Fokkit, maats, ons is amper reeds aan die einde van eerste maand van 2022 en dit voel asdof krismis nog verlede week was! Tyd vlieg as jy jou gat af werk! Dis nou die tyd om te skarrel om jou kak en admin uit te sort vir die res van die jaar en jy moet sommer nou al aan jou leave begin dink, want as jy vir ‘n company werk waar daar gedurig gekompeteer word oor wie watter dag mag af kry (veral rondom langnaweke) gaan jy lelik uitmis as jy te laat wakker skrik. Nie net dit nie – as jy jou beplanning te laat los om ‘n vlug, naweek weg of car hire te bespreek, gaan dit jou aansienlik meer kos ook, hoe nader jy aan jou beoogde datum kom. Dinge gaan ook aansienlik beter gaan hierdie jaar op die pandemiefront in 2022, veral as jy ge-double vax is – Suid-Afrika sal nie sommer gou weer terugkeer na die hectic lockdown levels toe nie, so ek is redelik optimisties dat jou vakansieplanne nie in die wiele gery sal word deur covid nie. Bespreek dit nou!
Ons gaan jou vandag nie net help om jou leave te beplan nie, maar ons gaan sommer ook aan die einde van die artikel so paar voorstelle maak van waar jy jou hardverdiende (of onverdiende) verlof kan gaan spandeer in befokte en oorwegend bekostigbare juweeltjies in Suid-Afrika, waarna ons sal link. Nie een van hierdie wegbreekplekke het ons ‘n sent betaal om oor hulle te skryf, of om hulle aan te beveel nie, so indien jy wel by hulle bespreek, mention sommer hierdie atikel op Watkykjy. Ek is seker dat hulle so bly sal wees oor die free marketing, dat hulle dalk vir jou ‘n extra tjokkie op die kussing sal los of ‘n free braaipak of effies of lube of iets sal gee. Al ons voorstelle kom uit aanbevelings van tjommies wat self daar was en dit moerse geniet het.
Volgens die Suid-Afrikaanse labour law, is jou aanspraak op verlof tydens jou jaarliske verlofsiklus, 21 opeenvolgende dae met volle vergoeding, As ‘n werknemer ‘n week van vyf dae werk, is dit gelykstaande aan 15 werksdae per jaar en as ‘n werknemer ‘n week van ses dae werk, dan dit is gelyk aan 18 werksdae per jaar. Vir vandag se oefening gaan ons werk op 15 werksdae per jaar (of 1.25 dae per maand) en jou wys hoe, en waar om hulle maksimaal te benut en trust my, jy wil nie aan die fokken slaap wees met jou beplanning nie. Die slegte-goeie nuus is dat daar slegs twee publieke vakansiedae is wat ons rondfok in 2022, omdat hulle op Saterdae val – dis Heritage Day en Krismis. Die goeie nuus is nogal fokken goeie nuus, want daar is in totaal 4 lang naweke, een super lang naweek en as jy jou kaarte reg speel, kan jy vir jouself nog 3 super lang naweke uitsort!
Human Rights Day op 21 Maart, val op ‘n Maandag en gee vir jou jou eerste lang naweek van 2022. Jy hoef geen leave te gebruik nie.
Goeie Vrydag val op Vrydag 15 April met Family Day daardie Maandag, die 18de April. Welkom by jou enigste super lang naweek vir 2022!
Freedom Day op Woensdag die 27ste April is die enigste fokker van al die vakansiedae wat in die middel van die week gebeur. Jy kan hierdie outjie cheat en hom in ‘n super lang naweek verander as jy die Donderdag 28 en Vrydag 29 af vat, want Worker’s Day val op Sondag die 1ste Mei wat dit useless maak, maar ons word gelukkig Maandag die 2de Mei af gegee omdat Worker’s Day (vanweë die naam en die konstep rondom dit) mens altyd ‘n tydjie moet afgee elke jaar. Moenie die Maandag en Dinsdag voor Freedom Day af vat nie – baie mense by die werk gaan dit doen en in meeste gevalle is dit dan lekker stil by die werk. Maybe hoef jy nie eers in te gaan nie en kan jy “van die huis af werk” sonder om leave te mors. Laat die ander fokkers hulle leave mors.
Youth Day op 16 Junie val hierdie jaar op ‘n Donderdag, so sit beslis leave in vir daardie Vrydag om vir jouself ‘n super lang naweek te score! As jy ons wenreseppie volg, het jy dan tot dusver slegs 3 dae se verlof ingesit.
