Resident Alien is een van daardie reekse wat jy probably glad nie geweet het bestaan nie, en nog minder bewus was van die feit dat dit op ‘n comic book gebasseer is. Maar ek belowe jou, dis die reeks wat jy nou nodig het en jy gaan dit fokken gate uit geniet! Tod dusver is hierdie reeks die beste sci-fi murder-mystery en doctor-dramedy wat ek al ooit gesien het en moontlik ook die heel eerste een! Want wanneer laas het jy ‘n sci-fi murder-mystery en doctor-dramedy gekyk? Dis vars, onverwags en duidelik uniek. Die rede hiervoor is dat Dark Horse Comics ‘n unieke take het op wat hulle publiseer – hulle is byvoorbeeld verantwoordelik vir Frank Miller se iconic graphic novels soos Sin City ook. Die Resident Alien aanpassing kom uit ‘n 4-deel comic reeks vanuit die pennevrug van Peter Hogan en Steve Parkhouse en is in 2012 geskep. Wat interessant is in terme van die gedaanteverwisseling tussen comic book en TV-reeks, is dat so paar redelike groot veranderinge gemaak is, maar wel baie effektief toegepas is sonder om die oorspronklike storie skade aan te doen. Die alien (Harry – gespeel deur Alan Tudyk) was oorspronklik veronderstel om baie ernstiger en meer evil te wees (soos in die comics) maar Alan Tudyk het hom egter so goed van sy taak gekwyt en was so uitstekend tydens sy oudisie, dat die karakter ge-reimagine is om by Tudyk se komiese talente en styl te in te val. Dis nogal iets om te aanskou. Daar wel was nog ‘n aanpassing in terme van voorkoms en karakter, maar kom ons kom eers gou by die storie uit, dan sal jy dit beter verstaan…
Soos reeds genoem, vertolk Alan Tudyk die rol van ‘n alien. Dié het op planeet aarde ge-crash in ‘n moerse weerligstorm tydens sy mission om die planeet en al 7 biljoen inwoners uit te roei. Die plek waar hy neergestryk het, is die klein dorpie van Patience, Colorado, daar tussen die sneeubedekte Rocky Mountains. Die alien neem die identiteit oor van Dr. Harry Vanderspeigel, om sodoende onopmerklik of sonder te veel ongevraagde aandag tussen die inwoners van die dorpie rond te beweeg. Om meer menslik voor te kom, kyk hy ‘n kakhuis vol stokou Law and Order episodes en probeer om Jerry Orbach na te aap en dis fokken hilarious!
Op ‘n dag kom die dorpie se fokken weird sheriff, Mike, (wat na homself verwys as ‘Big Black’) saam met sy teruggetrokke en skrander deputy, by Harry (dis nou die alien) se cabin teen die meer aan. Daar was ‘n moord op die dorp en hulle het die hulp van ‘n dokter nodig om ‘n nadoodse ondersoek uit te voer. Harry is dus nou die dorp se nuwe dokter wat moet help om sy “eie” moord te ondersoek, wat bietjie van ‘n fokken gemors is. Hy moet gevolglik met die dorp se mense interaksie hê – iets waarvoor hy net mooi fokol lus is nie, en tot dusver suksesvol vermy het. Dit lei tot skreeusnaakse scenes soos wat hy sy bes probeer om nie fokken awkies te wees nie. Gevolglik spandeer hy meer tyd met die aardbewoners wat hy veronderstel is om uit te roei en leer hulle beter ken, maar hy is steeds vasberade om sy mission suksesvol te voltooi. Daar is egter so paar drolle in die drinkwater – hy het dele van sy space ship nodig om sy mission suksesvol te voltooi en dit lê verstrooid iewers in die sneeu oor die Rocky Mountians en hy soek elke dag ‘n stukkie verder om sy high tech alien gear weer op te spoor. Die ander major probleem is die burgemeester se laitie, Max. Niemand is veronderstel om Harry se alien-gesig te kan sien nie, maar Max kan wel! Dit maak hulle amper dadelik aarsdvyande, maar ek sal nou sharrap voor ek enige iets verder spoil. Hier is nou waar die ander verskil tussen die comic en die TV-reeks inkom: in die comics is Harry bloot net ‘n alien wat sy identiteit verbloem deur mind control te gebruik op almal rondom hom. Max was nooit ‘n karakter in die comics nie, en daar is besluit om Harry meer menslik te maak vir die kykers en dan net die kyker af toe te laat sien hoe Harry lyk as alien, deur Max se oë. Dit was ‘n moerse fokken slim move, want dit werk soos ‘n bom!
Wat ek ook ge-like het van die reeks is dat almal in die dorpie maar besig is met hulle eie kak. Hulle is in fact so behep met hulle eie lewens dat hulle nie eers agterkom dat hierdie bra heeltemal fokken koekoes is nie! Is dit nie maar ‘n spieëlbeeld van wat genuine met ons ook aangaan nie? Ons mis fokken alles en almlal om ons, omdat ons so afgestomp en selfbehep is. Dit laat my nogal dink aan Harry se kakkerige opinie oor die human race: “To say my species is more advanced than humans would be a massive understatement. If the universe had a scale for intelligence, humans would land right below lizards.” – yup, ons is laer as fokken akkediskak, is ons nie?
Jy gaan hierdie reeks in een sitting wil klaarkyk!
So paar redes hoekom jy hierdie show moerse sal geniet:
- Alan Tudyk was in Rogue One en Firefly, Knocked Up, DodgeBall, A Knight’s Tale en 3:10 to Yuma and Trumbo
- Die creator, Chris Sheridan is ook verantwoordelik vir Family Guy
- Hy het stemwerk gedoen op Frozen, Zootopia, Wreck-It Ralph, Raya and the Last Dragon en Moana (hy was Heihei, die fokken hoender).
- Resident Alien het ‘n 8.2 IMDb rating en 94% op Rotten Tomatoes ontvang
- Resident Alien is reeds vir nog ‘n season renew!
Creator, Chris Sheridan het die volgende te sê gehad oor Alan Tudyk:
“Alan Tudyk is amazing! I thought I knew what I was looking for in the alien, and it wasn’t until Alan came in that I knew what the character was…. Behind the scenes, there’s a transformation that takes place. You’ll be talking to him and he’ll just seem like a normal guy and then, the second the camera starts rolling, this look comes over his face, and without doing anything, he looks like a different person.”
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,071,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.