Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul paar Trompie episodes en nou is dit Haasdas se Nuuskas se beurt vir so klompie weke. Haas Das was ‘n oorspronklike Afrikaanse weeklikse kinderprogram wat in Diereland afgespeel het en is in 1976 deur Louise Smit die lewe ingebring. Dit was die heel eerste kinderprogram wat ooit in Suid-Afrika op TV uitgesaai is. Riaan Cruywagen was verantwoordelik vir Haas Das se stem.
Haasdas episode 9 – Koning Leeu kry hoofpyn
Die diere se klagtes gee Koning Leeu hoofpyn en Dr Kerneels Krap probeer help.
Hierdie post is 124 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,064,748 post views in totaal sedert 1 November, 2019.