Danksy National Women’s Day wat 9 Augustus op ‘n Dinsdag val, kan jy Maandag die 8ste Augustus af vat en jou eie super lang naweek create! Thanks, girls! Ons waardeer julle fokken erg! Ons staan dus nou op 4 dae se leave wat gebruik is.
Wat doen jy hierdie jaar, 24 September op Heritage Day? Wel, wat doen jy gewoonlik op ‘n gewone fokken Saterdag? Fokken fokker.
Voor jy jou ogies uitvee is dit weer Desember. Day of Reconciliation op 16 Desember val op ‘n Vrydag wat jou jou tweedelaaste lang naweek van 2022 gee, met Kersnaweek as die heel laaste langnaweek – Kersfees is op Sondag 26 Desember met Day of Goodwill op Maandag, die 26ste Desember.
Raait, so nou sit jy met 11 dae se leave oor om iewers in 2022 te gebruik. As jy twee daaropeenvolgende werksweke (10 werksdae) plus ‘n daaropvolgende Maandag af vat, kan jy vir 17 dae lank straight chill as jy die naweeksdae saam tel. Een massiewe “fok almal” vakansie! Of split dit op deur die jaar soos jy goed dink. My voorstel sou wees om dit op te split en 6 dae verlof teen einde Februarie/begin Maart te neem (‘n volle werskweek plus ‘n Maandag) en dieselfde te doen in die laaste week van November. Hoekom hierdie twee maande? Want die weer is nog piele gedurende daardie maande oor die grootste gedeelte van Suid-Afrika. Dis ook soortvan buite seisoen omdat almal soos dose by die werk sit, so maybe score jy bargains. Teen Februarie is almal terug in hulle ritme om te graft en dinge begin weer so bietjie uitbalanseer en stabiliseer. Dis wanneer jy jou baadjie oor jou arm gooi, jou hoed vat en fokof. En jou outbox message verander na “Cheers, loser! Gone fishing!” Alles is mos nou onder beheer. Niemand gaan jou mis nie. Gaan geniet die laaste bietjie somer! En as jy weer sien is April, Mei en Junie voor jou deur met hulle befokte langnaweke. Die enigste lang stretch lê nou in daardie vier maande tussen Julie en November en daar is ‘n langnweek in Augustus om namens jou die harde vuishou in die maag te vat.
November is die kakste maand en tyd van die jaar, werksgewys, want dis wanneer meeste mense uitgebrand begin voel, so hoekom maak jy dit nie eerder vir jouself ‘n lekker maand? Vat ‘n fokken break en laat die ander mense die heavy lifting doen voor Desember se verligting aanbreek. Niemand voel ‘n fok vir Desember nie, so al die slim mense wat dan by die werk sit, trek kromrug en doen die minimum werk, terwyl hulle kollegas over crowded Krismisvakansies hou met inflated pryse, kakker diens in die algemeen, shit wat gesteel word tydens vakansie of huisinbrake terwyl hulle weg. Gods, en traffic. En dan kom hulle faktap moeg terug van vakansie af waar hulle vanaf Januarie tot April by die werk sit en tjank terwyl hulle al hulle skuld terug probeer werk en met insurance fight oor die foon.
Maak ek fokken sin?
Hier is so paar voorstelle vir befokte Suid-Afrikaanse destinations. Obviously kan ons nie elke liewe fokken plek in die land noem in een artikel nie. Ook, sorry Noord-Kaap! Maybe next time!
Gauteng
iKhaya LamaDube Lodge is ‘n klipgooi buitekant Pretoria en het luxury tente. Tente is piele.
Stonechat Game Lodge sit so 45min se ry buitekant Pretoria net buite Bronkhorstspruit en is geleë op die 1500 hektaar Wilgerivier Natuurreservaat en bied self-catering met ‘n keuse van drie verskillende luukse lodges. Daar kan ook game drives op safari-voertuie gereël word. Ook is daar die opsie om die hele lodge teen ‘n vasgestelde prys te huur vir groot groepe, so jy kan ouma se 95ste daar gaan gooi en almal uitnooi.
Buffelspoort – “Ja, ek fokken weet, maar die kinders love dit…”
Die ATKV Buffelspoort-vakansieoord is minder as ‘n uur vanaf beide Pretoria en Johannesburg geleë en net ‘n hanetreetjie van die wêreldbekende Sun City af. Met ‘n verskeidenheid selfsorgverblyf en ontspanningsgeriewe en doendinge, ‘n restaurant, ‘n kitskosafdeling en ‘n goed toegeruste winkel, is ATKV Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die magdom toeristebesienswaardighede in die omgewing kan verken. My god, dis mos nou poes netjiese Afrikaans daai!
