Fokkit, maats, ek het vyftien jaar se TV om in te haal, en dit boonop alles in een show! Die befokte sci-fi horror, Supernatural, het in 2005 uitgekom en ‘n goeie run gehad tot in 2020. Daar is 15 seisoene in totaal wat opgemaak word uit 327 episodes! Ek gaan omtrent vir ‘n jaar lank, elke dag ‘n episode in die daglig moet kyk as ek hierdie storie wil klaarmaak voor die einde van die pandemie. Ek weet nie hoe ek hierdie misgeloop het nie, maar dit het heel moontlik te doen met my bangbroek aversie wanneer dit by horror kom, so nou probeer ek maar myself desensitize teen hierdie kak. As dinge goed gaan kan ek dalk voglende jaar proper scary horror movies in die donker begin kyk. Ek trek darem nou al by die begin van season twee, en kan sover met trots rapporteer dat ek nog nie ‘n nagmerrie gehad het of in die bed gepis het nie.
As daar dalk nog en of twee persone daarbuite is wat nie weet vaaroor die reeks gaan nie:
John Winchester het sy twee laities, Sam en Dean grootgemaak om al daai vieslike en scary goed wat uikom na donker, te jag en op te fok. Check, John se vrou Mary, is deur ‘n bose bonatuurlike wese vermoor toe die seuns nog klein was, 22 jaar gelede. As volwassenes is die broers nou op ‘n mission om sommer alle evil tydens hulle journey op te fok terwyl hulle na die demoon soek wat hulle ma vermoor het.
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Yellowjackets ‘n Hoogs talentvolle hoërskool meisie sokkerspan word die (ongelukkige) oorlewendes van ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis. Hierdie lyk lekker hectic! Lees verder |
![]() |
|
In treatment S1-4 ’n Psigoterapeut bevraagteken sy eie vermoëns en kry hulp deur te herenig met sy ou terapeut tjommie , wat hy vir tien jaar lank nie gesien het nie. Lees verder |
![]() |
|
After Life S1-3 Tony (Ricky Gervais) het ‘n perfekte lewe gelei totdat sy vrou Lisa sterf het en sy lewe verander. Nadat hy selfmoord oorweeg, besluit Tony hy sal liewer lank genoeg wil lewe om die wêreld te straf deur te sê en te doen whatever hy voor lus is. Lees verder |
![]() |
|
Scenes from a Marriage ‘n Drama minireeks wat die oorspronklike reeks se ikoniese uitbeelding van liefde, haat, begeerte, monogamie, huwelik en egskeiding opnuut ondersoek deur die lens van ‘n kontemporêre Amerikaanse paartjie, vertolk deur Oscar Isaac en Jessica Chastain. Lees verder |
![]() |
|
Euphoria S1-2 ‘n Kykie na die lewe van ‘n groep hoërskoolleerlinge war struggle met dwelms, seks en geweld. Die reeks fokus op die verhouding tussen twee jong meisies wat hul plek in die wêreld probeer vind: die recovering addict, Rue en die nuweling-in-dorp, Jules. Lees verder |
![]() |
|
Ozark S1-4 ‘n Finansiële adviseur sleep sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks, waar hy geld moet moet launder ‘n dwelmbaas happy te hou. Hierdie reeks is fokken hectic en fantasties! Lees verder |
![]() |
|
Nêrens, Noord-Kaap Drie vervreemde broers vind hul pad terug na hul ouerplaas, Nêrens, en moet die geheime, hartseer en waarheid oor hul ma se dood aanspreek. Ons het ook ‘n volle review oor die show ook gedoen. Dis ‘n puik reeks! Lees verder |
![]() |
|
Troukoors S1 In hierdie sexy Afrikaanse komedie plaas ‘n fratsongeluk ‘n troubeplanner op ‘n onverwagse pad. Saam met haar vriende navigate sy deur die lewe en liefde terwyl sy wonder of die perfekte mens, en dag, werklik bestaan. Lees verder |
![]() |
|
Cheer S1-2 Monica Aldama is die hoof cheer coach in die klein dorpie van Corsicana in Texas en sy vat nie kak nie. Sy vereis perfeksie van haar groep girls. Lees verder |
![]() |
![]() |
Watkykjy staan op 3,130,382 post views in totaal sedert 1 November, 2019.