Ons het julle sowat twee weke gelede vertel van Valiant Swart wat ‘n konsert en veiling hou ten bate van moerse duur mikrochirurgie wat sy vrou, Lanelle in Engeland moet ondergaan. Tickets na hierdie show by die Blue Crane Restaurant in Pretoria het binne ‘n uur uitverkoop, so as jy lucky genoeg was om tickets te kon kry, sien ons jou vanaand daar! Vir dié van julle wat steeds egter baie graag die show sal wil kyk, waar ook al jy is, is daar baie goeie nuus – dit word vanaand (Donderdag 27 Januarie om 18:30 SA tyd) live uitgesaai vanaf die venue, so jy sal die show en die auction kan kyk en selfs aan die auction kan deelneem! Daar is super cool items wat vanaand onder die hamer gaan kom, vernaamlik beide Valiant se acoustic en electric kitare wat hy gebruik het tydens die verfilming van die immergewilde TV-reeks, Song Vir Katryn. Dis ‘n serious stukkie TV-geskiedenis van ‘n absolute legend om te kan besit!
Jy kan Valiant en Lanelle steeds ondersteun deur raffle tickets te koop teen R100 elk of op dieselfde link ‘n donasie te maak. ‘n Hele paar mense het ook gevra hoe hulle direk kan ondersteun met geldelike bystand. Daar is spesiaal ‘n rekening vir Lanelle se operasiekostes geskep:
L. Nolte
Standard Bank Spaarrekening nr 10163465868
Hermanus
Tak 050312
Valiant word vanaand op stage bygestaan deur sy goeie musikale vriende Anton Goosen, Gian Groen en guitar virtuoso, Illimar Neits.
Stel sommer dadelik ‘n reminder op jou foon om vanaand terug te kom na Watkykjy om die die live show en auction te kyk:
Watkykjy staan op 3,055,945 post views in totaal sedert 1 November, 2019.