Goeie fok, maar die jaar is sommer vinnig in sy fuck you in, right?! Ons het noudiedag nog ge-fokken bitch en moan oor daardie eerste lockdown (dis al amper fokken twee jaar gelede) en hier sit ons nou met ons piele in ons hande aan die einde van 2021. Ek het geen idee hoe dit met die wêreld daarbuite gaan nie, want ek het heeltyd kop ondertoe gesit en graft. Ek kyk nou eers vir die eerste keer op en alles baffle my. Ek is soos ‘n pisserige chihuahua, so moet my nie skeef aankyk waneer ek vir die eerste keer Spur toe gaan en nie weet hoe om ‘n mes en vurk vas te hou nie. Ek kak dalk net dwarsdeur my jeanpant. Fokken verwilderd soos Jopie Adam homself, eksê!
Maar hoe de fok gaan dit met jou? Het jy die laaste 2 jaar oorleef? Kak jy af? Kom jy uit? Bly jy by? Drop ‘n ding in die comments, laat ons sien waar julle welstand sit, man.
Fok, ek dwaal nou af. Ek wou eintlik gesels oor krismismovies en toe interrupt ek myself. In my soeke na at least een movie om somewhere oor die kersgety te stream – of ons nou aktief daarna gaan kyk en of dit net op die agtergrond gaan aan wees vir atmosfeer – het ek op heeltemal te fokken veel movies afgekom en die fokgroot lys af getrim na 16 movies wat my aandag getrek het. Daar is dus kakbaie om van te kies. Ek was ook gaaf genoeg om hulle vir jou te rangskik volgens hulle IMDB-ratings. Hieronder is my quick-fire round en daar is ook nogal ‘n paar piele classics tussenin.
Nouma piele vir Kersfees!
Season’s Feelings (2021)
Net ‘n vinnige disclaimer – hierdie movie het glad nie ‘n rating sover nie, want dit is splinternuut en dis Suid-Afrikaans. Ek dit dit maar net bo aan die lys sodat jy ‘n opsie het vir “local is lekker” en ek het dit nog self nie gekyk nie, maar die co-director en 2021 SAFTA-wenner Jozua Malherbe (Griekwastad)is ‘n tjommie van my, en hy maak nie kak movies nie. Laat weet wat jy daarvan dink? En gaan rate en review dit sommer op IMDB.
Love Actually (2003) – 7.6 rating
Ek en en die goose kyk hierdie movie elke liewe fokken jaar. Dis een van my gunsteling Krismismvovies van ale tye. Beslis in my persoonlike top 10. Love Actually volg die lewens van agt baie verskillende paartjies in die hantering van hul liefdeslewens in verskeie losweg onderling verwante verhale wat alles afspeel tydens ‘n kakwoeste maand voor Kersfees in Londen.
Greyson Family Christmas (2019) – 7.4 rating
Wat van ‘n good old family movie wat spesifiek vir TV release is, maar steeds kakhoog score? Maya is ‘n liverale progressiewe law student en bring haar boyfriend huis toe vir Krismis. Haar familie weet van die boyfriend, maar wat hulle nie weet nie, is dat die outjie wit is. As jy Steve Hofmeyr is, gaan jou hart probably kak vreet as jy hierdie kyk. Andersins, ‘n topklas movie vir die hele gesin.
Gremlins (1984) – 7.3 rating
Nog ‘n goue oue! As jy nog nooit Greminlins gekyk het nie, kyk dit groot asseblief! ‘n Jong man breek per ongeluk drie moerse belangrike reëls rondom sy nuwe “troeteldier” en die gevolg is dat ‘n hordes kwaadwillge monstertjies unleash wat sy klein dorpie op horings neem en begin opfok. Die speical effects is absolute hondpoes, selfs vir 1984, maar dis so ‘n classic storie wat almal moet kyk en ek hoop hulle maak nooit fokken ooit ‘n moderne weergawe nie!
Elf (2003) – 7.0 rating
‘n Grown-ass man wat grootgemaak word as ‘n over-sized elf, travel vanaf die Noordpool na New York om sy biologiese pa te ontmoet. Sy pa weet nie ‘n fok dat hy bestaan nie. Daar is ook ‘n desperate behoefte aan so bietjie Krismis spirit, en hierdie Elf het heeltemal te fokken veel daarvan. Ek lag myself elke jaar hierdie tyd faktap vir Will Ferrell. Ek het ‘n vriendin in Amerika wat amper net soveel Krismis spirit soos hierdie elf het.
Shazam (2019) – 7.0 rating
‘n Latie wat in pleegsorg geplaas is, is opesoek na sy biologiese ma, maar vind in plaas daarvan super powers. En jy weet wat kom saam met super powers – at least een doos van ‘n super enemy. Hierdie movie het ook die potensiaal om ‘n cult classic te word, skiem ek. Gee dit ‘n spin.
Never Kiss A Man In A Christmas Sweater (2020) – 6.8 rating
Jy gaan nul tiet sien hier nie. Hierdie is full-on een van daardie wholesome Hallmark made-for-TV movies. Hierdie tipe movies is actually nogal befok as jy in die regte bui daarvoor is, so klap dit gerus as jou hart reg voel.
