey’s Anatomy. Chicks vrek vir daai stuff.
Hansel & Gretel
Almal ken die Hansie en Grietjie storie. In die kinder weergawe wat jy ken, word Hansie en Grietjie deur ‘n nare heks gevang en vet gevoer omdat sy hulle wil chow. In die grootmens version, is hulle witch hunters en boonop sommer moerse fokken goed met hulle job ook. Raait, ek gaan hierdie vanaand dan kyk!
Divergent
Hierdie is ‘n lekker hectic sci-fi vibe wat afspeel in ‘n dystopian toekoms. Daar is blykbaar 4 verskillende sektes wat met mekaar kompeteer. O ja, dis ‘n movie en nie ‘n reeks nie. So jy hoef nie deur dit te huil vir 4 jaar lank soos met Handmaid’s Tale nie. Check sommer die trailer vir die movie hieronder…
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Sex in Afrikaans Die gesprekke in Sex in Afrikaans word gelei deur die kliniese sielkundige en seksuoloog Bradley Daniels soos hy allerlei onderwerpe met ’n paneel bestaande uit vier Afrikaanse paartjies en twee enkellopendes takel. Daar is ook onderhoude met sekswerkers, swingers, dominatrixes, ’n fopdosser, ’n dungeon master (jy sal maar self moet kyk), mense wat soos babas aantrek vir hul seksuele plesier en ander wat vollengte latex-pakke verkies. Lees verder |
|
|
Ragdoll S1 Ragdoll, gegrond op die gelyknamige rillerboek deur Daniel Cole, is deur dieselfde span as die bekroonde trefferreeks Killing Eve vervaardig. Met ’n fyn balans tussen geweld en ’n skerpsinnige teks, draai die verhaal om die polisieondersoek wat ná die moorde op ses mense volg. Dié moorde is egter op ’n volgende vlak van grillerig – nie net is die slagoffers se liggame in stukke opgesny nie, verskillende dele daarvan is bymekaargewerk om een gruwelike lyk te skep. Vandaar dan die bynaam, Ragdoll. Lees verder |
|
|
Murderville S1 Murderville is ’n anderste tipe reeks, so betree dié wêreld met ’n oop kop – dit is die moeite werd. Die akteur Will Arnett, bekend vir onder meer sy rol in Arrested Development en sy onmiskenbare diep, growwe stem, vertolk Terry Seattle, ’n speurder wat dag in en dag uit moordsake oplos. Sy partners hou egter nie lank nie (die redes hiervoor word gou duidelik) en in elke episode staan ’n celebrity guest in as sy regterhand wat moet help om die saak op te los. Lees verder |
||
B Positive S1 Nataniël mors nie in die kombuis nie – dít het ons reeds geleer in sy gewilde kookprogramme Die Nataniël Tafel, en Edik Van Nantes (op Showmax beskikbaar), maar in sy nuutste TV-produksie, word ons net weer herinner aan die kunstenaar se skynbare eindelose talente. Lees verder |
|
|
The Responder S1. Martin Freeman (The Hobbit-trilogie, Fargo) lewer uithalerspel in die BBC One-drama, The Responder, as Chris Carson, ’n polisiebeampte wat sukkel om kop bo water te hou. Die reeks speel in Liverpool af en die draaiboek is deur ’n voormalige polisiebeampte van dié stad, Tony Schumacher, geskryf. Volgens Schumacher is die vyfdelige reeks fiktief, hoewel dit wél geïnspireer is deur die uitdagings wat hy deur die loop van sy loopbaan moes hanteer het. Die storie volg Carson terwyl tydens die nagskof aan diens is. Ons sien hoe hy telkens tot op die rand van ’n senu-ineenstorting gedruk word. Lees verder |
|
|
Space Force S1-2 In die tweede seisoen van Space Force, is daar ’n nuwe baas op die plaas en generaal Naird (Steve Carrell) en sy span het slegs vier maande om vir die nuwe Amerikaanse president te oortuig om nie hul afdeling, Space Force, af te skaf nie. Terselfdertyd speel daar ook heelwat drama in die karakters se persoonlike lewens af, wat dreig om die span onder die druk te laat swig. Buiten die Carrell, sluit die rolverdeling Friends se Lisa Kudrow, The Good Place se Ben Schwartz en die briljante John Malkovich in. Lees verder |
|
|
Nêrens, Noord-Kaap DDrie vervreemde broers vind die kronkelpad terug na hul ouerplaas in die dorre Noord-Kaap, Nêrens, waar hulle die geheime, hartseer en waarheid oor hul ma se dood moet aanspreek om uiteindelik heling te vind. Die storie is gegrond op die gelyknamige verhoogstuk deur Nico Scheepers wat in 2017 sy debuut gemaak het. Dit is sedertdien wyd geloof en Scheepers se omskepping van sy hartroerende verhaal na ’n TV-reeks is iets meesterlik. Lees verder |
||
Yellowjackets Yellowjackets vertel die verhaal van ’n talentvolle hoërskool-meisiesokkerspan van New Jersey wat ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis in Kanada wonderbaarlik oorleef. Nadat hul vliegtuig neerstort, is dit ’n stryd om 19 maande lank te oorleef voordat die groep oorlewendes uit die wildernis gered word. Lees verder |
||
Inventing Anna Inventing Anna is gegrond op die New York-artikel “How Anna Delvey Tricked New York’s Party People” deur Jessica Pressler, oor hoe die fake socialite Anna Delvey dit reggekry het om ’n rat voor New York se rykstes se oë te draai. Inventing Anna volg ’n joernalis (vertolk deur Anna Chlumsky) se ondersoek na hoe Anna (regte naam Anna Sorokin), haarself as ’n sogenaamde Duitse erfgenaam voorgedoen het, en mettertyd ’n hele rits mense bedrieg, en ook hul geld gesteel het. Anna word deur die talentvolle Julia Garner vertolk. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,084,027 post views in totaal sedert 1 November, 2019.