Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul paar Trompie episodes en nou is dit Haasdas se Nuuskas se beurt vir so klompie weke. Haas Das was ‘n oorspronklike Afrikaanse weeklikse kinderprogram wat in Diereland afgespeel het en is in 1976 deur Louise Smit die lewe ingebring. Dit was die heel eerste kinderprogram wat ooit in Suid-Afrika op TV uitgesaai is. Riaan Cruywagen was verantwoordelik vir Haas Das se stem.
Haasdas episode 12 – Die Gemaskerde Wonder en Kango Kangeroe
Die Gemaskerde Wonder wen die wêreldtitel teen Kongo Kangaroe en sy stertgreep maak opslae.
Hierdie post is 127 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,124,125 post views in totaal sedert 1 November, 2019.