Enkelma, Maggie O Donnell, staar Kersfees alleen in die gesig, totdat die vreemdeling, Lucas Cavelli oor haar pad kom en ‘n onverwagte huisgas word. Saam trotseer hulle Kersfees, terwyl hulle troos vind in hul groeiende band.
Santa Saves the Universe (2019) – 6.8 rating
As daar kinders of zol in die huis is, kan jy jouself comfy maak voor die TV. As daar beide in jou huis is, moenie die twee meng nie. Dit is Kerstyd en Kersvader het pas sy wêreldwye aflewerings voltooi, wanneer ‘n ondenkbare tragedie hom tref! Sy mees betroubare rendier, Marshmallow, het ‘n hele fokken planeet vergeet! Jissistog, Marshmallow, kan jy fokken iets reg doen, jou stupid poes bok?
A Boy Called Christmas (2021) – 6.7 rating
‘n Doodgewone laitie, Nikolas, vertrek op ‘n buitengewone avontuur in die sneeubedekte noorde op soek na sy pa wat op sy beurt op soek is na die legendariese dorpie van die elwe, Elfhelm. Nikolas vat ‘n koppige rendier genaamd Blitzen en ‘n lojale troeteldiermuis saam en destiny is op die kaarte in hierdie magiese, komiese en innemende verhaal wat jou net wys dat fokol onmoontlik is nie. Aaaaag julleeeee!
Christmas on the Menu (2020) – 6.3 rating
Die gevierde sjef, Josie, gaan huis toe vir die vakansie en skep ‘n spesiale feesspyskaart vir haar ma se nuwe bed & brekfis restaurant, waar sy Tanner raakloop – ‘n bekende kosresensent wat ‘n klomp tos oor bakkery in ‘n resensie geskryf het. Sos hierdie movies maar loop, begin daar ‘n vakansieromanse tussen die twee wat net betyds vir Kersfees begin blom. Hoe is daai Hallmark-hart van jou? Klop dit baby tjoklits?
Christmas Unwrapped (2020) – 6.2 rating
Charity, ‘n ambisieuse pragmatiese verslaggewer, leer die ware betekenis van Kersfees wanneer sy ondersoek instel na Erik Gallagher, ‘n miljoenêr wat daarop aandring dat al die geskenke wat elke jaar op Kersfees kom, van niemand anders as Kersvader self is nie. My vrou gaan hierdie een wil kyk, want sy skiem ek is die regte Kersvader.
How the Grinch Stole Christmas (2000) – 6.2 rating
Yaaaaaaay! Nog ‘n gunsteling en as bonus is Jim Carey die Gricnh. Aan die buitewyke van Whoville woon ‘n groen, wraaksoekende, doosagtige Grinch wat beplan om Kersfees vir al die inwoners van die dorp op te fok.
The Santa Box (2020) – 6.1 rating
Kallie skiem sy is ge-curse deur Kersfees want vir die afglope vyf Krismisse gebeur daar elke keer iets moerse kak met haar. Op ‘n dag kry sy The Santa Box op haar drumpel en binne die box is daar ‘n briefie wat vir altyd verander hoe Kallie oor Kersfees voel. Ek is actually mildly intrigued en gaan die play-knoppie druk.
Fatman (2020) – 5.9 rating
In Fatman is die Oscar-wenner, Mel Gibson (Mad Max, Braveheart) ‘n rumoerige, onortodokse Kersvader wat moet worstel met ‘n huurmoordenaar wat gestuur is deur ‘n bedorwe en konterige kind wat wraak soek nadat hy ‘n klomp steenkool vir Kersfees ontvang het. Dit klink of dai laitie ‘n hele fokken ESKOM-trok vol steenkool kort. Mel Gibson homself, reken dat hierdie een van die fokken weirdste movies is wat jy ooit te siene sal kry. OK, oom, jy het my aandag…
The Key To Christmas (2020) – 5.6 rating
Wanneer ‘n ontevrede elf deur Kersvader van die speelgoedmaakspan afgeskop word, besluit sy om wraak te neem deur die Noordpool oor te neem, Mevrou Claus te ontvoer en die tyd terug te draai om Kersvader te “De-Santa-izr” wat hom maak jonger en jonger maak elke minuut! Met Kersvader wat nou ‘n tiener is en Kersaand wat spoedig op pad is, sal hy moet saamspan met ‘n lojale elf genaamd Lovey en ‘n dogtertjie met ‘n towersleutel om Kersfees te red! Jissis, COSATU het fokol op daai elfie…
Fred Claus (2007) – 5.6 rating
Fred Claus is Kersvader se verbitterde ouer broer en word gedwing om na die Noordpool te trek om Kersvader en die elwe te help voorberei vir Kersfees in ruil vir kontant. Hierdie movie het dalk die laagste rating van al die movies op vandag se lys, maar Vince Vaughn red die storie darem. Totes die moeite werd om te kyk. Dismoerse fun!
As jy nog Krismis movies soek om te kokkenodge, is daar ‘n kykhuis vol op Showmax se advent calendar.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,084,460 post views in totaal sedert 1 November, 2019.