Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul paar Trompie episodes en nou is dit Haasdas se Nuuskas se beurt vir so klompie weke. Haas Das was ‘n oorspronklike Afrikaanse weeklikse kinderprogram wat in Diereland afgespeel het en is in 1976 deur Louise Smit die lewe ingebring. Dit was die heel eerste kinderprogram wat ooit in Suid-Afrika op TV uitgesaai is. Riaan Cruywagen was verantwoordelik vir Haas Das se stem.
Haasdas episode 11 – Die Griepepidemie
Koning Leeu is bekommerd oor ‘n griepepidemie en Oupa Dassie raak weg. Ek is bly Koning Leeu is ernstig oor covid, want daar is konkoppies soos Steve Hofmeyr wat sy dumb-as-fuck regse volgelinge laat glo dat beesdip en ontwurmingsmedisyne vir plaasdiere the way to go is. Wat ‘n fokken nool.
Watkykjy staan op 3,056,142 post views in totaal sedert 1 November, 2019.