Die Kaapse rapper, Middelvinger maak sy triomfantelike terugkeer met “Alles is gecancel!!”. Dit is sy eerste vrystelling vir 2021 en hy doen dit saam met sy vriende, Francois van Coke en Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties). Michael Ellis het hierdie musiekvideo se regie, verfilming en redigering behartig. Hy was ook verantwoordelik vir Middelvinger se “In Die Begin Bongathon” video. “Alles is gecancel!!” lewer kommentaar op die absurditeit van uiterste vorms van “Cancel Culture”, ‘n moderne form van uitsluiting waar iemand uit sosiale- of professionele kringe gestoot word.
Middelvinger rek sy kenmerkende rap ritme oor “Alles is gecancel!!”, maar ons sien hom ook agter sy dromstel vir die eerste keer sedert sy eertydse rockgroep, Dead Lucky, uitmekaar is in 2015. “Ek het na ‘n lang tyd weer opgeteam met my vriend, Michael Ellis, om ‘n lekker video te skiet. Hy het al ons Dead Lucky videos destyds verfilm,” verduidelik Middelvinger. “Die video doen die song justice, want dis edgy, vining en in jou gesig. Ek kan nie sê dat almal vreeslik nugter gebly het op stel nie, maar ons het alles gedoen gekry wat ons moes op die dag wat ons dit wou doen.
Watkykjy staan op 3,091,344 post views in totaal sedert 1 November, 2019.