Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes en toe klap ons julle met ‘n season van Haasdas se Nuuskas. Nou is dit bietjie tyd vir daai wollerige Afrikaanse Christen Big Foot karaktertjie genaamd Zet. Hy is gespeel deur Org Smal (in 1996 oorlede) en die tannie wat die show aangebeid het met daai fokken wilde 80s perm, was tannie Trudi Sloane. Ek kan nie onthou wat die oom se naam was wat met vertkryt geteken het nie, maar ek hoop hy het aanbeweeg met sy lewe. Daar is te veel grootmense wat deesdae met vetkryt speel. Mostly unvaccinated.
Zet Episode 7 – God gee ons ‘n kerk
Zet leer dat God ons die kerk gegee het en dat ons kerk moet bywoon om meer van God te leer. Want kerke betaal nie vir ‘n fok belasting nie en hoe meer daar hande geklap en tale gepraat word, hoe meer zak maak die kerk.
Watkykjy staan op 3,057,593 post views in totaal sedert 1 November, 2019.