Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet en nou is dit tyd vir Woepies Wurm. Jy gaan van nou af die tune sing, ten minste eenkeer per week, vir die res van jou lewe. Jy ken hom: “Woepies wurm wil weet waar kom alles vandaan en daarom vra hy vrae om alles te verstaan…”
Saam met sy beste gabba, Snakkie die Slak leer hy speel-speel en sing die antwoorde op sy vrae. Dis poes next level.
Woepies Wurm episode 1 – In en Uit
Woepies kom uit ‘n eier en ontmoet vir Snakkie. Saam leer hulle van IN en UIT. Hoe oud was jy toe jy vir die eerste keer van in en uit geleer het? Het jy effies gedra?
Watkykjy staan op 3,130,244 post views in totaal sedert 1 November, 2019.