Meeste van ons is so dun soos ‘n fokken weeshuisbroodjie gesmeer wanneer dit kom by Kerstyd en even erger na die afgelope twee jaar se fuck show beter bekend as die verfoklike Covid-pandemie. Dit word nou al tradisie om nie tradisie te volg nie omdat die beursie en die kredietkaart nie altyd wil saamspeel nie. “Kan ons asseblief die fokken persente for reals ‘n skip gee hierdie jaar?” is seker nou al vir die afgelope 5 jaar lank ‘n boring mantra wat baie van ons goed ken en niemand aan gehoor gee nie. Jy daag dan met fokol op nie en sussie het vir jou ‘n air fryer gekoop. Fokken teef.
Finansiële implikasies ter syde gestel, is die koop van geskenke ‘n fokken hassle want jy weet nooit wat die ander persoon graag sou wou hê nie, of dis te duur of jy kry dit nie in die fokken hande nie. Of soms word die verkeerde ding gekoop en dan lyk jy soos ‘n opperpoes. Dan moet jy nog sellotape en geskenkpapier en ‘n kaarjie ook koop, net om finaal die geskenk soos jou hol toe te draai. As jou hol net hande gehad het…
Jirrefoktog.
En dan is daar ook die veelvoudige kersdae vir sommige van ons wat bygewoon moet word. Ek het hierdie jaar byvoorbeeld drie fokken kersetes om by te woon en daai grappie begin sommer oor 20 minute van nou af. Die krismisstorie loop deur tot Sondag toe. Drie dae van myself faktap vreet, drink en slaap – eers ‘n kersete vir tjommies vandag, more een saam met familie en Sondag nog een saam met die ander kant van die familie. Want niemand het ‘n 30 seater by hulle huis nie. Sulke klein Covidfees parties. My kredietkaart word steeds ge-gang-bang in die naam van Kersvader, maar deur nie duur persente te koop nie, is die shots genadiglik baie ligter.
Mens wil tog iets gee, want dit is after all Krismis, so laat ek met julle deel wat ons nou al vir amper 8 jaar lank elke krismis by elke party doen. Ons speel die “Grinch Game”. Dis moerse pret, relatief goedkoop en lei soms tot family fights, Dis hoe die gedoene werk:
- Elke persoon wat na die kersete uitgenooi is, moet 3 klein persente saambring – elke persent apart toegedraai in koerantpapier. Die totaal van die drie geskenke saam, mag nie R120 oorskry nie, maar jy kan ook ‘n limit van R150 per persoon stel as jy wil. Die idee is om dit bekostigbaar vir almal te maak.
- Dit kan ‘n funksionele persent wees, ‘n speelding, iets totally faktap soos ‘n Steve (of Armand) Hofmeyr CD of iets om te eet of te drink soos ‘n pak sweets, ‘n bier of ‘n slab tjoklits. Jy kan ook ‘n klein container soos ‘n tupperware bakkie of sanitiser botteltjie vol sweets stop en dit attach met tape aan ‘n ander klein persent soos ‘n poepkussing of ‘n stress ball om een gesamnetlike persent te vorm voor jy dit in gister se nuus toedraai. Whatever jou balhare terugblaas. Crazy store verkoop baie sulke tipe kakkies, maar as jy by ‘n charity winkel gaan shop, dan dien dit sommer ‘n dubbele doel ook.
- Dis belangrik dat al die kakkies in koerantpapier toegedraai word en nie in fancy wrapping paper van Woolies nie. Fok Woolies.
Die Grinch game:
- Jy kort 3 dice om te rol en almal se geskenke word in die middel van die tafel geplaas.
- Die ou wat die hoogste totaal rol, begin die game en die persoon wat die tweede hoogste rol, bepaal die rigting (kloksgewys of antikloksgewys) waarin elkeen ‘n beurt kry.
- Met die tweede rondte van dice rol, begin die game dus.
