Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes en toe klap ons julle met ‘n season van Haasdas se Nuuskas. Nou is dit bietjie tyd vir daai wollerige Afrikaanse Christen Big Foot karaktertjie genaamd Zet. Hy is gespeel deur Org Smal (in 1996 oorlede) en die tannie wat die show aangebeid het met daai fokken wilde 80s perm, was tannie Trudi Sloane. Ek kan nie onthou wat die oom se naam was wat met vertkryt geteken het nie, maar ek hoop hy het aanbeweeg met sy lewe. Daar is te veel grootmense wat deesdae met vetkryt speel. Mostly unvaccinated.
Zet Episode 3 – God het tyd vir elke mens
Zet leer dat God tyd het vir almal – groot en klein. Hy sal by jou gebed uitkom om jou rugbyspan te laat wen. Hy toets net gou iemaned met kanker vir fun.
Watkykjy staan op 3,219,321 post views in totaal sedert 1 November, 2019.