Noordwes Provinsie
Klein Paradys Caravan Park – Zef it up in Brits, ek sê! Daar is 80 standaard staanplekke en 20 eksklusiewe staanplekke (met eie ablusiegeriewe). Almal is toegerus met 15-amp-elektrisiteit, waterkrane en draagbare braaiers. Erwe is onder ‘n oorvloed skaduryke bome geleë. Die vlekkelose ablusies is ‘n aanduiding van die hoë standaarde wat gehandhaaf word, met twintig baddens/storte, en twee-en-twintig toilette. Die mense klink trots op hulle kakhuise.
Omaramba Holiday Resort and Conference Centre klink min of meer soos Buffelspoort op steroids. Hey, solank die kids kappy is, of hoe?
Sun City is blykbaar nog steeds lekker om te besoek al het die Guptas daar getrou en al kos ‘n blikkie Coke 3 Ethereum.
Mpumalanga
Val Hotel – 90 minute se ry van OR Tambo af en ‘n tjommie reken die volgende oor die plek: “nie te ver om te ry vanaf Pretoria nie, pragtige kamers, stil, rustig, platteland en ryk aan geskiedenis. Baie gasvry en baie lekker kos. Treinstasie oorkant die pad waar daar nog treine ry. So min mense ken die plek. Wat ek love is dat dit veilig is. Daar is nie vendors, kafees en kak nie. Net ‘n hotel, ‘n kerk, ‘n treinstasie en ‘n polisiestasie.”
Nouma fokken Val in!
Hazyview Cabanas is 18mk vanaf die Krugerwilduin en is ideaal vir gesinne. ‘n Verskeidenheid eenhede, hetsy vrystaande of in klein woonstelblokke, is rondom die oord versprei wat kinders genoeg spasie bied om te speel. Hou hulle net weg van die leeus af. Leeus fokken speel nie.
Dullstroom Country Cottages word deur die musikant, Pedro Barbosa aanbeveel. Die bra is fokken heeltyd daar, so hy kan net sowel soontoe trek.
Wakkerstroom, die juweel van Mpumalanga, is die tweede oudste dorp in Mpumalanga. Die dorp is op die KwaZulu-Natalse grens, 27 km oos van Volksrust en 56 km suidoos van Amersfoort.
Die Olifants River Lodge naby Wibank en Middelburg klink na my volgende mission. Blybkaar word jy wakker gemaak deur die visarend. Hy bring nou wel nie vir jou ‘n koerant nie, maar dis sharp.
Loskopdam Forever Resort lê op die oewer van die Olifantsrivier, 48 kilometer noord van Middelburg en 230 kilometer oos van Johannesburg en word omring deur die Waterberg-bergreeks en Loskopdam-natuurreservaat wat die tuiste van bokke, luiperds, krokodille en seekoeie huisves. Passop net vir die website – die lyk of ‘n unicorn oor die ding gekom het.
Weskaap
Ruby Rose Guesthouse in Riebeek-Wes, is ‘n great gastehuis. Vir wynproe en pizzas, eet by Marras in die dorp. Riebeek-Wes is 75mk noord-oos vanaf Kaapstad en 5km vanaf die dorpie Riekeek Kasteel
Greyton in die Overberge word blykbaar Suid-Afrika se Little England genoem en bied Vitroriaanse argitektuur, high street shopping met junk shops, kroegies en restautante en bekoorlike plekkies om in oor te slaap. Dis so 90 minute se ry uit Kaapstad.
Remote Locations Glamping in Witsand. Witsand is ‘n klein kusdorpie aan die mond van die Breederivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is ‘n goeie visvanggebied en word algemeen beskou as die walviskwekery van die Suid-Afrikaanse kuslyn. ‘n Tjommie reken die volgende: Eienaar, Garland maak die beste kos en die view & experience is die perfect recharge vir iemand wat iets anders soek. A full package deal!
Stanford het blykbaar ‘n klomp great AirBnB’s om van te kies, ‘n hotel met ‘n spook en die beste Italiaanse kos ooit by ‘n restaurantjie oorkant die pad. Blykbaar was ‘n pa en seun van Italië jare terug daar op ‘n toer en was so mal oor die plek dat hulle soontoe getrek het en ‘n restaurant oopgemaak het. Kaasproe en -koop om die draai by Kleinrivier is ook great en daar is ‘n petting zoo en grasperke vir dié wat met kinders naweek hou. Op Saterdae is daar in die oggende ‘n mark op die hotel se stoep met 5 suppliers en hulle verkoop groente, brode, botter en kaas en alles is tuisgemaak en puik. So net oor die 2 ure sy ry van die Kaap af. Daai spook… jirre.