- Die persoon wat die hoogste totaal rol in elke rondte mag een geskenk kies uit die middel van die tafel.
- Wanneer een of meer deelnemers dieselfde hoogste nommer rol, moet daai deelnemers weer teen mekaar gooi om te kyk wie die hoogste rol en daai ou is die wenner van die rondte.
- Die geskenk mag dadelik oopgemaak word deur die wenner (slegs die koerantpapier wrapping – jy mag nie die product packaging verwyder nie) en die geskenk moet sigbaar voor die speler op die tafel geplaas word en daar gelos word. Jy mag nie die geskenk verder oopmaak, gebruik, vreet,vinger of drink nie, want dis nog nie 100% joune nie. Moenie met die ding fok nie. Los dit net uit!
- As daar op enige tyd ‘n trippel gegooi word tydens ‘n rondte, kan die persoon wat ‘n trippel gegooi het, dadelik een geskenk vat uit die middel van die tafel.
- Elke persoon wat ‘n trippel gooi tydens die rondte mag dadelik ‘n geskenk vat, maar die persoon wat die hoogste totaal gooi tydens die rondte, kry nog steeds sy kans om ‘n geskenk te neem, so moet hom nie kak gee nie.
- Sodra al die geskenke vanaf die middel van die tafel gewen is, begin die groot kak. Sommige mense sal meer geskenke as ander hê en daar mag selfs iemand met fokol wees. Moenie worry nie, want nou is dit jou kans om iemand se geskenk te steel, mits luck aan jou kant is.
- Daar moet vooraf konsensus bereik word oor hoe lank die Grinch-rondte moet duur waartydens mense mag steel. 15 minute is ‘n goeie beginpunt, maar julle moet hom jol tot op die sekonde, so gebruik iemand se foon as ‘n timer. Julle kan ook vooraf besluit of julle dalk lus is om twee steel-rondtes van 15 minute elk te speel. Dit werk gewoonlik lekker vir pis-en-smoke breaks. Of om dop te skink,
- Die persoon wat die hoogste totaal rol tydens ‘n rondte mag een geskenk van enige ander persoon rondom die tafel steel. Daardie persoon moet die geskenk aan die wenner oorhandig. Geen gefokken teëpratery nie.
- Dieselfde geld vir enige iemand wat ‘n trippel gooi tydens die rondte. Steel dadelik eeb geskenk vanaf enige iemand anders.
- Wanneer die klok uithardloop, word die game dadelik gestop en almal is nou die eienaars van die geskenke wat hulle gewen en gesteel het. Baie geluk met nou naelknipper. Jy is die fokken beste!
- Die wat lus is om na die game verby is persentjies uit te ruil, kan so maak. Of dalk te donate aan die arme siele vir wie die dice moerse kak gerol het. Of pay it forward en vat alles Hospice toe.
- Onthou, dis net ‘n game – nie die fokken World Cup Rugby final nie.
- Jy kry altyd daai een doos wat nie sy dice op die tafel kan gooi nie of een dobbelsteen gereeld uit sy hand laat val. Of net deur die fokken kak is. ‘n Goeie reël is dat jy jou beurt mis wanneer jy nie jou dice op die tafel kan hou nie, of te veel rond tos. Dis gewoonlik ‘n goeie maatreël vir kinders wat geneig is om rond te fok en tyd te mors. Laat hulle sommer die gras ook sny en die skottelgoed was.
Hoop jy het ‘n befokte Krismis en hopelik kan hierdie game jou beursie ‘n blaaskans gee en jou van so uur of twee se pret voorsien met ‘n aktiweteit waarin selfs ouma kan deelneem. As jy die game jol hierdie Krismis, laat weet ons gerus en stuur foto’s van al jou loot aan griffin@watkykjy.co.za
Merry krismis, julle fokkers! Mag die voorspoed julle grensloos verveel!
Watkykjy staan op 3,084,038 post views in totaal sedert 1 November, 2019.