Paternoster is een van die oudste vissersdorpies aan die Weskus van Suid-Afrika. Dit is 15 km noordwes van Vredenburg en 145 km noord van Kaapstad, by Cape Columbine tussen Saldanhabaai en St Helenabaai geleë. Die dorp beslaan ‘n oppervlakte van 194,8 hektaar en het ongeveer 1883 inwoners. Die slag van Bloefriver het peak geslaan in 1838. Dit het fokol met Paternoster te doen.
Struisbaai is ‘n kusnedersetting in die Overberg-streek van die Wes-Kaap provinsie. Die dorp is sowat tweehonderd kilometer suidoos van Kaapstad, en vier kilometer vanaf Kaap Agulhas, wat die mees suidelike punt van die Afrika-kontinent is. Daar word nog ge-fight oor waar die plek se naam vandaan kom. Strooi? Volstruise? Who gives a feather? Volstruise.
Vleesbaai is ‘n kusvakansiedorpie tussen Mosselbaai en Gouritsmond in die Wes-Kaap en is so 50 minute sy ry van George af. Dit het ‘n moerse interesting geskiedenis waarmee ek jou nie nou gaan verveel nie. Iets oor beeste en scrap metal.
Limpopo
Mountain Fly Fising Lodge in Magoebaskloof vir sielsrus en fly fishing. Die plek is in die Haenertsburg-area van Limpopo geleë.
Mabula Lodge is 2 ure se ry uit Gauteng en sit in die Malariavrye Waterberg-streek van die Limpopo-provinsie. Volgens ‘n tjommie is daar gereeld great deals by die omliggende lodges op bushbreaks.co.za en was hulle by die Mabula hotel en by Safari Plains en het by beide awesome experiences gehad.
Sondela Nature Reserve & Spa net buitekant Bela-Bela (Warmbad) klink vir my ook na een van my volgende wegbreeknaweke. Hierdie privaat wildreservaat bied ‘n verskeidenheid gehalte vakansieverblyf van 4-ster-selfsorg-chalets, ‘n karavaanpark en tentkamp, tot die luukse butler-diens Country House, wat 4-ster gegradeer is deur die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika. Luuks!
KZN
Dumbe Lodge aan die voete van die noordelike Drakensberge, 300km vanaf Joburg en loopafstand vanaf die Kaalvoetmonument. Ek raai aan dat jy skoene dra as jy daar rondloop. Die plek raak poeskoud.
Hibberdene is ‘n kusdorpie in die Hibiscus-kusstreek van die KZN-Suidkus sowat 97 km suid van Durban geleë en halfpad tussen Scottburgh en Margate. Margate self is ook fokken piele. Hey, ek is van Vereeniging af!
Vrystaat
Qwantani Resort sit langs die oewer van die Sterkfonteindam tussen die Drakensberge en die Malutiberge.
Breathe River Lodge in Parys in die Vrystaat lyk na ‘n moerse lekker plek en is so uur se ry van Joburg af en so 90 minute vanaf Pretoria.
Smilin Thru in Parys is een van daai ou klein zef plekkies wat na aan my hart lê. Dis net ‘n uur se ry uit Vereeniging en is ‘n 3-ster self-catering plekkie op die oewer van die Vaalriver in die hart van die Vredefort Dome Heritage Site. Toe Jaws uitgekom het, het hulle dit op ‘n big screen in die aand fokken BUITE gewys. Ek het sedertdien nog nie weer gaan slaap nie. Ag julle!
Ooskaap
Blybaar is enige plek in die Mngazana River mouth-area befok mooi, so hier is ‘n lys van plekke op AirBnB om te probeer. Ek hoor net daar is kakbaie slange in die Ooskaap. Gelukkig is meeste van hulle in government en jy behoort hulle nie te sien tydens vakansie nie want hulle vlieg oorsee met jou tax geld.
Ekself is ‘n groot fan van Mpumalanga. Hier is ‘ n video van ‘n so 7 jaar terug toe ons oorsese tjommies op ‘n 5-dag trippie deur die plek gevat het. It are hoogtyd again:
Watkykjy staan op 3,073,789 post views in totaal sedert 1 November, 2019.